Browsing by Author "Conradie, Karlien"
Now showing 1 - 5 of 5
Results Per Page
Sort Options
- ItemEksistensiele ontstigting as noodsaak vir die denkende psigoterapeut: literere teater as platform vir die estetiese disposisie(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2021-12) Conradie, Karlien; Swart, Estelle; Painter, Desmond William; Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Educational Psychology.AFRIKAANSE OPSOMMING: Om tot stille nadenke gestem te word, is uniek aan die mens. In wysgerige konteks staan bepeinsing, nabetragting en bewussynsontwikkeling deur die eeue heen in die intiemste betrekking tot mekaar (Nietzsche, 1961; Jung, 2002; Heidegger, 1966; Fromm, 1994; De Beer, 2010 & 2018). Dit is deur middel van omvattende besinning oor die aard van sy bestaan midde-in dit wat is en steeds word, dat die mens probeer “bind aan die wêreld waarin hy hom bevind” (Van Niekerk, 2019, p. 14). Ingeborduur in hierdie potensiële vermoë tot selfontplooiing en betekenisskepping – die Nietzscheaanse wekroep – is die empatiese ingesteldheid. Dit is slegs wanneer die mens sensitief is vir en betrokke raak by die eie ontologiese problematiek dat hy die moontlike wesensaard van ʼn ander as’t ware kan invoel. Binne die konteks van die sielkunde, by name die psigoterapie, is hierdie sensitief-invoelende bewustheid, oftewel die empatiese ingesteldheid, onteenseglik deel van die repertoire van kwaliteite waaroor die terapeut behoort te beskik. Dikwels is die ingesteldheid van oningewyde psigoterapiestudente jeens dit wat hiér, nóú, tussen hulle en hul kliënte gebeur, beperk tot oormatige selfbewustheid ontdaan van ontologiese oorwegings. Die gevolg is meermale ʼn geykte vorm van empatie wat hoofsaaklik gebaseer is op sentimentele emosionaliteit. Dit blyk ook waar te wees dat, in die gedruis van ʼn denklose kuberkultuur wat selfingenomendheid en die opeenstapeling van enkelvoudige verklarings hoog aanslaan, die belang van sensitiewe invoelendheid, ingekeerde stilte, intuïtiewe denke en sake van die syn algaande geringskat word. Die aanwesigheid van ʼn eksistensieel-ontologiese ingesteldheid kan nie as blote gegewendheid aanvaar word of in die verbygaan gedoseer word as deel van die inleiding tot ʼn nagraadse module oor psigoterapeutiese vaardighede nie. Inteendeel, dit behoort doelbewus tydens die onderrig en opleiding van studente in opvoedkundige sielkunde en by wyse van spesifieke leeraktiwiteite gestimuleer en ontwikkel te word. Kuns, spesifiek literêre teater, beskik oor die inherente vermoë om die student of terapeut (toeskouer) te druk tot aan die soom van wat dit vereis om ʼn mens te wees, by implikasie dus ʼn appèl tot eksistensiële betrokkenheid (Dewey, 1958; Degenaar, in Van der Merwe & Duvenhage, 2008; Dalton, 2016). Meteens kan die toeskouer nie aan die inkanterende kring van ontroering ontkom nie en word hy in der waarheid ʼn deelnemer aan sy eie drome en verlangens. In hierdie studie word die bestaanselemente van literêre teater, insluitende liggaamlikheid (taal, beweging, handeling, klank), tyd, ruimtelikheid, verwikkeldheid en stoflikheid benut om sodanige eksistensiële betrokkenheid te deurgrond en ontologiese refleksie by veral opvoedkundige sielkunde studente aan te moedig. Die doel van hierdie studie – ʼn konseptuele uitpluising gebaseer op die Swedbergse teoretiseringsproses (2012, 2016, 2017) – is om ʼn filosofies-besinnende net te span in die deurgronding van die verband tussen die psigologiese funksie van literêre teater en die eksistensiële bewussyn van die opvoedkundige sielkunde student. Binne dié eksistensieel-ontologiese, oftewel bewussynsmatige ingesteldheid, is geleë ʼn tipe kunstenaarskap, vernaamlik die estetiese disposisie, gekenmerk deur die eienskappe van verskerpte intuïsie, sensitiewe invoelendheid, asook genuanseerde verbandlegging. Dit is ʼn kunstenaarskap wat die opvoedkundige sielkunde student