Masters Degrees (Practical Theology and Missiology)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Practical Theology and Missiology) by Author "Breedt, Jacob Johannes"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemKerk 24/7 : ’n gevallestudie van ’n ontluikende geloofsgemeenskap in George(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2009-12) Breedt, Jacob Johannes; Hendriks, Hans Jurgens; Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Practical Theology and Missiology.; A-6024-2012AFRIKAANSE OPSOMMING: “First, the church isn’t ours; it’s God’s. And second, it isn’t ours; it’s us” (McLaren 2000:7). Wat ook al van die Kerk gesê word, hoe ons as Kerk funksioneer en leef – dit moet altyd gedoen word met hierdie woorde van McLaren in gedagte. Die gesindheid waarmee ons na mekaar kyk en met mekaar verskil is juis dit wat vertel van ons volwassenheid in Christus. “Die kriterium waarmee julle oordeel, sal ook vir julle self gebruik word” (Matteus 7:2)1. Gelowiges vanuit verskillende kerklike agtergronde, met verskillende dogmatiese tradisies en oortuigings, aanbid en dien die Here saam in 'n geloofsgemeenskap sonder enige teologiese spanning. Terwyl daar ruimte gebied word vir verskeie denkrigtings en elkeen se eie pad met God gebied word, gaan dit vir elke gelowige om 'n verhouding met God deur Jesus Christus en die leiding van die Heilige Gees. Verder gaan dit oor verhoudings tussen medegelowiges en 'n missionale praksis2 in die gemeenskap. Volgens Barna verlaat miljoene gelowiges die denominasies en tradisionele gemeentes (2005:11) omdat hulle gefrustreerd geraak het met die beheer binne die onbuigbare mensgemaakte strukture, sisteme en tradisies. Die bedanking van 'n paar honderd gelowiges vanuit die hoofstroom denominasies, net in George alleen, waaronder daar 'n hele aantal voltydse werkers, kerkraadslede en aktiewe lidmate is, maak dit nodig dat die tradisionele manier van kerkwees heroorweeg word. Die Kerk 24/7-beweging wat ontstaan het rondom predikante met Pinkster en Gereformeerde agtergronde, bied 'n geloofsgemeenskap vir dié wat saam met Barna se miljoene, die denominasies verlaat het. Die Beweging besef dat dit deel is van 'n postmoderne omgewing waarin die Kerk besig is om te verander. Hierdie beweging is deel van die Ontluikende Kerk as fenomeen en nie as 'n organisasie wat deur sekere “emergants” of enige iemand anders gelei word nie. Hierdie studie beskryf die Ontluikende Kerk soos veral deur die oë van Barna, Gibbs & Bolger, en McLaren gesien. Dit omskryf ook die ondervindinge en betrokkenheid van veral drie predikante, Breedt, Badenhorst en Potgieter wat saam met ander gelowiges op soek is na God se wil vir die Kerk in 'n postmoderne omgewing. Gedurende die bestaan van drie en 'n half jaar het nog agt ander predikante en voltydse werkers vanuit die Charismatiese, Pinkster en Gereformeerde agtergronde betrokke geraak en is deel van die vorming van die huidige bedieningspraktyk van die Kerk 24/7-beweging. Die antwoorde van die respondente werp meer lig op die redes waarom die betrokke gelowiges hul denominasies en gemeentes verlaat het om hulle saam met ander wat dieselfde oortuigings deel, te “fellowship” en die Here dan so te dien. Hierdie kwalitatiewe studie is die navorser se bydrae om die siening en belewenis van die postmoderne Christen se kerklike ervarings binne sy leefwêreld te beskryf. Die ontstaan van die Kerk 24/7-beweging is volgens die navorser 'n antwoord op die behoefte van talle gelowiges om die Here buite die tradisionele kerkstrukture en sisteme te dien.