Browsing by Author "Conradie, Barend Len"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie problematiek van wiskunde en wiskundige geletterdheid as voorbereiding vir BAgric-studie aan die Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2016-03) Conradie, Barend Len; Bitzer, E. M.; Stellenbosch University. Faculty of Education. Department of Curriculum StudiesEen van die dramatiese veranderinge in die Suid-Afrikaanse skoolkurrikulum was die feit dat leerders sedert 2006 verplig is om óf Wiskunde óf Wiskundige Geletterdheid tot en met graad 12 te neem, terwyl Wiskunde vroeër ’n keusevak was. Verder het die veranderinge in die Suid-Afrikaanse skoolstelsel in 2006 die behoefte aan billike keuringsmeganismes tot hoër onderwys laat toeneem. Hierdie faktore het besondere implikasies vir die Elsenburg Landbou-Opleidingsinstituut ingehou, aangesien die vereistes vir toelating tot die BAgric-program nou slegs verkry word deur die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen met ʼn minimumpunt van 50% vir die vier toelatingsvakke te slaag. Wiskunde met ʼn minimumpunt van 50% en Wiskundige AFRIKAANSE OPSOMMING : Geletterdheid met ʼn minimumpunt van 60% is twee van hierdie vakke. Die BAgric-program is een van die min graadprogramme waar ʼn student toelating kan kry met óf Wiskunde óf Wiskundige Geletterdheid. Hierdie studie het ondersoek ingestel na die Wiskunde-vereistes van die BAgric-program vir eerstejaars aan die Elsenburg Landbou-Opleidingsinstituut. Vir hierdie doel het die navorser hoofsaaklik van kwantitatiewe data gebruik gemaak in die vorm van ʼn dokument-analise, die statistiese analise van prestasiepunte en vraelyste aan dosente wat benut is om die navorsingdata in te samel. Die ondersoek het bevind dat studente wat Wiskunde aan die einde van graad 12 geslaag het, waarskynlik beter voorbereid sal wees vir eerstejaar- BAgric-studie as dié wat Wiskundige Geletterdheid gehad het, aangesien daar geen wiskundige onderwerp is wat vir hulle totaal nuut sal wees nie. In teëstelling daarmee is daar minstens ses wiskundige onderwerpe wat geensins in Wiskundige Geletterdheid op skoolvlak hanteer word nie en wat belangrik is vir eerstejaar- BAgric-studie. Studente wat Wiskundige Geletterdheid tot graad 12 geneem het, sal dus moontlik ondersteuning benodig om die Wiskunde-inhoud in die BAgric-program te kan baasraak, veral wat basiese algebra betref. Die implikasies van die navorsingsresultate dui veral daarop dat Wiskundige Geletterdheid geskik sou kon wees vir BAgric-studie, maar dat daar noodsaaklike veranderinge aan die keuringsbeleid by die Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut gemaak sal moet word om te verseker dat die sterkste akademiese kandidate wel tot die BAgric-kursus toegelaat word.