Browsing by Author "Burger, Bibi"
Now showing 1 - 3 of 3
Results Per Page
Sort Options
- ItemKleinboer as Johannesburgse flaneur, met spesifieke verwysing na Werfsonde(Taylor & Francis, 2018-04-04) Burger, BibiIn sy resensie van Werfsonde (2012) sê Van Coller (2013: 193) dat die outobiografiese roman se hooffiguur nie beskou kan word as ’n flaneur nie. Hy definieer “flaneren” as “doelloos rondswerf” en sê dat dié konsep ’n baie spesifieke betekenis in die Europese literatuurgeskiedenis het. Hierdie artikel argumenteer dat die verteller van Werfsonde wél as flaneur beskryf kan word. Walter Benjamin (1997: 55) konseptualiseer die flaneur nie as iemand wat slegs ronddwaal nie, maar voer aan dat ’n flaneurteks een is waarin die skrywer of verteller se eksplisiete politieke kommentaar van minder belang is as die maniere waarop die teks gemerk is deur die stedelike omgewing waardeur die flaneur beweeg. Hierdeur word die teenstrydighede van die flaneur se samelewing in die teks ontbloot. Hierdie artikel voer aan dat Benjamin se teoretisering oor die flaneur gebruik kan word om ’n algemene diskoers binne die Suid-Afrikaanse literatuurteorie – waarbinne die literêre uitbeelding van beweging deur die stad gekonsepsualiseer word as bemagtigend en simbolies van karakters se agentskap – te nuanseer. Werfsonde dien as ’n gepaste teks vir die verkenning van die beperkings van hierdie diskoers omdat die verteller se beweging deur Johannesburg beïnvloed word deur ’n verskeidenheid faktore, insluitend sy klas, ras en geslag. Benjamin (1997: 104) se beskrywing van die flaneur as ’n skrywer wat homself nie heeltemal van sy omgewing kan distansieer om kritiek daarop te lewer nie, maar wat toelaat dat die stad hom en sy werk merk op ’n manier wat wel kan lei tot politieke insigte, dien dus as ’n manier om die politieke belang van Werfsonde te verken sonder dat die verteller gekonsepsualiseer word as ’n ten volle outonome mens wat agentskap uitoefen deur sy bewegings deur Johannesburg.
- ItemDie problematiek en potensiaal van die huishoudelike ruimte in Klaaglied vir Koos (1984) deur Lettie Viljoen(LitNet Akademies, 2014-12-01) Burger, BibiOPSOMMING: Klaaglied vir Koos (1984) is Ingrid Winterbach se eerste boek, wat verskyn het onder die skrywersnaam Lettie Viljoen. Die novelle handel oor ’n naamlose vroulike verteller wie se man haar en hulle kind verlaat het om in die grensoorlog teen die apartheidsregering te veg. In die teks word die verteller se denke oor hoe sy moet optree in reaksie op haar man se vertrek, uiteengesit. Sy oorweeg dit om ook by die anti-apartheidstryd aan te sluit. Sy doen dit egter nie, omdat sy waarde heg aan haar middelklashuis en -leefwyse en die beskerming wat dit vir haar en haar kind bied. In hierdie artikel word aangevoer dat hierdie posisie ’n feministiese een is. Die huishoudelike ruimte, wat met vroulikheid geassosieer word, word naamlik binne die patriargie gesien as van minder waarde as die “manlike” openbare ruimte. Die verteller se betoog ten gunste van die huishoudelike kan dus gesien word as ’n verheerliking van tradisioneel vroulike ruimtes en aktiwiteite. Die novelle is ook wat narratiewe struktuur betref, feministies en kan beskou word as ’n tipe l’écriture féminine. Daar word in die artikel ook aandag gegee aan die beperkings van die verteller se posisie in die huis. Die novelle is nie net waardevol omdat dit beskou kan word as ’n eksperimentele feministiese teks waarin die huishoudelike teruggeëis word van die patriargie nie, maar ook omdat dit die beperkings van so ’n toe-eiening binne ’n patriargale en ekonomies onregverdige samelewing verken.
- ItemVroulike muses en die kombuis as ondermynende ruimte in Louoond (1987) deur Jeanne Goosen(Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV), 2015-03-01) Burger, BibiABSTRACT: Traditionally the kitchen is seen as the space of the housewife. Her task is to instil ideology in the next generation, but not to play an active role in the shaping of it. The American Second Wave feminists reacted to these traditional views by negating the body and the irrational. They distanced themselves from the figure of the housewife, especially after the publication of Betty Friedan’s The Feminine Mystique (1963). The protagonist of Louoond, the 1987 novella by Jeanne Goosen, reclaims the kitchen from the patriarchy and uses it as a subversive space in which feminist art and perspectives can be developed. In my paper I argue that the novella provides several models for the creation of provocative, specifically female art. The novella itself is such a model, as is the work of the muses that inspire the protagonist: George Sand, Maria Callas and a female spider.