Browsing by Author "Barkhuysen, L"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemAlternating copolymerisation of carbon monoxide with a-olefins with a homogeneous Pd-Type catalyst(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1997-12) Barkhuysen, L; Van Reenen, A. J.; Stellenbosch University. Faculty of Science. Dept. of Chemistry and Polymer Science.AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie behels die alternerende kopolimerisasie van koolstofmonoksied en a-olefiene met 'n homogene palladiumkatalisator. 'n Deeglike studie oor die agtergrond van die kopolimerisasie reaksies met oolstofmonoksied en a-olefiene is gedoen. Die homogene katalisatorsisteem, wat suksesvol gesintetiseer en gebruik is in die kopolimerisasie reaksies, is saamgestel uit 'n bidentate fosfienligand, nl. 1,3 bis(difenielfosfinopropaan), 'n palladium(II)spesies, nl. palladium asetaat, en 'n suur komponente, pora-tolueensulfoonsuur. Hierdie homogene palladium-katalisatorsisteem is gebruik om die volgende te produseer: - volkome alternerende etileen/koolstofmonoksied-kopolimere, -volkome alternerende 1-penteen/koolstofmonoksied-kopolimere en -volkome alternerende etileen/koolstofmonoksied/1-penteen terpolimere. - Die ko- enterpolimere is sover moontlik gekarakteriseer om die verwantskap tussen die hoeveelheid l-panteen geinkorpereer en die termiese eienskappe van die etileen/koolstofmonoksied/l-penteen-terpolimere in besonder, aan te toon. 'n Verwantskap tusen die reagens-gasdruk en opbrengs van die polimerisasiereaksies is ook waargeneem.