Masters Degrees (Systematic Theology and Ecclesiology)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Systematic Theology and Ecclesiology) by browse.metadata.advisor "Theron, P. F."
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie korrelasie tussen geloof en openbaring as aanduiding van die aard van die Skrifgesag in die teologie van Prof. G.C. Berkouwer(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1991-11) Pieters, B. J.; Theron, P. F.; Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Systematic Theology and Ecclesiology.ENGLISH ABSTRACT: The aim with this study is to determine whether an essential correlation exists between the nature of salvation (indicated as the correlation between faith and grace) and the nature of the authority of Scripture in the theology of prof. G. C. Berkouwer. The claims of scientific credibility make it necessary for the theologian to explain the formal and materialistic relations between the confession of scriptural authority and scientific credibility. During the late 1960s a debate on the theological method of Berkouwer was stimulated by an article of H. Berkhof. In 1973 Jonker asked whether Berkhof was correct in his interpretation of the correlation between faith and revelation as a methodological criterion in Berkouwer 's theology. Berkouwer has tried to escape from the polarity of the subject-object schemes. His theological debate with Roman Catholic theology and Karl Barth suits his purpose to develop a theology that recognises the possibility of a "direct revelation in Scripture", and of faith as a gift from God. In His revelation of Himself God speaks to man and calls him to faith. Therefore, the authority of Scripture cannot exist as a mechanical authority or merely as a result of existing relations. Faith correlates with the revelation, that calls man to faith and submission. In the light of this conviction Berkouwer has not only developed his functional doctrine of Scripture, but also his theological method. Berkouwer looked for the Scripture 's own paradigm to use it as the only logical methodological criterion. This he found in the concept of direct revelation. As faith correlates with revelation, correlation is not the methodological criterion of Berkouwer, but an indication of the nature of the authority of Scripture. The essential correlation that exists between the nature of salvation and the nature of Scriptural authority results in a functional doctrine of Scripture. The authority of Scripture is religious and relational, and as such its boundaries determines the task of theology.
- ItemDie mensbeeld in die werke van Andrew Murray, Jessie Penn-Lewis en Watchman Nee(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1989) Le Roux, Ignatius Alwyn; Theron, P. F.; Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Systematic Theology and Ecclesiology.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die woorde "gees en siel en liggaam" het my van jongs af gefassineer. Vir jare het ek gewonder wat dit beteken. Dit was asof iets jy vir my gese het dat as 'n mens sou kon uitvind wat presies hier diep binne-in hom is, hy ook sal weet hoe God deur sy Heilige Gees in hom werk. Sodoende sal hy des te beter na sy stem kan luister en Hom kan volg. Gedurende my kategetiese onderrig het ek meermale na die betekenis van die woorde gees, siel en liggaam gevra. My vrae is egter nooit regtig beantwoord nie. Op universiteit het die bestudering van verskillende wysgere se standpunte ook nie vir my veel lig op die saak gewerp nie. Gedurende die bestudering van die eksistensialisme was die uiteensetting van die mensbeeld fassinerend. Na 'n tyd het dit egter duidelik geblyk dat die eintlike vrae waaroor dit gaan, nie beantwoord was nie. Die grond waarin die eksistensialisme gewortel is, veroorsaak dat die boom net nie kan bot nie. Die feit dat dit ontstaan het uit die filosofiese dampkring van die ateistiese evolusionisme het my laat besef tot watter vlak van selfkennis die mens wel kragtens die algemene openbaring in staat is. Dit bly egter bloot menslike pogings om die skepping van God te deurvors. Die Here Jesus se te duidelik dat sy skape Hom volg, omdat hulle sy stem ken. Dit was vir my duidelik dat die eksistensialisme as sodanig die mens nie help om God beter te leer ken nie. Iets wat my aangemoedig het om steeds te bly soek, was Calvyn se bekende uitspraak: "we cannot clearly and properly know God unless the knowledge of ourselves be added" (INST. I, 15). Later het dit geblyk dat daar boeke is waarin al die antwoorde gevind sal word. Ek kon dit nie gou genoeg bekom nie. Hans Walter Wolf se Antropologie des Alten Testaments, dr. G. C. Berkouwer se De mens het beeld Gods en Karl Barth se De Kirchliche Dogmatik is bestudeer. Al wat ek hieruit kon wys word, is dat die mens een groot geheimenis is wat as 'n eenheid in verhouding tot God, sy medemens en die kosmos eksisteer. Hierdie mens-as-eenheid eksisteer wel in verskillende aspekte van die eenheid. 'n Mens kan ongelukkig niks meer van enige aspek van die geheel se as dat dit 'n blik op die geheel uit 'n sekere oogpunt is nie. Die Here Jesus se duidelik dat uit die binneste van die wat in Hom glo, daar strome van lewende water sal vloei. Ek het bly dors na leermeesters uit wie se werke ek iets van hierdie strome van lewende waters kon geniet. Jessie Penn-Lewis se werkie Soul and spirit het in my hande gekom. Met die lees daarvan het die lig skielik deurgebreek. Sy verwys daarin na dr. Andrew Murray se werk Die gees van Christus. Die lees daarvan het vir myself werelde waarvan ek niks geweet het nie, ontsluit. Daarna het Watchman Nee se werk The spiritual man nog meer lig laat deurbreek. Ek kon nie glo dat die ding so eenvoudig is, maar dat so min mense daarvan weet nie. Gou het ek en my vrou die vrug in andere se lewens gesien, wanneer hulle ook van hierdie werke gelees het .