toelaat om bestaans- en betekenislae eie aan die menslike wesensaard te ont-dek (ontbloot) en deur middel van komplekse denke singewend te artikuleer – te ver-taal. Hierdie studie het uiteindelik aanleiding gegee tot ʼn tentatiewe teoretiese raamwerk, sowel as heuristiek, vir die konseptualisering en inoefening van die estetiese disposisie as voorkeuringesteldheid by die opvoedkundige sielkunde student en psigoterapeut. ʼn Verdere uitvloeisel was die formulering van enkele leeraktiwiteite wat tydens psigoterapieonderrig en -opleiding van studente in opvoedkundige sielkunde aangewend kan word ten einde die estetiese disposisie te stimuleer en te verskerp. Hierdie teoretiese proefskrif poog om die estetiese disposisie as noodsaaklike ingesteldheid by die opvoedkundige sielkunde student en psigoterapeut te belig, veral in die konteks van ʼn dikwels denklose, meganistiese en nuttigheidsgeoriënteerde samelewing. Literêre teater, as platform vir die konseptualisering en bevordering van die estetiese disposisie, bied alternatiewe kurrikulummoontlikhede om veral die bewussynsopvoeding van studente in die veld van die opvoedkundige sielkunde, in die hand te werk.
- ItemDie estetiese ingesteldheid as psigoterapeutiese kwaliteit in ʼn hoofsaaklik apatiese, gedigitaliseerde omgewing(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2018) Conradie, KarlienDie psigoterapeutiese ruimte word gekenmerk deur onder andere invoelende deelname, oftewel ʼn empatiese gevoeligheid vir die problematiek van die bestaan en betekenis van alles. Die estetiese ingesteldheid word as ʼn eis aan die terapeut gestel ten einde op eksistensiële wyse ontvanklik te wees vir la condition humaine. In hierdie artikel voer ek aan dat bogenoemde psigoterapeutiese kwaliteit, soos ook te vinde in die opvoedkundige sielkunde, moontlik in die lig van ʼn ongebreidelde digitalemediakultuur bedreig word. Ek ondersoek die aard van hierdie kwelling aan die hand van verweefde teoretiese en filosofiese benaderings, sowel as van voorbeelde uit die poësie en letterkundige prosa. Daar word aan die hand gedoen dat die opleiding van sielkundestudente in die algemeen, en studente in opvoedkundige sielkunde in die besonder, wat met digitale media grootgeword het, opnuut in oënskou geneem behoort te word. Wanneer aanlyn digitale media die oorwegende gereedskap word waarmee betekenis ontsluit en vertolk word, sê dit moontlik iets van die wyse waarop mense hul wêreld epistemologies en ontologies benader. In hierdie opsig dien die steeds uitdyende digitale verbruiksgeoriënteerde bestaan, gekenmerk deur nut/utiliteit en onmiddellikheid, toenemend as hubris waardeur die mensdom tot ondergang gedoem skyn te wees. Hierdie ondergang het nie noodwendig te make met die uitsterwing van Homo sapiens nie, maar het eerder betrekking op ʼn verarming van die funksie van woord- en taalgebruik en denke in die mens se strewe na betekenisskepping. Onlangse navorsing wil te kenne gee dat die snelle hibridisering (die mens-masjienversmelting) waaraan die mensdom blootgestel is, ten koste van sekere kennisverwerwings- en betekenisskeppingsfunksies geskied. Een van dié funksies is die soeke na samehang deur middel van diepgaande interpretasieraamwerke ten einde weg te beweeg van chaos en versplintering op sosiale en persoonlik-psigiese vlak. Hiervolgens gaan dit veral om die verarmde rol van denke en taal as noodsaaklike lewensmiddele om die fyn netwerk van skakerings van gebeure en belewenisse te artikuleer. ʼn Oorwegend gedigitaliseerde kultuur wat nouliks staanplek aan die ryk register van persoonlike ervarings gee, kan daartoe lei dat synsbetekenis gereduseer word tot gefilterde kitsklaar belewenis- en kennisbrokke wat van noodsaaklike nuansering ontdaan is. In hierdie artikel poog ek om aan die hand van verskeie teorieë in die filosofie en sielkunde, analitiese letterkundebesprekings, en onlangse inligtingswetenskaplike