The content validity of the Community Mobility Assessment Tool for Individuals (CoMATI) in the context of the Cape Town Metropole

Date
2019-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : Introduction: The Community Mobility Assessment Tool for Individuals (CoMATI) is an occupational therapy assessment tool that evaluates an individual’s ability to use public transport in the Cape Town metropole. The content of the CoMATI consists of an Interview Report Format and four assessment protocols for persons who ambulate, persons who use a wheeled device, persons with cognitive impairment and persons with visual impairment. As the psychometric properties of the CoMATI are not known, the purpose of the study was to establish the content validity of the CoMATI. Methodology: A quantitative methodological approach was used. A panel of occupational therapists (N=5), considered to be subject matter experts (SMEs), were recruited on the basis of peer acknowledgement. The SMEs used a Content Validity Rating Scale to rate each item on the Interview Report Format and the four assessment protocols as Essential; Useful but not essential or Not necessary for evaluating performance of public transport use. Additional space was provided for feedback. A content validity ratio (CVR) was calculated for each item using the method described by Lawshe (1). To compensate for chance agreement, the researcher regarded a CVRcritical= 0,573 to be the lowest level of CVR to indicate that the item may be considered relevant. A content validity index (CVI) was calculated in order to evaluate the degree to which the content in the Interview Report Format and each assessment protocol was representative of the domain of public transport. The CVI was calculated as the average agreement among SMEs. For a new instrument such as the CoMATI, the researcher was seeking 80% or better agreement. Results: The Content Validity Rating Forms were completed by all SMEs and no items were omitted. There was total agreement from SMEs regarding the relevance of certain items. For those items where full agreement on relevance was not achieved, the items were considered to be useful but not essential by only one of the five SMEs. Conclusion: The results of the study determined that all items in the CoMATI had a high degree of content validity and may be considered to be relevant and representative to the domain of public transport use. Three reasons that certain items were considered less relevant than others may be that items may either not have been adequately performance based, may not have had the same degree of influence in excluding an individual from public transport use, or may not have been relevant to certain individuals. Occupational therapists using the present version of the CoMATI may have to rely on clinical reasoning to determine which of the available items are more relevant for an individual’s performance of public transport use.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Inleiding: Die Community Mobility Assessment Tool for Individuals (CoMATI) is 'n Arbeidsterapie bepalingsinstrument wat 'n individu se vermoë om openbare vervoer in die Kaapse metropool te gebruik, evalueer. Die inhoud van die CoMATI bestaan uit 'n Onderhoud vorm en vier bepalingsprotokolle vir persone wat kan loop (ambulate), persone wat 'n toestel met ‘n wiel gebruik, persone met kognitiewe inkorting en persone met 'n visuele inkorting. Aangesien die psigometriese eienskappe van die CoMATI nie bekend is nie, was die doel van die studie om die inhoudsgeldigheid van die CoMATI te bepaal. Metodologie: 'n Kwantitatiewe metodologiese benadering is gebruik. 'n Paneel van arbeidsterapeute (N = 5), wat beskou word as deskundiges, is gewerf op grond van eweknieerkenning. Om die gebruik van openbare vervoer te evalueer, het die deskundiges 'n inhoudgeldigheidsskaal gebruik om elke item in die Onderhoud vorm en die vier bepalingsprotokolle as Noodsaaklik; Nuttig maar nie noodsaaklik nie of Nie nodig nie te graadeer. Bykomende spasie is voorsien vir terugvoer. 'n Inhoudgeldigheidsverhouding is bereken vir elke item volgens die metode wat Lawshe beskryf. Om te vergoed vir toevalooreenkoms, het die navorser 'n Inhoudgeldigheidsverhoudingkritiese = 0,573 beskou as die laagste vlak van Inhoudgeldigheidsverhouding om aan te dui dat die item as toepaslik beskou kan word. 'n inhoudgeldigheidsindeks is bereken om die mate waartoe die inhoud in die Onderhoud vorm en elke bepalingsprotokol verteenwoordigend was van die domein van openbare vervoer, te evalueer. Die inhoudgeldigheidsindeks is bereken as die gemiddelde ooreenkoms tussen die deskundiges. Vir 'n nuwe instrument soos die CoMATI, was die navorser op soek na 'n 80% of hoër ooreenkoms. Resultate: Die Inhoudgeldigheid beoordeling vorms is voltooi deur alle deskundiges en geen items is uitgelaat nie. Daar was totale ooreenkoms van deskundiges oor die toepaslikheid van sekere items. Vir die items waar die volle ooreenstemming oor die toepaslike nie bereik is nie, het slegs een van die vyf deskundigs die items beskou as Nuttig maar nie noodsaaklik nie. Gevolgtrekking: Die resultate van die studie het bepaal dat alle items in die CoMATI 'n hoë graad van inhoudgeldigheid het en kan beskou word as toepaslik en verteenwoordigend vir die domein van openbare vervoer gebruik. Drie redes waarom sekere items minder toepaslik beskou word as ander, is dat items waarskynlik nie genoegsaam gebaseer was op uitvoering nie; dit het nie dieselfde mate van invloed om 'n individu uit te sluit van openbare vervoer gebruik nie; of dit mag dalk nie vir sekere individue toepaslik wees nie. Arbeidsterapeute wat die huidige weergawe van die CoMATI gebruik, kan van kliniese beredenering gebruik maak om te bepaal watter van die beskikbare items meer toepaslik is vir die individu se gebruik van openbare vervoer.
Description
Thesis (MOccTher)--Stellenbosch University, 2019.
Keywords
Community mobility -- City of Cape Town (South Africa), People with disabilities -- Orientation and mobility -- City of Cape Town (South Africa), People with disabilities -- Transportation -- City of Cape Town (South Africa), UCTD
Citation