Spiritualiteitsdiversiteit as uitdaging aan die erediens : 'n verkenning van die funksie van lofprysing in die Nederduitse Gereformeerde Kerk

dc.contributor.advisorHendriks, Hans Jurgensen_ZA
dc.contributor.advisorCilliers, Johanen_ZA
dc.contributor.authorJanse, Rhe
dc.contributor.otherUniversity of Stellenbosch. Faculty of Theology. Dept. of Practical Theology and Missiology.en_ZA
dc.date.accessioned2011-07-11T10:16:08Z
dc.date.available2011-07-11T10:16:08Z
dc.date.issued2002-12
dc.descriptionThesis (DTh)--Stellenbosch University, 2002.en_ZA
dc.description.abstractAFRIKAANSE OPSOMMING: Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is die afgelope paar jare in debatte gewikkel oor die een aktiwiteit wat uniek aan die kerk is, naamlik haar aanbidding. Aanbidding het vandag een van die belangrike redes geword waarom kerke groei, maar is terselfdertyd ook een van die oorsake waarom gemeentes lidmate verloor en kwyn. Aan die voorpunt van die debat oor aanbidding, is die kwessie van lofprysing. Lofprysing het vandag vir baie gelowiges 'n middel geword om hulle geloof en aanbidding tot uitdrukking te bring. In plaas daarvan dat die nuwe beklemtoning en behoefte aan lofprysing die kerk in haar aanbidding van God verenig het, het dit egter 'n bron van frustrasie en konflik geword. Hierdie konflik sentreer hoofsaaklik om die styl waarin lofprysing plaasvind en word aangehelp deur die gebrek aan kennis oor die onderwerp en die diversiteit wat in gemeentes heers. Gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk bestaan vandag uit lidmate wat uiteenlopende lewensuitkyke handhaaf en verskillende spiritualiteite besit. Om die hele kwessie van lofprysing binne die konteks van diverse gemeentes aan te spreek, moes die studie eerstens die aard en funksie van lofprysing binne die liturgie bepaal. Daarna moes 'n wyse gevind word waarop die diversiteit in gemeentes hanteer kon word. Deur middel van 'n spiritualiteitstipologie wat Holmes in 1980 opgestel het, en wat later as basis van verskillende spiritualiteitsanalises gedien het, is 'n instrument daargestel waarmee gemeentes en individue se spiritualiteit getoets kon word. In hierdie studie is die analises nie net gebruik om mense se spiritualiteit vas te stel nie, maar ook om te bepaal of daar 'n korrelasie tussen spiritualiteitsgroepe en hulle aanbiddingsbehoeftes bestaan. Die navorsing het daarin geslaag om nie net 'n verband tussen spiritualiteit en aanbiddingspatrone aan te toon nie, maar ook die waarde van 'n spiritualiteitsanalise te beklemtoon om die diversiteit ten opsigte van aanbidding en lofprysing in gemeentes aan te spreek.af_ZA
dc.description.abstractENGLISH ABSTRACT: Over the past few years the Dutch Reformed Church has been embroiled in a debate regarding worship within the church. Whilst the worship within a congregation has become one of the most important factors in church growth, it is also one of the reasons why some congregations loose membership and shrink in size. A major point of contention within this debate relates to the use of praise. To many believers, praise has become a process through which they worship and reinforce their faith. Instead of unifying the church in her worship of God, the current emphasis on praise within the church has become a source of frustration and a point of contention. This controversy mainly centres around the style with which praise is practiced within the congregation and is exacerbated by a lack of knowledge surrounding the topic and the diversity that exists within congregations. Members of the Dutch Reformed Church has widely divergent life views and also possess different spiritualities. To determine the use of praise within divergent congregations, this study evaluated the nature and function of praise within the context of the liturgy. Subsequently, a method to manage the diversity within congregations was developed. In 1980, Holmes developed a spirituality typology within which he identified four spirituality groups. Based on the spirituality typology, some spirituality analyses were formed to help congregations and individuals to test their spirituality. These analyses were used to identify the correlation between a spirituality group and their worship requirements. The results from this research clearly showed a positive correlation between these two parameters and also highlighted the value of using the spirituality analysis as a method to manage the different praise and worship requirements that exists within congregations.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/15497
dc.language.isoafaf_ZA
dc.publisherStellenbosch : University of Stellenboschen_ZA
dc.subjectDissertations -- Practical Theology and Missiologyen_ZA
dc.subjectTheses -- Practical Theology and Missiologyen_ZA
dc.subject.corpNederduitse Gereformeerde Kerk -- Liturgyen_ZA
dc.subject.lcshPublic worshipen_ZA
dc.subject.lcshPraise of Goden_ZA
dc.subject.lcshSpiritualityen_ZA
dc.titleSpiritualiteitsdiversiteit as uitdaging aan die erediens : 'n verkenning van die funksie van lofprysing in die Nederduitse Gereformeerde Kerken_ZA
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
janse_spiritualiteitsdiversiteit_ 2002 .pdf
Size:
7.26 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: