Browsing by Author "Bremert, Andrea"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemPrevalence of workplace bullying of trainee doctors in the Western Cape, South Africa : an exploratory descriptive study(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2021-03) Bremert, Andrea; De Wet, M. (Marieta), 1946-; Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Industrial Psychology.AFRIKAANSE OPSOMMING: Doelwit : Die navorser se hoofdoelwit was om die voorkoms van afknouery in die werkplek van leerlingdokters in die Wes-Kaap te ondersoek. Die fokus van hierdie studie was op die subjektiewe perspektiewe van leerlingdokters wat hulself as slagoffers en/of getuies van afknouery in die werkplek identifiseer. Deelnemers : Altesaam 194 leerlingdokters (3de-jaar studente en hoër) het aan hierdie navorsingstudie by die mediese fakulteite van twee universiteite in die Wes-Kaap deelgeneem. Metode van die studie : ’n Kwantitatiewe nie-eksperimentele ex post facto-ontwerp is vir hierdie navorsing gebruik. Verder is 'n nie-waarskynlikheids geriefsteekproeftegniek gebruik om data in te samel. ’n Uitnodiging met ‘n selfrapporteringsvraelys is elektronies aan deelnemers gestuur. Die vraelys het meetinstrumente soos die Negatiewe Handelinge Vraelys (NAQ) en Werk Teistering Skaal (WHS) ingesluit. Die data is daarna deur middel van beskrywende statistiek ontleed. Hoofbevinding : Alhoewel 'n hoë voorkoms van afknouery in die werkplek nie aangemeld is nie, dui navorsingsresultate daarop dat afknouery van leerlingdokters algemeen voorkom. Gevolgtrekkings : Hierdie navorsing het bewustheid geskep, ‘n bygedrae tot die kennismateriaal gelewer en bied 'n basis vir toekomstige navorsers om hierdie studie uit te brei en verder te voer. Dit is belangrik om in ag te neem dat die studie nie die oorsake van en/of bewyse vir die voorkoms van hierdie verskynsel kon bepaal nie. Aanbevelings aan mediese fakulteite en hospitaalbestuur word hierin bespreek. Die sterkpunte en beperkings van hierdie studie moet ook in ag geneem word wanneer die resultate van die studie gebruik word.