Browsing by Author "Claassen, Dané"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- Item'n Aanleerderwoordeboek vir nultaalsprekers in ʼn Afrikaanse taalverwerwingskursus op universiteitsvlak(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2015-12) Claassen, Dané; Gouws, R. H.; Adendorff, E. M.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Spcial Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.AFRIKAANSE OPSOMMING: ’n Groot hoeveelheid navorsing is die afgelope paar dekades gedoen oor aanleerderwoordeboeke as tipologiese woordeboekonderafdeling. Ondanks al hierdie navorsing is die rol van aanleerderwoordeboeke in tersiêre taalleer met nultaalsprekers as teikengroep nog nie naastenby na behore ondersoek nie. Navorsing toon dat ’n goed gekose woordeboek, naas die opvoedkundige, ’n belangrike hulpmiddel is om die taalverwerwingsproses te verryk. Daar bestaan tans nie ’n eentalige of tweetalige aanleerderwoordeboek wat spesifiek gerig is op nultaalsprekers wat Afrikaans op tersiêre vlak aanleer nie. Taalverwerwingsdosente en taalfasiliteerders moet dus die gaping ten beste probeer vul deur woordeboeke soos Pharos se Aanleerderswoordeboek vir skole/Learner’s dictionary for schools en Longman-HAT se Afrikaans Dictionary and Grammar for English speakers vir hierdie aanleerders voor te skryf. Die hoofdoelwitte van hierdie studie kan soos volg opgesom word: om die mate te meet waarin hierdie “kompenserende” woordeboeke die leksikografiese behoeftes van nultaalsprekers op tersiêre vlak bevredig, om terugvoer van die teikengebruikers self te kry en om voorstelle te maak vir die moontlike samestelling van ’n aanleerderwoordeboek vir nultaalsprekers wat Afrikaans as derde of verdere taal op universiteitsvlak aanleer. Die studie is aanvanklik uitgevoer met die Funksieteorie as uitgangspunt, maar ook later gekombineer met die Algemene Teorie van Leksikografie, byvoorbeeld Wiegand (1998), as raamwerk. Taalverwerwingskursusse verskil van universiteit tot universiteit en dus is slegs die algemene en belangrikste leksikografiese behoeftes van hierdie nultaalsprekers bepaal. Die rede vir die analisering van hierdie spesifieke twee woordeboeke is omdat dit onderskeidelik voorgeskryf word by die Universiteit van Stellenbosch en die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit. Die mate waarin ’n spesifieke woordeboek voldoen aan die bevrediging van ’n sekere teikengroep se leksikografiese behoeftes word nie slegs deur die leksikograaf bepaal nie, maar ook deur die teikengebruiker. Die huidige woordeboekkultuur is vasgestel deur die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKAV), wat tans in die Suid-Afrikaanse skoolsisteem gevolg word, onder die vergrootglas te bring. Op grond hiervan word voorstelle vir formele woordeboekonderrig op universiteitsvlak gemaak, wat beide algemene en spesifieke woordeboekonderrig insluit.