navorsingsbevindinge helderheid te verkry oor die wyse waarop die digitalemediakultuur verband hou met die behoefte aan ʼn estetiese ingesteldheid, spesifiek as ʼn psigoterapeutiese kwaliteit. Ter verrekening hiervan verduidelik ek die wyse waarop sekere kunsvorme as rigtingwyser vir die estetiese ingesteldheid die denkhandelinge van die psigoterapeut en opvoedkundige sielkundige kan bevorder en verryk. Ons wêreld is betrokke op die middels waardeur ons dit benader. Derhalwe is die geskiedenis gedeeltelik die geskiedenis van gereedskap. Daardie ou houtkapper se byl was die bril waardeur hy die wêreld gesien het, en deur die voel van sy steel het hy alles gevoel.
- ItemPhenomenological engagement as pedagogical impetus in career counselling education(Services Cristal, 2024-06-30) Conradie, KarlienThis article aims to present the author’s understanding of how a phenomenologically concerned pedagogy can offer an antidote to the influence that a post-industrial consumerist culture has on career counselling education. In the age of mediatisation, surges of endless commercialisation and consumption has evolved in a crisis of relationality, characterised by ecological fragmentation and disconnectedness. The present article explains how an overly utilitarian mindset reinforces an instrumentalist approach to career counselling, inhibiting student educational psychologists’ capacity for being conscious of the embodied lifeworld situation of a person engaging in career counselling. The embodied lifeworld situation refers to an ecologically integrated person reality, intricately anchored in time, space, and historicity. A pedagogical approach is needed that forefronts phenomenological engagement – relational being and knowing - as a way of conserving students’ ability for embodied consciousness.
- ItemTeoretisering van die selfkonsep van studente wat hakkel(LitNet, 2013) Conradie, Karlien; Swart, EstelleHierdie artikel rapporteer die bevindinge van ʼn kwalitatiewe studie wat ten doel gehad het om ondersoek in te stel na die selfkonsep van studente tussen die ouderdom van 18 en 22 jaar wat hakkel.1 Die doelstellings van die navorsing was om (i) die selfkonsep van studente wat hakkel te verken en te beskryf deur middel van hulle belewing daarvan in terme van die verskillende dimensies van die selfkonsep, (ii) enkele determinante te identifiseer wat kan bydra tot ʼn ruimer begrip van die wyse waarop die selfkonsep van die betrokke studente manifesteer, en (iii) holistiese wyses van ondersteuning binne die psigoterapeutiese en onderrig- en leeromgewings te beskryf. Laat-adolessensie word veral gekenmerk deur betekenisvolle ontwikkeling van ʼn persoon se selfkonsep. Adolessente se verhoogde selfbewustheid en ontvanklikheid vir evaluering deur die portuurgroep word as belangrike faktore in die verwerking van inligting ten opsigte van die self beskou. Daaruit kan afgelei word dat die selfkonsep van studente wat hakkel waarskynlik beïnvloed word deur hul bewustheid van luisteraars se reaksies. By wyse van semigestruktureerde individuele onderhoude bestaande uit oop vrae, asook ʼn fokusgroep, is op induktiewe wyse ondersoek ingestel na die selfkonsep van studente wat hakkel. Resultate wat deur middel van die konstante vergelykende metode van data-ontleding verkry is, het geïllustreer dat die selfkonsep as uitdrukking dien van die betrokke studente se verhouding met hakkel en die verskillende dimensies daarvan. Die identifisering van enkele intra- en interpersoonlike determinante dra, tesame met die prosesse van psigiese heling en verwonding, waarskynlik by tot die vorming van die selfkonsep van studente wat hakkel. Hierdie ondersoek vul ʼn leemte in die literatuur oor die onderwerp en bevindinge kan bydra tot die ontwikkeling van omvattende intervensie- en ondersteuningsraamwerke gerig op die positiewe integrasie van hakkel as deel van die selfkonsep.
