Browsing by Author "Du Toit, Masonette Maria"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemGroepwerk binne die gevangenis met oortreders van vader-dogter bloedskande(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1993) Du Toit, Masonette Maria; Green, S.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Department of Social Work.AFRIKAANSE OPSOMMING: Oortreders van vader-dogter bloedskande is 'n vinnig groeiende deel van die gevangenisbevolking. Maatskaplike werkers in die gevangenisopset is reeds vir 'n geruime tyd bewus van leemtes wat bestaan ten hulpverlening aan hierdie oortreders. In hierdie ondersoek is gefokus op die kennis, houding en vaardighede waaroor die maatskaplike werkers moet beskik wat groepwerk, die aangewese metodie, met hierdie oortreders wil doen nie slegs is die kennis, vaardighede en houding wat noodsaaklik is teoreties bepaal nie, maar die navorser het ook die kennis, vaardighede en houding van maatskaplike werkers werksaam in die gevangenisopset empiries ondersoek met behulp van vraelyste wat hulle voltooi het. Gebrekkige vaardighede rakende groepwerk met hierdie oortreders, en ook gebrekkige kennis van die kenmerke van die oortreders was deel van die aansienlike aantal leerbehoeftes wat deur die respondente uitgewys is. Gevolgtrekkings is gemaak en aanbevelings is gedoen rakende groepwerk - volgens kognitiewe herstrukturering en gedragsmodifikasie - met die oortreders van vader-dogter bloedskande in die gevangenisopset. Klem is geplaas op die stel van riglyne rakende die kenmerke van die oortreders, oorsaaklike faktore en groepswerk met hierdie oortreders, wat die maatskaplike werkers van hulp kan wees met hulpverlening aan insestuese oortreders in die gevangenisopset.