Masters Degrees (Music)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Music) by browse.metadata.advisor "Attwood, R."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie rol van die sangpedagoog in die interdissiplinêre behandeling van sangers met stemprobleme.(2010-12) Tait-Jones, Vanessa; Ludemann, Winfried; Attwood, R.; University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Music.AFRIKAANSE OPSOMMING:In Suid-Afrika, soos in ander lande, gebeur dit dikwels dat sangers in een of ander stadium van hul loopbaan met stemmoeilikheid/’n stemprobleem te doen kry. Die mees algemene reaksie is om ’n oor-, neus- en keelspesialis (ONK-spesialis) te besoek vir hulp. Die sangaktiwiteit vereis egter ’n baie fyn gebalanseerde kondisie van die sangapparaat en dit blyk dat die oorsprong van die meeste stemprobleme onder sangers funksioneel van aard is. Daarom word daar van die veronderstelling uitgegaan dat die mees suksesvolle behandelingsroete vir die sanger met ‘n stemprobleem ‘n integrale interdissiplinêre benadering behels wat nie net die ONK-spesialis insluit nie, maar ook ‘n spraakterapeut en sangpedagoog. Anders as in Suid- Afrika, word hierdie interdissiplinêre benadering alreeds algemeen toegepas in lande soos die VSA en Brittanje. Hierdie studie vind plaas vanuit die oogpunt van die sangpedagoog en identifiseer die nodige kennis en praktiese ondervinding wat sodanige sangpedagoog sal benodig om suksesvol as deel van ’n interdissiplinêre span in die behandeling van sangers met stemprobleme te funksioneer. Om hierdie doel te verwesenlik, neem die studie die vorm van ’n gevallestudie aan waarin die navorser binne die bestek van verskeie maande konsultasies met sangers met stemprobleme binne ‘n mediese stemkliniek onder leiding van ’n ONKspesialis prakties geobserveer het. Deurgaans word sodanige gevallestudies weergegee en bespreek. Dit sluit o.a. die rol van elk van die interdissiplinêre spanlede, oorsake en behandeling van tipiese stemprobleme onder sangers, asook die spesifieke rol van die sangpedagoog in die behandelingsproses, in. In die geheel het hierdie studie getoon dat daar ’n groot leemte en onkunde onder baie sangers bestaan (veral amateursangers) wat die nodige sorg en hantering van hul sangstem betref. Hiperfunksionele stemproduksie a.g.v. foutiewe stemgebruikgewoontes, afwesigheid van sangopleiding en onkunde op die gebied van stemhigiëne en -sorg was opvallend. Dit blyk dat die sangpedagoog, in noue samewerking met die ONK-spesialis en spraakterapeut, ‘n kritieke leemte kan vul in die gespesialiseerde opvoeding en behandeling van sangers met stemprobleme.