- ItemThe value of literary theatre in the consciousness education of psychotherapy students(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2023) Conradie, Karlien; Swart, EstelleThe capacity to comprehend experiences in a coherent way and attribute meaning to existence is unique to human beings. Through Dasein, being consciously concerned with the onto-phenomenological experience, thus interpreting what it means to exist amid that which is and is still becoming, human beings strive to connect with their Lebenswelt (a lived world). Only when individuals are consciously receptive to and involved in their own ontological being and becoming can they empathise with the very nature of another. Woven into this larger disposition characterised by continuous onto-phenomenological self-making-in-a-situation (Bildung) -the Nietzschean call - is the empathic attitude. In the context of psychology, in particular psychotherapy, the empathic attitude - that is, being sensitively aware of how we understand ourselves, others and the world we share - is undeniably part of the repertoire of qualities that a therapist ought to possess. Often, however, the attitude of novice therapists towards what is happening between them and their clients here and now involves inflated self-awareness that is devoid of ontological considerations. Frequently, this results in a clichéd form of empathy based primarily on sentimental emotionality. It seems to be true that, in a ubiquitous cyberculture characterised by self-absorption and the mere accumulation of simplistic explanations, the ability to be ontologically receptive - as the sine qua non of an empathetic attitude - is gradually becoming undervalued. Art, in particular literary theatre, has the capacity to push psychotherapy students (as spectators) to the edge of what it means to be human beings; by implication, therefore, it constitutes an appeal for existential phenomenological involvement. Suddenly the spectators cannot escape the incantatory circle ofwhat is affectively transcendent and become participants in their own self-developmental needs and psychological yearnings. This article seeks to illustrate how the existential phenomenological elements of literary theatre, including physicality (language, movement, actions and sound), time and spatiality, can be used to comprehend an embodied involvement (being with the client, here, now) and encourage ontological reflection in psychotherapy students. In this regard, literary theatre displays certain existential phenomenological characteristics that can be understood and applied as part of a pedagogical enterprise in psychotherapy teaching and training. Some core characteristics include inner stillness, a sensitive-receptive attitude, and an awareness of Jungian or depth-psychology archetypes. Of importance is therefore the existential phenomenological attitude of the psychotherapy student towards a child's being (onto-involvement) in the therapy room or clinical evaluation situation. By way of a conceptual explication, we attempt to provide an understanding of the relationship between the psychological function of literary theatre and the existential phenomenological attitude of the educational psychology student. This attitude embodies a certain artistry or aesthetic disposition, characterised by qualities such as honed intuition, sensitive awareness and the formation of nuanced connections. Such artistry allows the psychotherapy student to explore the developmentally and contextually layered client, and to articulate den Zachen Zelbst meaningfully by way of contemplative, nuanced thought and language. Den Zachen Zelbst, ingrained in the Husserlian and Heideggerian vernacular of philosophy of phenomenology, refers to existence as intentional; to be consciously concerned with the meaning of being, therefore life-world experience, as opposed to merely registering and measuring impressions from the outside world. An existential phenomenological disposition cannot be assumed, however, nor can it be simply taught as part of a postgraduate module on psychotherapy skills. Instead, the existential phenomenological disposition ought to be fostered and developed through carefully crafted embodiment activities of an intersectional nature (the intersection of philosophy, psychology, literature and drama, for example) as part of the teaching and training of psychotherapy students. This article attempts to cast light on the existential phenomenological disposition as an essential attitude of the psychotherapy student, especially in the context of an often unmindful, mechanistic and utilitarian society. At its core, the existential-phenomenological attitude presupposes a more embodied (as opposed to essentialist) psychotherapy, characterised by ontological awareness, deepening insight and symbolic language. These intellectual qualities need to be protected at all costs from the technocratic materialism of mass psychology.