Graduation - 2023 - December (Open Access)

Permanent URI for this collection

Browse

Recent Submissions

Now showing 1 - 2 of 2
  • Item
    Om die evangelie in jou eie taal te sien : ervarings van in- en of uitsluiting van dowe persone in 'n gemeentelike konteks - 'n gevallestudie
    (Stellenbosch : Stellenbosch University, 2023-12-15) Oberholzer, Jan Hendrik; Nell, Ian; Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Practical Theology and Missiology
    AFRIKAANSE OPSOMMING: Kultuurdowe persone, wat hoofsaaklik Gebaretaal, as voorkeurtaal gebruik, beleef soms taalongeregtighede, linguistiese-marginalisering en stigmatisering. Die hoofstroom kerk sluit Kultuurdowe persone soms uit as gevolg hiervan. So word die Blye Boodskap vir Kultuurdowes verbloem. Die rede is, die kerk se taal, se simbole, kultuur, houdings en hul algemene siening oor Dowe persone, is verwyder van die Kultuurdowe Christene sʼn. Kultuurdowe persone word die geleentheid ontneem om hul priesterskap as Christen-gelowiges uit te leef. Die studie het binne die vakgebied Praktiese Teologie plaas gevind en die navorsingsfokus was op gemeentestudies. Die navorsing is kwalitatief, induktief, en sosiaal konstruktivisties van aard en die navorsingsresultate word as ʼn gevallestudie aangeteken. Die navorsingsvraag was, of Dowegelowiges, die ervaring van in-en of uitsluiting binne die Dowe Familiekerk (DFK), in Worcester, binne ʼn gemeentelike konteks ervaar het of nie. Daar is met ʼn aantal Kultuurdowe persone semi-gestruktureerde onderhoude gevoer. Die resultate is tematies ontleed met gebruik van ATLAS. Ti as navorsingsinstrument. In die Dowe Familiekerk (DFK) te Worcester, blyk dit dat Dowe lidmate uitsluiting ten opsigte van besluitnemingsprosesse beleef. Wanneer daar nie Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) tydens gemeentelike byeenkomste gebruik word nie, vind daar taalongeregtigheid plaas. Die navorsingsresultate toon aan dat die Dowe lidmate wel toeganklikheid en ʼn eenheid beleef te midde van ʼn ruim kulturele diversiteit en getuig dat die DFK tog ʼn geestelike tuiste vir hulle is. Die navorsing toon dat die volgende faktore in- en of uitsluiting beïnvloed, naamlik; toeganklikheid, verhoudinge en verandering. Hierdie drie het aanleiding gegee tot gevoelens van of in- en of uitsluiting van Dowe lidmate van die DFK. Die studie dra verder tot akademiese navorsing in Suid Afrika by, in soverre, dat die Dowe Familiekerk ʼn gawe vir die breër kerk is. Die lidmate van die DFK het binne een gemeente, horende-, Dowe-, sowel as meervoudige gestremdhede- en veelrassige lidmate. DFK bestaan ook uit lidmate van ʼn multi--kulturele afkoms.
  • Item
    A software defined radio based radar system with applications in the detection of wildlife poaching
    (Stellenbosch : Stellenbosch University, 2023-12) Van Zyl, Christiaan; Niesler, Thomas; Stellenbosch University. Faculty of Engineering. Dept. of Electrical and Electronic Engineering.
    ENGLISH ABSTRACT: This thesis presents the development and testing of a low-cost and low-power software-defined r adio ( SDR) b ased r adar p latform f or u se i n anti-poaching applications. A low frequency of 1.1 GHz is specifically selected to investigate the viability of classifying human activity, whilst enabling foliage penetration. A software interface and control tool for the SDR was developed to enable the rapid development and testing of radar techniques, and the collecting and storing of data in the form of I/Q samples. A signal processing pipeline was implemented using the Julia programming language to generate range-Doppler maps from these I/Q samples. Existing non-linear frequency modulated pulse compression waveforms did not yield satisfactory performance due to the low time-bandwidth product regime in which the radar system operates. A pulse compression waveform based on optimised Bézier curves was therefore developed and shown to offer improved performance over existing methods that require a higher time bandwidth product. The best Bézier vertices were determined by a particle swarm optimisation method, which is also presented. A dataset was collected to evaluate the system’s ability to classify targets based on micro-Doppler frequencies. A novel convolutional neural network configuration t hat u ses t emporal D oppler f rames i s p resented a nd s hown to achieve a classification accuracy of 91.6% when testing on a dataset containing a single person. Therefore, it may be concluded that SDR-based radar merits further consideration as a low-cost and low-power approach to the detection of poachers in automated anti-poaching systems.