Department of Practical Theology and Missiology
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Department of Practical Theology and Missiology by browse.metadata.advisor "Du Preez, J."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie rol van die plaaslike gemeente in die beskikbaarstelling van werkers vir wereldevangelisasie : 'n evaluering van modelle(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1994-03) Hanekom, Jan Willem; Du Preez, J.; Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Practical Theology and Missiology.AFRIKAANSE OPSOMMING: In Suid-Afrika is daar waarskynlik genoeg werkers vir wêreldevangelisasie beskikbaar, en bestaan baie van die strukture vir die uitstuur van die werkers reeds; tog weet gemeentes en voornemende werkers dikwels nie hoe om te werk te gaan nie. Onderliggend aan die probleem is verskille in interpretasie van, en gevolglik toepassing van Bybelse riglyne vir die kerk, gemeentes, sendelinge, en wêreldevangelisasie. Hierdie verskille kom duidelik na vore as gekyk word na modelle wat gebruik word om werkers beskikbaar te stel vir wêreldevangelisasie. In hierdie tesis is sodanige gemeentelike modelle geëvalueer deur na die wêreld as konteks vir sturende gemeentes te kyk, sowel as na 'n Bybelse gemeentestrategie as basis.In die inleidende hoofstuk is benewens die probleemstelling en doelstelling, ook aandag gegee aan enkele uitgangspunte en begripsverklarings. In hoofstuk 2, oor konteksvormers vir sturende gemeentes, is agt Suid-Afrikaanse faktore geidentifiseer wat die praktyk beinvloed. Omdat Suid-Afrika nie geisoleer kan word van sy internasionale omgewing nie, is sewe wêreldstrominge en hulle implikasies ook bespreek. In hoofstuk 3, wat handel oor 'n Bybelse gemeentestrategie as basis, het beskrywings van enkele Nuwe-Testamentiese gemeentes in sending, sowel as 'n ondersoek na roeping en leiding, gelei tot kriteria waarvolgens hedendaagse stuurder-modelle geëvalueer kan word. Tien vaste beginsels vir sturende gemeentes is geidentifiseer wat in alle Nuwe-Testamentiese gemeentes voorgekom het. Daarteenoor is ses areas aangetoon waarin Bybelse riglyne wissel volgens die konteks waarin die gemeente of sendelinge hulle bevind. Die vorming en evaluering van bestaande gemeentelike stuurder-modelle is in hoofstuk 4 behandel. Ses kernelemente vorm modelle: die plaaslike gemeente, die gestuurde werker self, kanale of agente, strukture op die arbeidsveld, die werker se opgelegde taak, en die tydsaspek. Twee niegemeentlike stuurder-modelle is beskryf en geëvalueer: die onafhanklike sendelingmodel, en die sendingorganisasiemodel. Die mees algemene gemeentelike modelle wat geëvalueer is, sluit in: die sinodale sendelingmodel, die direk-gemeentelike sendelingmodel, die samewerkingsmodel, die aanklop sendelingmodel, en die vennootskapmodel. In die laaste hoofstuk is enkele tendense in die benutting van modelle in Suid-Afrika bespreek, asook rigtingwysers vir die toekoms.