Browsing by Author "Alimohammadi, Shawn"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemExplorations of inclusive food metabolisms in Cape Town, South Africa(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2021-12) Alimohammadi, Shawn; Currie, Paul; Boatemaa, Sandra; Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Public Leadership.AFRIKAANSE OPSOMMING: Inwoners van lae- en middelklas gemeenskappe in Kaapstad toon volgens verslaggewing ‘n hoë las van kroniese nie-oordraagbare siektes en dieët verwante siektes. Die doel van hierdie studie is om Kaapstad se voedselsisteem te bestudeer deur die lens van verstedelikingsmetabolisme (VM). VM se fokus is om vas te stel hoe materiaal, energie en voedingnutriente invloei, uitvloei en aanbly in stede om sodoende die omgewings voetspoor te bepaal. Verder ondersoek VM hoe verstedelikings bronne beïnvloed word deur sosiale, politieke en ekonomiese trekkragte. Die bevindings van hierdie studie is dat ‘n metaboliese benadering tot voedselsisteme kan help om ‘n ryker hoeveelheid data te genereer op die beweging van voedsel. Dit kan lei tot algehele verbetering van publieke en omgewings gesondheid. ‘n Aanbeveling van hierdie studie is dat ‘n VM benadering tot voedselsisteme kan bydra tot sosiale en omgewings inklusiewe voedselsisteme. Kwalitatiewe navorsingsmetodes is gebruik om data in te samel oor voedsel vloei, insluitend onderhoude met 14 uiteenlopende voedselsisteem deelnemers van Kaapstad. Onderhoude is met deelnemers gevoer deur middel van Zoom; opgeneem, getranskribeer en tematies ontleed.