Die uitbeelding van die vrou in Huisgenoot in 1963 en 2013 : ’n multimodale diskoersanalise

Marais, Susann (2016-03)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2016.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: McRobbie’s (1994:17) opinion that people and the media are in a relationship of mutual influence, is used as point of departure for this study. This mutual influence with regard to femininity is mainly expressed in three ways: Firstly the media determine the norms whereby women measure themselves. Secondly, women’s priorities are determined by the media, and thirdly, the role of a woman in society is reflected by the media (Ferguson 1983:184; McRobbie 1996:186). As a result, women and magazines are the focus of my study. Viljoen and Viljoen (2005:90) also studied the connection between magazines and femininity by exploring the cultural conceptualisation of femininity in two issues of Huisgenoot (one from 1953 and one from 2003). I decided to join Viljoen and Viljoen (2005) by choosing the family magazine, Huisgenoot, as it is the oldest Afrikaans commercial magazine (Froneman 2010:62) as well as having the highest circulation figures in the country – 2 108 000 weekly readers (Huisgenoot 2014). The chosen period of my study is in both instances a decade later than that studied by Viljoen and Viljoen (2005). The purpose of this study is to determine if there is a difference in the portrayal of women in the 1963 and 2013 Huisgenoot issues, as well as to determine whether Viljoen and Viljoen’s (2005) conclusion is also valid for these issues of Huisgenoot. Twelve texts (two articles, two short stories and two advertisements from each period) are analysed with the purpose of showing any possible change in how women are portrayed. According to Kress and Van Leeuwen (2001:46), the visual image and written text coincide and thus convey a message or image. Consequently it is nessecary to study the visual as well as the written components of these texts to gain information on the representation of women. Bezemer (2012) and Jewitt (2012) state that multimodal discourse analysis (MDA) assumes that communication and representation comprise of more than just language, and that a variety of modes are used to contribute to meaning. Royce’s (2007) intersemiotic complementarity method within multimodal discourse analysis is used, as this method is based on Kress and Van Leeuwen’s (2001) assumption. Royce’s (2007) method starts with the identification of the participants, their attributes, activities and circumstances in the visual component of the text. Then the meaning relationships (synonymy, antonymy, collocation, meronymy and repetition) are used to identify the represented participants, their attributes, activities and circumstances in the written text, in order to describe the relationship between the visual image and written text. In this manner the whole message, in other words the portrayal of women as presented in the text, is described. The study comes to the conclusion that the representation of the ideal woman’s responsibilities has extended and changed, although the woman’s role is still restricted to certain domains, as reflected by the presence of gender stereotypes.

AFRIKAANSE OPSOMMING: McRobbie (1994:17) se standpunt dat die mens en die media in ’n verhouding van wedersydse invloed staan, geld as uitgangspunt vir hierdie studie. Hierdie wedersydse invloed kom met betrekking tot vroulikheid veral op drie maniere tot uitdrukking. Eerstens bepaal die media die norme waaraan vroue hulself meet; tweedens word vroue se voorkeure deur die media bepaal en derdens word die vrou se rol in die samelewing in die media gereflekteer (Ferguson 1983:184,189; McRobbie 1996:186). Na aanleiding hiervan is vroue en tydskrifte die fokus van my studie. Viljoen en Viljoen (2005:90) bestudeer ook die verband tussen tydskrifte en vroulikheid, deur die kulturele konseptualisering van vroulikheid in twee Huisgenoot-uitgawes (een in 1953 en een in 2003) te ondersoek. Ek sluit aan by Viljoen en Viljoen (2005) deur die gesinstydskrif, Huisgenoot, te kies omdat dit die oudste Afrikaanse kommersiële tydskrif is (Froneman 2010:62), sowel as die hoogste sirkulasiesyfers in die land – 2 108 000 lesers weekliks – het (Huisgenoot 2014). My studie se gekose tydperke is telkens ʼn dekade later as dié wat Viljoen en Viljoen (2005) ondersoek. Die doel van hierdie studie is om te bepaal of daar ’n verskil is in die uitbeelding van die vrou in die 1963- en 2013-uitgawes van Huisgenoot, en ook om vas te stel of Viljoen en Viljoen (2005) se gevolgtrekking geldig is vir die 1963 en 2013 Huisgenoot-uitgawes. Twaalf tekste (twee artikels, twee kortverhale en twee advertensies uit elke tydperk) word geanaliseer, met die doel om enige moontlike verandering in die uitbeelding van die vrou aan te dui. Volgens Kress en Van Leeuwen (2001:46) werk die visuele beeld en geskrewe teks saam om sodoende ’n beeld of boodskap oor te dra. Gevolglik is dit nodig om sowel die visuele as die geskrewe komponent van hierdie tekste te bestudeer, ten einde data oor die uitbeelding van die vrou in te win. Bezemer (2012) en Jewitt (2012) noem dat multimodale diskoersanalise (MDA) aanvaar dat kommunikasie en uitbeelding uit meer as slegs taal bestaan en dat ’n verskeidenheid middels gebruik word om betekenis te vorm. Royce (2007) se metode van intersemiotiese komplementariteit binne MDA word in hierdie studie gebruik omdat sy metode juis op Kress en Van Leeuwen (2001) se aanname gebaseer is. Royce (2007) se metode neem ’n aanvang deur die identifikasie van die deelnemers, hul kenmerke, aktiwiteite en omstandighede in die visuele komponent van die teks. Daarna word betekenisverhoudings (sinonimie, antonimie, kollokasie, meronimie en herhaling) gebruik om die geïdentifiseerde deelnemers, hul kenmerke, aktiwiteite en omstandighede in die geskrewe teks uit te lig om sodoende die verband tussen die visuele beeld en geskrewe teks te beskryf. Op hierdie manier kan die algehele boodskap, oftewel die beeld van die vrou, soos deur die teks voorgehou, beskryf word. Die studie kom tot die gevolgtrekking dat die uitbeelding van die ideale vrou se verantwoordelikhede uitgebrei en dus verander het, alhoewel die vrou se rol tóg tot sekere ruimtes beperk word, soos die sigbaarheid van genderstereotipes weerspieël.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/98746
This item appears in the following collections: