Browsing by Author "De Jager, Daniel"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemThe assessment of improvements made in the freight logistics costing methodology in South Africa from a macroeconomic perspective(2008) De Jager, Daniel; Havenga, J. H.; University of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Logistics.AFRIKAANSE OPSOMMING: In 2006 het F.J. Botes, C.G. Jacobs en W.J. Pienaar van die Universiteit van Stellenbosch artikel gepubliseer oor die Logistieke Koste Model getitel “A model to calculate the cost of logistics at a macro level: a case study for South Africa”. Die Logistieke Koste Model was op daardie stadium al baan breek werk gewees in Suid Afrika en het gelei na die publikasie van die eerste “State of Logistics Survey for South Africa” deur die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR). Sedertdien is die metodologie in die Logistieke Koste Model oor die jare verbeter, veral in 2008 toe nuwe metodes van padvervoer koste berekening op baie gedetailleerde vlak toegepas is, asook nuwe metodes van voorraad drakoste. Dit is hierdie en ander verbeteringe in die Logistieke Koste Model sedertdien die vorige publikasie deur Botes et al wat in hierdie tesis uitgelig word. Tekortkominge en moontlike metodes om die model te verbeter word ook uitgewys. Dit is van mening dat hierdie dokumentasie belangrik van aard is aangesien die Logistieke Koste Model deur die Sentrum vir Voorsieningskettingbestuur (Universiteit van Stellenbosch) gebruik word om te konsulteer aan Transnet, die WNNR en ander vragvervoer diens leweransiers. Die “State of Logistics Survey for South Africa” publikasie deur die WNNR word ook deur publieke asook private ondernemings gebruik in die maak van makro-ekonomiese strategiese besluite. Hierdie navorsing lig ook die uitkomste van die 2008 Logistieke Koste Model opdatering uit. Maniere waarop hierdie uitkomste geïnterpreteer kan word deur industrie om wyse strategiese investeringsbesluite te neem van makro-ekonomiese aard word ook uitgewys.