Browsing by Author "Daniels, Deidrè Ann"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemHoe beïnvloed die implementering van 'n interaktiewe skryfprogram die skryfgedrag en -strategieë van graad twee-leerders?(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2015-12) Daniels, Deidrè Ann; Nathanson, R.; Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Curriculum Studies.AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie het die invloed van die implementering van `n intervensieprogram ten opsigte van interaktiewe skryf op die skryfgedrag en skryfstrategieë van graad twee-leerders ondersoek. Ek het spesifiek gekyk na interaktiewe skryf as benadering om leerders se skryfvermoë te verbeter. Volgens Wood (1994:117) is die doel van die onderrig van skryf in die Grondslagfase om leerders as skrywers te help ontwikkel met die vermoë om hul gedagtes en idees in skrif te artikuleer asook die vaardighede om dit op `n gepaste manier aan te bied deur gebruik te maak van leesbare skryfstyl, standaardspelling en punktuasie en korrekte sinskonstruksie. Volgens navorsing gedoen deur die Weskaapse Onderwysdepartement met graad drie-leerders in die Wes-Kaap is bewys dat net ses en dertig persent van die leerders wat die taal- en wiskunde-toetsing doen, slaag (WKOD: 2006). Met die analisering van die uitslae het ek bevind dat die graad twee-leerders van ons skool sukkel met skryf. Om hierdie probleem aan te spreek en vir hierdie studie het ek besluit om op interaktiewe skryf te fokus omdat ek van mening is dat dit verskil van tradisionele skryfonderrigmetodes. McCarrier, Pinell & Fountas (2000:4) definieer interaktiewe skryf as `n dinamiese, geïntegreerde aksie waar die leerder aktief besig is om die deur middel van letters, woorde, en frases `n teks te beplan en organiseer. Fountas & Pinnell (2006:440) beskryf interaktiewe skryf as `n benadering waar jonger leerders saam met die onderwyser `n teks skryf en ontwikkel. Die onderwyser dien as fasiliteerder terwyl die leerders die teks ontwerp, skryf en herlees. Die navorsingsgroep bestaan uit ses graad twee-leerders wat aan `n intervensieprogram oor interaktiewe skryf blootgestel is. Die intervensieprogram het bestaan uit `n pretoets, `n hulpverleningsprogram en `n posttoets. Die data-analise het getoon dat die gemiddelde persentasies van die leerders in die posttoets in vergelyking met die pretoets 20% hoër is. Die studie het dus aangetoon dat die skryfintervensie die ses leerders se skryfvaardigheid verbeter het.