Veerkragtigheid in die enkelma-transrasgesin

dc.contributor.authorOosthuizen, Maritaen_ZA
dc.contributor.authorGreeff, Abraham P.en_ZA
dc.date.accessioned2020-10-26T07:31:08Z
dc.date.available2020-10-26T07:31:08Z
dc.date.issued2020
dc.descriptionCITATION: Oosthuizen, M. & Greeff, A. P. 2020. Veerkragtigheid in die enkelma-transrasgesin. LitNet Akademies, 17(2):82-112.
dc.descriptionThe original publication is available at https://www.litnet.co.za
dc.description.abstractAFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie ondersoek is om gesinsprosesse en -kenmerke wat verband hou met veerkragtigheid in enkelma-gesinne waar ’n kind van ’n ander ras as dié van die ma aangeneem is, te identifiseer en te beskryf. As teoretiese vertrekpunt is ’n sterkteperspektief wat in die positiewe sielkunde gegrond is, gekies. McCubbin en McCubbin (2001) en Walsh (2016) se gesinsveerkragtigheidsteorieë vorm gesamentlik die raamwerk waarbinne hierdie ondersoek beplan en gedoen is. As deel van ’n verkennende navorsingsontwerp is onderhoude gevoer met ses wit vroue wat in die Wes-Kaap woonagtig was en ’n kind of kinders van ’n ander ras aangeneem het. Inligting is deur middel van semigestruktureerde onderhoude ingesamel en die inligting is met behulp van die Atlas.ti-rekenaarprogram (ATLAS.ti.v7, URL 2013) ontleed. Die volgende gesinsveerkragtigheidskenmerke het na vore gekom: Die transrasaangenome kind is goed toegerus met vaardighede om potensiële krisisse rakende sy transrasaangenome status te hanteer; die moeder is voorberei vir moederskap voor die aanneming plaasgevind het; sosiale kontak en die ondersteuning van die uitgebreide familie is vir die gesin van belang; gevestigde gesinspatrone, openlikheid oor die aanneming en die benutting van eksterne hulpbronne help ook die transrasgesin om krisissituasies beter te hanteer. Hierdie bevindinge kan van nut wees en as hulpbronne dien vir potensiële aanneemma’s ten einde hulle voor te berei vir die aanneming van ’n kind van ’n ander ras. Die bevindings verskaf ook belangrike inligting aan ondersteuningspartye (byvoorbeeld die maatskaplike werker) wat betrokke is by transrasaanneming in Suid-Afrika.en_ZA
dc.description.abstractENGLISH ABSTRACT: Families in which there is an adopted child of another race are confronted by all “normal” adoptive family crises, while they also need to handle crises that arise from transracial adoption. The greatest challenge with which the adoptive parent is confronted is to help the transracial adopted child to form his/her own identity (Quintana 2007; Vonk 2001). The aim of this study was to identify and describe the family processes and characteristics related to resilience in single-mother families in which there is an adopted child from a race other than that of the mother.
dc.description.versionPublisher's version
dc.format.extent31 pagesen_ZA
dc.identifier.citationOosthuizen, M. & Greeff, A. P. 2020. Veerkragtigheid in die enkelma-transrasgesin. LitNet Akademies, 17(2):82-112.
dc.identifier.issn1995-5928 (online)
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/108903
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherLitNet Akademies
dc.rights.holderAuthors retain copyright
dc.subjectSingle mothersen_ZA
dc.subjectInterracial adoptionen_ZA
dc.subjectAdopted childrenen_ZA
dc.subjectAdopted children -- Family relationshipsen_ZA
dc.titleVeerkragtigheid in die enkelma-transrasgesinaf_ZA
dc.title.alternativeResilience in the single-mother transracial familyen_ZA
dc.typeArticleen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
oosthuizen_veerkragtigheid_2020.pdf
Size:
711.65 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Download article
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: