Department of Agricultural Economics
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Department of Agricultural Economics by Author "Archer, Eben"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- Item'n Ekonomiese en tegniese ondersoek na die Suid-Afrikaanse wingerdkwekerybedryf(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1976-12) Archer, Eben; Kassier, W. E.; Orffer, C. J.; Laubscher, J.; Stellenbosch University. Faculty of AgriSciences. Department of Agricultural Economics.AFRIKAANS: Nadat filloksera die gebruik van geente wingerdstokke teen die einde van die vorige eeu genoodsaak het, was elke produsent op homself toegewys vir die verkryging van geente stokke. Met verloop van tyd is die produksie van geente stokke oorgeneem deur produsente wat beter daarvoor toegerus was en sogenaamde wingerdkwekers het ontstaan. Ten einde gemeenskaplike belange te beskerm het kwekers op 'ngeografiese en/of distriksbasis kWekersverenigings gestig, elkeen waarvan volgens 'n selfneergelegde beleid funksioneer. Die algemene organisasie van die bedryf word deur 'n oorhoofse liggaam, die Suid-Afrikaanse Kwekersvereniging behartig. Hierdie vereniging het sy ontstaan gehad tydens 'n stigtersvergadering wat in Port Elizabeth gedurende 13 en 14 November 1907 gehou is (Behrens, 1976). Lidmaatskap van hierdie vereniging geskied op 'nvrywillige gronds lag en geen kwekersverenigingstaan onder verpligting om aan te sluit nie. Met die doel om beheer oor wingerdkwekerye uit te oefen en omwingerdvoortplantingsmateriaal te verbeter, is die WesKaaplandse Koordinerende Kwekerskomitee in 1964 gestig. Hierdie komitee funksioneer in samewerking met die Suid-Afrikaanse Kwekersvereniging en lidmaatskap van die komitee berus op 'n vrywillige grondslag. Die taak van die wingerdkwekerybedryf is om jaarliks etlike miljoene geente stokke aan die wyn- en tafeldruifbedryf beskikbaar te stel. Die getal geente stokke benodig, hang af van die voorwaardelike kwotatoekennings deur die K.W.V. en die koers van vervanging van ou wingerde. Gedurende die tydperk wanneer die kwotas vol geplant moet word, is die behoefte aan geente stokke heelwat hoer as wat die geval in normale jare is.