Die meetbare effek van ’n elektroniese skryflaboratorium : ’n loodsprojek aan die Universiteit van Stellenbosch

dc.contributor.advisorDe Stadler, L. G.
dc.contributor.authorLoftie-Eaton, Eloiseen_ZA
dc.contributor.otherUniversity of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.
dc.date.accessioned2008-07-17T09:46:32Zen_ZA
dc.date.accessioned2010-05-31T19:29:37Z
dc.date.available2008-07-17T09:46:32Zen_ZA
dc.date.available2010-05-31T19:29:37Z
dc.date.issued2004-12en_ZA
dc.descriptionThesis (MA (Afrikaans and Dutch))--University of Stellenbosch, 2004.
dc.description.abstractAFRIKAANSE OPSOMMING: Die geografiese ligging van enige bepaalde skryflaboratorium maak dit dikwels moeilik vir verafgeleë afstandonderrigstudente om ’n konsultasie te ontvang. ’n Veeleisende klasrooster kan dit vir residensiële studente enersyds problematiseer om ’n nabygeleë skryflaboratorium fisies te besoek vir hulp rakende ’n spesifieke skryfopdrag. Hierdie twee studentegroepe benodig gewoonlik addisionele skryfhulp om die tekskwaliteit van hulle geskrewe tekste te verbeter. In hierdie werkstuk het die navorser gevolglik ondersoek ingestel of ’n elektroniese skryflaboratorium, gegrond op die bestaande World Wide Writing (WWW)-model, ’n statisties beduidende effek gelewer het om studente se skryfvaardighede te verbeter. Die teoretiese raamwerk vir hierdie loodsprojek is verskaf deur Bereiter en Scardamalia (1987) se tweeledige skryfprosesmodel. Laasgenoemde model het ’n belangrike komponent van die ondersoek gevorm om die ontwikkeling van die hersieningsfase (waarmee ook herskrywing bedoel word) in die skryfproses te illustreer, nadat die proefpersone blootgestel is aan ’n skryfadvies oor paragrafering. Altesaam 67 tweedejaarproefpersone van die Universiteit van Stellenbosch het die opdrag ontvang om verbeterings aan die paragraafstruktuur van hulle oorspronklike teks aan te bring, ná verwysing van die elektroniese skryflaboratorium wat skryfhulp aangebied het in die vorm van web-advies. Hierna het die proefpersone ook ’n vraelys voltooi om hulle houding ten opsigte van die web-advies bloot te lê. ’n Geselekteerde ekspertpaneel het gevolglik die paragraafstruktuur van die tekste geëvalueer en sodoende aangedui of die tekskwaliteit verbeter het of nie. Hierdie resultate is uiteindelik gebruik om die effek te meet wat ’n elektroniese skryflaboratorium uitgeoefen het om die hersieningsfase van die skryfproses te beheer.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/1059
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherStellenbosch : University of Stellenbosch
dc.rightsUniversity of Stellenbosch
dc.subjectDissertations -- Afrikaans and Dutchen
dc.subjectWriting process
dc.subjectWriting laboratories
dc.subjectOff-campus students
dc.subjectTheses -- Afrikaans and Dutchen
dc.subjectDissertations -- Document designen
dc.subjectTheses -- Document designen
dc.subject.lcshWriting centers -- South Africa -- Stellenbosch
dc.subject.lcshUniversities and colleges -- South Africa -- Stellenbosch
dc.subject.lcshOff campus students -- Services for -- South Africa -- Stellenbosch
dc.titleDie meetbare effek van ’n elektroniese skryflaboratorium : ’n loodsprojek aan die Universiteit van Stellenboschaf
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
loftieeaton_meetbare_2004.pdf
Size:
3.19 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description: