The art of drag in Shanghai: Navigating local/ global tensions in practice- a case study

Date
2023- 12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This thesis discusses a case study of a group of drag artists based in Shanghai, China. After living and practising as a drag king in Shanghai for four years myself, I became curious about how the city’s local and expat drag artists positioned their practice in relation to queer globalisations, local restrictions, and Western dominance. The art of drag has become increasingly visible worldwide, largely due to RuPaul’s Drag Race and its surrounding media landscape, and as such exerts a significant influence on the global dissemination of LGBTQ+ cultures. Examining queer rights and cultures in the Global South, there is a concern that the vast transmission of American, post-Stonewall LGBTQ+ discourse constructs a universal story of queerness that obscures non-Western queer ontologies, resistances, and cultural productions. Simultaneously however, to consider globalisation as necessarily assimilation into Western cultural forms would deny the agency of non-Western queer movements and cultural productions to respond meaningfully to Western dominance. Theoretical perspectives of ‘global gay’ discourse, queer temporality, and Chinese-centric queer theories were incorporated to question how Shanghai’s drag artists navigate local and global in their practice, and the extent to which they question the authority of both state socialism and globalised capitalism, to offer new possibilities for queer knowledge production. In total, seven drag artists and one LGBTQ+ venue owner participated in the study. Convenience sampling and snowball sampling were employed to gather participants. Data consisted of semi-structured interviews and drag performance video samples. Interview transcripts were analysed using open coding and compared with analyses of relevant video samples. While the influence of Euro-American forms was documented and acknowledged, other perspectives revealed more nuanced and critical conceptualisations of the binary between copy and original, the frictions inherent in cultural exchange, and diverse forms of resistance. Shanghai’s drag scene is evolving in distinct ways, incorporating both global and local influences and cultural traditions. With queer knowledge still largely attributed to the West, it is important to recognise how China has its own queer forms and ideas to offer that are deeply engaged in the global conversation, despite the lack of visibility beyond small grassroots communities or underground ‘scenes’.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis bespreek ’n gevallestudie van ’n groep fopdossers wat in Shanghai, China, woon. Nadat ek self vir vier jaar in Shanghai gewoon en daar as ’n drag king opgetree het, het ek nuuskierig geraak oor hoe die stad se plaaslike sowel as expat fopdossers hul praktyk met betrekking tot queer globaliserings, plaaslike beperkings en Westerse oorheersing geposisioneer het. Die kuns van drag het wêrelwyd toenemend sigbaar geword, hoofsaaklik vanweë RuPaul’s Drag Race en die omringende medialandskap, met die gevolglike beduidende invloed op die globale verspreiding van LGBTQ+ kulture. Die ondersoek na queer-regte en -kulture in die Globale Suide het aangetoon dat kommer heers oor hoe die geweldige oordrag van Amerikaanse, post-Stonewall LGBTQ+ diskoers ’n universele verhaal van queer-heid konstrueer wat nie-Westerse queer-ontologieë, -weerstande en kulturele produksies vertroebel. Terselfdertyd moet daar egter besef word dat om globalisering noodwendig as assimilasie in Westerse kulturele vorme te beskou ’n ontkenning sal wees dat nie-Westerse queer-bewegings en kulturele produksies ’n betekenisvolle reaksie op Westerse oorheersing kan wees. Teoretiese perspektiewe van die ‘globale gay’-diskoers, queer tydelikheid, en Chinees-sentriese teorieë is geinkorporeer om te bevraagteken hoe Shanghai se fopdossers die plaaslike en globale in hulle praktyk insluit, asook in hoeverre hulle die gesag van beide staat-sosialisme en geglobaliseerde kapitalisme bevraagteken, en nuwe moontlikhede aanbied vir die daarstelling van queer-kennis. Altesaam sewe fopdossers en een eienaar van ‘n LGBTQ+ venue het aan die studie deelgeneem. Geriefsteekproefneming en sneeubalmonsterneming is aangewend by die verkryging van deelnemers. Data het uit semi-gestruktureerde onderhoude en video-monsters van drag-optredes bestaan. Onderhoud-transkripsies is deur middel van oop kodering ontleed en is met ontledings van relevante video-monsters vergelyk. Terwyl die invloed van Euro-Amerikaanse vorme gedokumenteer en erken is, het ander perspektiewe meer genuanseerde en kritiese konseptualiserings van die teenstelling tussen naboots en oorspronklik, die wrywing wat inherent is aan kulturele wisselwerking, en diverse vorme van weerstand ontbloot. Shanghai se drag-toneel is besig om in ’n duidelike rigting te ontwikkel, met die inkorporering van beide globale en plaaslike invloede asook kulturele tradisies. Aangesien queer-kennis nog steeds grotendeels aan die Weste toegeskryf word, is dit belangrik om raak te sien hoe China se eie queer-vorme en -idees, wat diep betrokke is by die globale gesprekvoering, aangebied kan word nieteenstaande die gebrek aan sigbaarheid buite klein ‘gemeenskappies’ of ondergrondse ‘tonele’.
Description
Thesis MA (VA)--Stellenbosch University, 2023.
Keywords
Citation