Research Articles (Private Law)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Private Law) by Author "Mostert, H."
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemUitsettings onder die Suid-Afrikaanse grondwet : die verhouding tussen artikel 25(1), artikel 26(3) en die uitsettingswet (deel 1)(Juta Law, 2006-01) Pienaar, J. M.; Mostert, H.Die beskerming van onroerende eiendomsreg het sedert Chetty v Naidoo twee belangrike ontwikkelings ondergaan. Enersyds is eienaarsbeskerming beïnvloed deur die inwerkingtreding van artikel 26(3) van die grondwet, waarin daar (binne die konteks van die reg op toegang tot behuising) bepaal word dat geen persoon vanuit sy/haar huis gesit mag word tensy dit deur 'n hofbevel gemagtig word nie en dan slegs nadat alle omringende omstandighede oorweeg is. Andersyds het die inwerkingtreding van die Wet op die Verbod op Onwettige Uitsetting en Onregmatige Okkupasie van Grond 19 van 1998 (uitsettingswet) die posisie met betrekking tot die uitsettingsremedie aansienlik aangepas. Artikel 4 van die uitsettingswet bepaal naamlik dat die wet se bepalings by uitsetting toegepas moet word en dat gemeenregtelike remedies gevolglik nie meer beskikbaar is vir die beskerming van onroerende eiendom wat vir behuisingsdoeleindes gebruik word nie.
- ItemUitsettings onder die Suid-Afrikaanse grondwet: die verhouding tussen artikel 25(1), artikel 26(3) en die uitsettingswet (slot)(Juta Law, 2006-01) Pienaar, J. M.; Mostert, H.In President of the RSA v Modderklip Boerdery het die grondwetlike hof onder andere opgemerk dat grootskaalse grondbesetting potensieel ernstige implikasies vir stabiliteit en openbare vrede inhou. Regter Langa het verder geseˆ dat ontoereikende staatsoptrede wat daarop neerkom dat grondeienaars geen beskerming van die staat kan verwag nie, ’n resep vir anargie sal wees. Dit is dus van uiterste belang om die belange wat onderskeidelik deur artikels 25(1) en 26(3) van die grondwet beskerm word in sodanige samehang te plaas dat die beste moontlike oplossing in elke geval bewerkstellig kan word. Die res van hierdie ondersoek is daarop gemik om die samehang tussen die twee relevante grondwetlike bepalings aan die hand van regspraak te analiseer en die implikasie daarvan vir gevalle van uitsetting te verduidelik.