Browsing by Author "Dorfling, Aletta"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemBeeld se gedagtes : 'n alternatiewe benadering tot die voorstellingsfunksie van die fotobeeld(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2010-12) Dorfling, Aletta; Viljoen, Stella; University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Visual Arts.AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis is bemoei met die wyse waarop die fotobeeld konvensioneel aan 'n mimetiese kode van "gedrag" onderhewig is, met die gevolg dat alternatiewe voorstellingsfunksies dikwels buite oorweging gehou word. 'n Interessante area van ondersoek word blootgestel wanneer die komplekse verhouding tussen die toeskouer en beeld betrek word om die broosheid van eersgenoemde se agentskap in die waarnemingproses te beklemtoon. Dit is dus vanuit hierdie gewaarwording dat ek my bespreking van die fotobeeld grotendeels binne 'n psigoanalitiese raamwerk situeer en aan die hand van konsepte soos Einfühlung, die Lacanian Real en John Dewey (2005) se teorie van kuns as ervaring, bespreek. Die skynbaar teenstrydige aard van die fotobeeld as (onder andere) beide mimetiese realiteitskopie en piktoriale fiksie, ooglopend onafhanklik van taal en eweveel deurspek met diskursiewe vertolkings, openbaar volgens my egter die ideale vertrekpunt vanwaar fotografie se voorstellingsfunksie heroorweeg kan word. Dié opponerende tweespalt, wat as kenmerkende karaktertrekke van die fotobeeld na vore tree, noop die toeskouer om die beeld met 'n verhoogde sensitiwiteit te benader – met die gevolg dat die foto se onlosmaaklike skakel met "haar"1 diskursiewe grense en aptyt vir die "onsêbare" as konstruktiewe koalisie gesien word. Die fotografiese werk van Lien Botha, veral haar Amendment–reeks (2006) en Parrot Jungle (2009), sal deurentyd as visuele bevestiging van my argumente betrek word.
- ItemBetekenis in narratiewe illustrasie : ’n dissonante samewerking tussen woord en beeld(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2009-03) Dorfling, Aletta; Kaden, Marthie; University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Department of Visual Arts.This thesis is concerned with the way in which word and image can be utilized to question conventions about meaning-making. I am of the opinion that an interesting area of research is exposed when word and image are co-joined in a disjunctive relationship within the context of a shared narrative. My study also focuses on the impact that cultural conventions have on the usage of word and image and refer to gender issues to prove my point. My arguments are positioned within a post-structural framework and I therefore emphasize the contribution of the reader as an active agent in the reformation of conventional meaning-making within the context of narrative illustration. Barthes’ ‘third meaning’, Freud’s ‘uncanny’ and ‘the mark’ serve as points of entry to expose meaning as a fragile contributor to the word/image-relationship. It is my opinion that the disjunctive relationship between word and image has the potential to refer to experiences that neither one could represent or allude to on their own.