A demographic history of settler South Africa

Cilliers, Jeanne Alexandra (2016-03)

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2016.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Economic incentives affect demographic outcomes. That is to say, fertility, mortality, migration and mobility are a result of economic performance, growth and inequality. While demographic changes may be slow, the long-run effects can be significant. The Western demographic transition of the late nineteenth and early twentieth centuries has had a profound effect on the living conditions of people across the world. Instead of having six or more children, most families today have only two, and life expectancy in most Western countries doubled in the four or five decades around the turn of the twentieth century. It is within this broad framework relating to the nature and causes of demographic transitions that this dissertation is orientated. How these demographic changes spread across the globe remains an important question for theoretical and empirical research, with obvious policy implications. It is therefore surprising that so little is known about the demographic history of South Africa, the wealthiest African country during the nineteenth and twentieth centuries and the first to undergo a demographic transition. There is remarkably limited empirical evidence of what living conditions, social interactions and family formation might have been like for the inhabitants of eighteenth, nineteenth and early-twentieth century South Africa. By focusing on the demographic characteristics of European settlers and their descendants in South Africa, this dissertation begins to provide a more comprehensive account of South Africa’s demographic history. The first question addressed in this study investigates the nature and causes of the settler fertility decline. It aims to provide, for the first time, a thorough descriptive account of the changing levels of fertility and explores land constraint as a potential mechanism for the limitation of fertility. To do so, it uses geographic and socio-economic differentials in fertility over time, first, in a simple regression analysis framework and second, in an event-history analysis framework, to allow for a deeper understanding of the possible mechanisms at work at the individual level. The second question addressed in this study relates to the gender composition of offspring as a determinant of future fertility behaviour. While couples in modern societies have been shown to have gender neutral preferences for their offspring, new research on past populations suggests that a preference for sons over daughters might have influenced couples’ fertility decision-making behaviour, and potentially have limited the onset of the fertility decline. An investigation into whether a preference for sons existed in the settler Cape Colony context, through an event-history analysis of birth-spacing behaviour at high parities, conditional on the couple’s existing offspring gender-mix, informs the debate on within-marriage birth control practices in history, as well as the effect of economic development on couples’ fertility behaviour. Finally, in societies with a large rural majority and a small group of elites, the prospects for social mobility are said to be limited. However, the liberal theory of industrialism suggests that social mobility will likely increase as a result of the process of industrialisation itself, as new occupations replace those held by members of previous generations. Industrialisation is also expected to result in a shift away from ascription by birth towards achievement-based mobility. The third question addressed in this study investigates whether social (occupational) mobility increased under late nineteenth and early twentieth-century South African industrialism and whether or not this translated into real improvements in settler living standards.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Ekonomiese aansporings beinvloed demografiese uitkomste. Dit wil sê, fertiliteit, lewensverwagting en mobiliteit is gevolge van veranderinge in ekonomiese prestasie, ekonomiese groei en ongelykheid. Hoewel demografiese veranderinge lank kan duur, kan die langtermyn gevolge beduidend wees. Die demografiese verandering wat tydens die laat negentiende en vroeë twintigste eeu in die Weste plaasgevind het, het 'n diepgaande uitwerking op die lewensomstandighede van mense regoor die wêreld gehad. Deesdae bestaan die meeste gesinne uit ’n egpaar en twee kinders, instede van die ses of meer kinders wat in die verlede die norm was. Terselfdertyd het die lewensverwagting van die bevolkings van die meeste Westerse lande in die vier of vyf dekades rondom die begin van die twintigste eeu verdubbel. Hierdie proefskrif ondersoek die aard en oorsake van demografiese veranderinge in Suid-Afrika binne dié breë raamwerk. Hoe hierdie demografiese veranderinge oor die wêreld versprei het, bly 'n belangrike vraag vir teoretiese en empiriese navorsing, met ooglopende implikasies vir beleid. Dit is gevolglik verbasend dat so min bekend is oor die demografiese geskiedenis van Suid-Afrika, die rykste Afrikaland in die negentiende en twintigste eeu en die eerste wat die demografiese oorgang deurloop het. Ons besit merkwaardig min empiriese getuienis oor die lewensomstandighede, maatskaplike interaksie en gesinsvorming van die inwoners van Suid-Afrika in die agtiende, negentiende en vroeë twintigste eeu. Hierdie proefskrif begin die proses om ‘n meer volledige beskrywing van die demografiese geskiedenis van Suid-Afrika daar te stel deur die soeklig te laat val op die demografiese kenmerke van Europese setlaars en hulle nasate in Suid-Afrika. Die eerste vraag wat hierdie proefskrif ondersoek, is die aard en oorsake van die daling in setlaars se fertiliteitskoerse. Die doel is om vir die eerste keer ’n omvattende beskrywing van die veranderende vlakke van fertiliteit te gee en om vas te stel of die hoeveelheid grond wat vir landbou beskikbaar was dalk ‘n meganisme was wat fertiliteit beperk het. Geografiese en sosio-ekonomiese verskille in fertiliteit gedurende verskillende historiese periodes word hiervoor gebruik, eerstens in ‘n eenvoudige regressie-ontledingsraamwerk en tweedens in ‘n gebeurtenis-geskiedenis-ontledingsraamwerk wat ‘n dieper begrip bied van die meganismes wat moontlik op die individuele vlak ’n rol gespeel het. Die tweede vraag wat in die proefskrif ondersoek word, het te make met die invloed van die geslagsamestelling van ’n egpaar se kinders op toekomstige fertiliteit. Egpare in moderne samelewings is tipies onsydig met betrekking tot die geslag van hul kinders. Nuwe navorsing oor bevolkings in die verlede dui daarop dat ’n voorkeur vir seuns moontlik egpare se besluitnemingsgedrag oor fertiliteit beïnvloed het. Hierdie voorkeur het moontlik die aanvang van die afname in fertiliteit vertraag. Die proefskrif ondersoek of daar ’n voorkeur vir seuns in die Kaapkolonie bestaan het deur ‘n gebeurtenis-geskiedenis-ontleding van geboorte-spasiëringsgedrag wat die geslagsamestelling van egpare se vorige kinders in ag neem. Hieruit kan gevolgtrekkings gemaak word oor die geboortebeperkingstrategieë wat in die geskiedenis binne huwelikke voorgekom het, asook oor die invloed van ekonomiese ontwikkeling op die fertiliteitsgedrag van egpare. Laastens, die vooruitsigte vir sosiale mobiliteit is gewoonlik beperk in gemeenskappe met 'n groot landelike bevolking en 'n relatiewe klein elite. Die liberale teorie van industrialisme voorspel nietemin dat sosiale mobiliteit waarskynlik as gevolg van die proses van industrialisasie sal toeneem namate nuwe beroepe dié wat deur lede van die vorige geslag beklee is, vervang. Daar kan ook verwag word dat industrialisasie sal lei tot ‘n verskuiwing van toeskrywing vanweë geboorte na mobiliteit wat deur eie prestasies bepaal word. Die derde vraag wat in hierdie proefskrif ondersoek word, is of sosiale (beroeps-) mobiliteit toegeneem het gedurende die industrialisasie wat in die laat negentiende- en vroeë twintigste-eeu in Suid-Afrika plaasgevind het, en of dit tot werklike verbeterings in die lewenstandaarde van setlaars aanleiding gegee het.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/98752
This item appears in the following collections: