Masters Degrees (Animal Sciences)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Animal Sciences) by Author "Brand, D. J."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie beheer van rooikatte (Felis caracal) en bobbejane (Papio ursinus) in Kaapland met behulp van meganiese metodes(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1989-12) Brand, D. J.; Nel, J. A. J.; Stellenbosch University. Faculty of Agrisciences. Dept. of Animal Sciences.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die wye verspreiding van rooikatte oor Kaapland in al die hoofplantegroeitipes en in 'n wye verskeidenheid van terreintipes is aangetoon. Rooikatte blyk heterogene habitatte, geskep deur gebroke terrein en/of verskeidenheid van plantgemeenskappe, te verkies bo homogene habitatte, terwyl die grootste kleinveeverliese (deur rooikatte) in eersgenoemde habitatte voorkom en die meeste rooikatte ook daar gevang is. Die doeltreffendheid en selektiwiteit van rooikatbeheeroperasies met vanghokke en slagysters is hoofsaaklik beïnvloed deur die opleiding en motivering van operateurs, en die teikendierdigtheid, terwyl beheeroperasiekoste grotendeels deur studiegebiedgrootte bepaal is. Temperatuur, relatiewe humiditeit en reenval blyk nie 'n effek op beheerresultate te he nie, terwyl sterk wind, windrigting en maanfase moontlik 'n effek, en habitat en veldtipe 'n statisties betekenisvolle effek daarop het. Meer rooikatmannetjies as wyfies, waarvan 'n klein persentasie dragtig of lakterend was, is gevang. Die meerderheid rooikatte wat gevang is, was jonger as twee jaar. Ses-en-dertig persent van die rooikatte is in die eerste vier dae van 'n beheeroperasie gevang waarna 'n geleidelike daling in die aantal rooikatte gevang met 'n toename in vangdae plaasgevind het. In Suidwes- en Suid-Kaapland is bobbejane, veral in besproeiingsgebiede, tot die gebroke en bergagtige terrein beperk. Bobbejaanskade in hierdie dele is hoofsaaklik tot gewasse beperk alhoewel bobbejane ook kleinveeverliese veroorsaak en skade aan draadheinings, waterkrippe en pypleidings aangerig het. Die gebruik van bobbejaanvanghokke kon in die algemeen as 'n doeltreff ende en ekonomiese beheermetode (in vergelyking met ander probleemdierbeheermetodes) beskou word mits die voorgeskrewe vanghokke gebruik en die aanbevole vangprosedure gevolg is. Doeltreffende bobbejaanbeheer kon ook deur menslike aktiwiteite, ongure weersomstandighede, alternatiewe voedselbronne, Iokaaskeuse en alternatiewe beheermaatreels beïnvloed word, terwyl tropsamestelling nie beheerresultate blyk te beïnvloed nie. Bobbejaanvanghokke is hoogs selektief in beheeroperasies aangewend en 'n minimum nie-teikendiere is gevang. Hierdie inligting dra by tot kennis om verbeterde voorligtings- en opleidingsprogramme oor die beheer van rooikatte en bobbejane daar te stel.