Vermengde leer in die Afrikaans huistaalklaskamer : onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonie

Date
2021
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Die wereldwye en plaaslike evolusie van tegnologie en die internet het ’n nuwe dimensie tot onderrig en leer in die skoolklaskamer gevoeg. Dit is ’n belangrike saak, want deesdae is 21ste-eeuse skoolleerders digitale boorlinge wat mobiele tegnologie in die Afrikaans Huistaalklas inbring. Hierdie artikel handel oor die gebruik van die vermengdeleerbenadering (VL-benadering) in die Afrikaans Huistaal-klaskamer en het ten doel om die taalonderwyser bewus te maak van die nuwe onderrigmoontlikhede wat ten opsigte van aanlyn onderrig bestaan. Navorsing oor hierdie vraagstuk is relevant; daarom is hierdie ondersoek daarop gemik om die gebrek aan kennis binne die Afrikaans Huistaal-konteks aan te vul en uit te vind watter Afrikaans Huistaalonderrigbenaderings saam met die VL-benadering deur die onderwysers in die klaskamer verkies word. Die bevindings dui aan dat die implementering van ’n VL-benadering in die toegeruste Suid-Afrikaanse taalklaskamer werkbaar is. Hierdie ondersoek word daarom omvat deur die volgende navorsingsvraag: Hoe gebruik onderwysers vermengde leer as onderrigbenadering in Afrikaans Huistaal? Die studie word teoreties begrond deur verskillende vertakkinge van konstruktivisme en ’n aantal modelle of raamwerke is deurgaans as lense gebruik om die resultate te interpreteer. Die gevallestudie word as navorsingsmetodologie gebruik. Die data is verkry vanaf onderwysers van ’n groep skole in die Wes-Kaap wat Afrikaans Huistaal in die Verdere Onderwys en Opleidingsfase (VOO) onderrig en tegnologie in hul klaskamers gebruik. Die data is deur ’n kwantitatiewe metodologie, naamlik vraelyste, verkry. Die resultate van die gevallestudie word in hierdie artikel bespreek. Daar is bevind dat daar wel tegnologie-integrasie in die taalklaskamers plaasvind en dat die VL-benadering geïmplementeer is om kontaktyd en kommunikasiegeleenthede te vermeerder. Die resultate van die gevallestudie dui daarop dat tegnologie die “voertuig” kan wees waarmee daar aan die vaardigheidsbehoeftes van die 21ste-eeuse leerder deur die kurrikulum van Afrikaans Huistaal voldoen kan word. Die insig wat deur die gevallestudie verkry is, is verwerk tot ’n eenvoudige model waarmee die proses van integrasie van leertegnologie binne die skoolklaskamer begin kan word.
Description
CITATION: Taylor, R. & Van der Merwe, M. 2021. Vermengde leer in die Afrikaans huistaalklaskamer : onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonie. LitNet Akademies, 18(3):402-464.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Blended learning, Language and languages -- Study and teaching, Education -- South Africa -- 21st century, Afrikaans language -- Study and teaching, Afrikaans language -- Usage, Effective teaching, Interdisciplinary approach in teaching, Project method in teaching, Language teachers, SAMR model, High schools -- Curricula -- South Africa
Citation
Taylor, R. & Van der Merwe, M. 2021. Vermengde leer in die Afrikaans huistaalklaskamer : onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonie. LitNet Akademies, 18(3):402-464.