Impliseer die wettiging van beeindiging van swangerskap op aanvraag dat voorgeboortelike menslike lewe geen waarde het nie?

Date
2022
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Die Roe teen Wade-uitspraak van 1973 het vroeë beëindiging van swangerskap (BVS) in die VSA grondwetlik geregverdig. Ewe omstrede was die onlangse omkeer daarvan, met ingrypende sosiaalpolitieke gevolge vir Amerikaanse vroue. Teen hierdie agtergrond, in ’n styl van Sokratiese herondersoek, dink ek na oor die morele implikasies van min of meer vrye toegang tot (vroeë) BVS, soos deur die Suid-Afrikaanse Wet 92 van 1996, Wet op Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap, gewettig. Wet 92 impliseer dat die morele status van die fetus wat vernietig word negeerbaar is, lynreg in botsing met diep intuïsies wat die meerderheid Suid-Afrikaners hieroor hou. Hoe moet ’n verantwoordelike persoon dié inherente teenstrydighede vereenselwig? Daar is twee onverenigbare kampe in hierdie ewig-omstrede morele dilemma: pro-keuse teen pro-lewe. Ek neem, gegewe die komplekse eise van die tydvak waarin ons lewe, hul argumente teen en vir BVS opnuut in oënskou. Die belang van menslikheid en intrinsieke potensialiteit tot verdere ontwikkeling versus kontekstuele potensialiteit en geregtigheid in voortplanting word teen die agtergrond van die Suid-Afrikaanse situasie ondersoek: onder andere, die wenslikheid en bekostigbaarheid van swangerskap, die haglike omstandighede waarin baie Suid-Afrikaanse kinders grootword, die probleem van tienerswangerskap en die uitwerking van BVS op verpleegpersoneel wat dit behartig. Ek argumenteer dat voorgeboortelike morele status ten beste as toenemend parallel aan fetale ontwikkeling beskou kan word. Hierdie waarde is egter nie absoluut nie, en impliseer nie noodwendig ’n reg op voortgesette lewe nie. Ek stel voor dat die intrinsieke menslikheid en potensialiteit van elke fetus beoordeel word in wat ek ’n persoonlike “morele balansstaat” noem. Die enigste redelike afsnypunt waarna BVS gewoonlik onaanvaarbaar sou wees, is die bereiking van oorleefbaarheid (indien dan gebore), iewers verby die halfpadmerk van swangerskap. Selfs dan is BVS in uitsonderlike gevalle moreel aanvaarbaar. Hierdie gevolgtrekking laat ’n mate van ongemak, kenmerkend van die afsluiting van ’n morele dilemma.
Description
CITATION: De Roubaix, M. 2022. Impliseer die wettiging van beeindiging van swangerskap op aanvraag dat voorgeboortelike menslike lewe geen waarde het nie? LitNet Akademies, 19(3):514-538, doi:10.56273/1995-5928/2022/j19n3b14.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Citation
De Roubaix, M. 2022. Impliseer die wettiging van beeindiging van swangerskap op aanvraag dat voorgeboortelike menslike lewe geen waarde het nie? LitNet Akademies, 19(3):514-538, doi:10.56273/1995-5928/2022/j19n3b14.