Masters Degrees (Occupational Therapy)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Occupational Therapy) by Author "Nieder-Heitmann, Esther"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemThe impact of a sensory developmental care programme for very low birth weight preterm infants in the neonatal intensive care unit.(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2010-03) Nieder-Heitmann, Esther; Smit, Neeltje; Kirsten, G.; University of Stellenbosch. Faculty of Health Sciences. Dept. of Interdisciplinary Health Sciences. Occupational Therapy.AFRIKAANSE OPSOMMING: AGTERGROND Dit is bekend dat vroeggebore babas met ʼn baie lae geboortemassa ʼn hoër insidensie van ontwikkelings-, gedrags- en mediese agterstande en verskeie leerprobleme toon teen die tyd dat hulle skoolgaande ouderdom bereik. Kommer bestaan ook oor die omgewingseffek van die neonatale intensiewe sorgeenheid op die sensoriese ontwikkeling van die vroeggebore baba en hoe dit tot bogenoemde agterstande kan bydra. Daar is verskillende benaderings wat daarop aanspraak maak dat hulle die probleem kan oplos, met kangaroemoedersorg (‘kangaroo mother care’) en ontwikkelingsorg (‘developmental care’) wat in die literatuur uitgesonder is as besonders belowend. Met die aanvang van hierdie studie was daar nog geen empiriese studies in die literatuur gerapporteer wat enige aansprake van hierdie benaderings bevestig het nie. Daar was dus ʼn behoefte vir ʼn empiries-nagevorsde program wat prakties in die neonatale intensiewe eenheid toegepas kon word met die oog op die vermindering van omgewingstressors ten opsigte van die vroeggebore baba se sensoriese sisteme. DOEL Die doel met die studie was om die invloed te bepaal van ʼn Sensoriese Ontwikkelingsorgprogram (‘Sensory Developmental Care Programme’), wat ʼn spesifieke kangaroemoedersorg- protokol insluit, op die sensoriese ontwikkeling van die vroeggebore baba met 'ʼn baie lae geboortemassa tot en met die ouderdom van 18 maande (gekorrigeerde ouderdom). METODOLOGIE ʼn Ewekansig-gekontroleerde studie is uitgevoer. Die studiesteekproef het bestaan uit 89 vroeggebore babas met ʼn baie lae geboortemassa wat in ʼn periode van 24 maande toegelaat is tot die neonatale eenheid van Tygerberg Hospitaal in Kaapstad, Suid-Afrika. Die babas is gewerf op grond van sekere kriteria en is dan daarna ewekansig aan een van twee groepe toegeken: 1) die intervensiegroep het sorg ontvang volgens die Sensoriese Ontwikkelingsorgprogram vir 10 dae; en 2) die kontrolegroep het ook vir 10 dae die standaardsorg van die eenheid ontvang. Die intervensiegroep het uit 45 babas bestaan, van wie 22 die studie voltooi het, terwyl die kontrolegroep uit 44 babas bestaan het van wie 20 die studie voltooi het. Beide studiegroepe is opgevolg op 6, 12 en 18 maande (gekorrigeerde ouderdom), by welke geleentheid die Sensoriese Funksietoets vir Babas (‘Test of Sensory Functions in Infants’) telkens toegepas is vir die assessering van sensoriese ontwikkeling. Op 18 maande (gekorrigeerde ouderdom) is ʼn assessering met die Griffiths Ontwikkelingskaal ook gedoen om funksies in die ander ontwikkelingsareas van die babas te bepaal. Toetsresultate is geanaliseer met behulp van herhaalde ANOVAmetings en die Bonferoni t-prosedure om die effek van die Sensoriese Ontwikkelingsorgprogram op die sensoriese ontwikkeling van die babas tot en met 18 maande (gekorrigeerde ouderdom) te bepaal. RESULTATE Die resultate van die vergelyking van die prestasie van beide groepe (groep-effek), gemeet met behulp van die Sensoriese Funksietoets vir Babas, is van groot belang vir hierdie studie. Die intervensiegroep het betekenisvol verskil op die totale telling (p<0.00), sowel as op die volgende vier van die vyf subtoets-tellings: respons op diepdruk (‘tactile deep pressure’) (p<0.03); motoriese aanpassingsreaksies (p<0.03); visuele tas-integrasie (p<0.00); en respons op vestibulêre stimulasie (p<0.01). GEVOLGTREKKING Die resultate van die studie dui aan dat die babas in die intervensiegroep baat gevind het by die Sensoriese Ontwikkelingsorgprogram met betrekking tot hul sensoriese funksies tot en met die ouderdom van 18 maande (gekorrigeerde ouderdom). Die Sensoriese Ontwikkelingsorgprogram het geblyk prakties sowel as suksesvol te wees met betrekking tot sy doel. Die Program sou daarom met vrug in ander neonatale intensiewe sorgeenhede aangewend kon word.