Erzahlstrategien und die Frage der Mutterschaft in Die Mittagsfrau von Julia Franck. Eine kritische Analyse des Romans

Kulenkampff, Julia Cheryl Jeanine (2016-03)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2016

Thesis

ENGLISH ABSTRACT : Die Mittagsfrau, (Lady Midday) awarded the Deutscher Buchpreis in 2007, is a novel written at a time when the topic of motherhood was very much a focus of debate in Germany. This novel not only explores and questions the demands and expectations placed on the woman as mother in society, but by destabilizing traditionally held views on motherhood, also contributes positively to the debate by creating an awareness of women’s experiences and their place in contemporary society. It probes the values, expectations and assumptions that society places on motherhood, in particular maternal instinct, motherly love and the role of the mother in a child’s life. The story is (auto-) biographically inspired by an incident in the author Julia Franck’s own family history, where her father was abandoned at the end of the Second World War, on a train station bench by his mother, who promised to return but did not. Unlike Franck’s father’s side of the family, who condemned the Grandmother’s action, the author takes great care not to judge her protagonist Helene, who having unwillingly become a mother, rejects this role by ultimately abandoning her child. Through the thoughtful use of narrative strategies, Julia Franck encourages the reader to decide whether this action that defies explanation may be condoned or condemned. The title of the book is based on a Sorbian legend which promotes the use of speech, maintaining that silence and unarticulated and supressed feelings merely increase trauma. The theme of silence permeates the story and is seen as a destructive force in the protagonist’s life and decision-making. The family story is grounded in the history of Germany during the early twentieth century, where particular yet indirect reference is made to the Weimar republic, the persecution of Jews during the Nazi era, as well as, to the two World Wars. The centre of novel’s enquiry is the protagonist’s life story, which is set as a story within the story (Binnenerzählung). The framing narrative (Rahmenerzählung), a Prologue and Epilogue, gives voice to Peter, the abandoned son. This allows for a shift in perspective, which enables a more balanced and in-depth approach to the enquiry, thus adding additional dimension to how motherhood is portrayed in the novel. The aim of this dissertation is to show that the author not only uses her family story as source and material for her book but also uses it to provide the structure for her story, which in turn influences how the question of motherhood and mothering is approached in the novel. This study examines in detail the narrative strategies that Julia Franck uses to investigate what could have instigated her protagonist’s decision to abandon her child. Attention is given to the narrative perspectives used, the constellation of figures, the configuration of space and the linkage of the private (family) and the public (history). Through a close analysis of text, this study proposes that an alternative interpretation of the novel, to that put forward to date by the relevant secondary literature, is possible.

AFRIKAANSE OPSOMMING : Die Mittagsfrau, (Middagvrou), wat die Deutscher Buchpreis in 2007 ontvang het, is ʼn roman wat geskryf is toe die onderwerp van moederskap ʼn fokuspunt van die openbare debat in Duitsland was. Die roman ondersoek en bevraagteken nie alleen die eise en verwagtinge wat die gemeenskap op die vrou as moeder plaas nie, maar deur destabilisasie van die tradisionele opvattings van moederskap maak dit ook ʼn positiewe bydrae tot hierdie debat deur die bewusmaking van vroue se ervarings en hulle plek in die hedendaagse gemeenskap. Dit ondersoek noulettend die waardes, verwagtings en aannames van die gemeenskap ten opsigte van moederskap, veral die van moederinstink, moederliefde en die rol van die moeder in ʼn kind se lewe. Die verhaal is (outo-) biografies geïnspireer deur ʼn gebeurtenis in die outeur, Julia Franck se eie familiegeskiedenis, toe haar vader deur sy moeder an die einde van die Tweede Wêreldoorlog, op ʼn stasiebank agtergelaat is met die belofte dat sy weer sal terugkeer, maar dit nooit gedoen het nie. Anders as aan Franck se vaderskant van die familie, wat die grootmoeder se optrede sterk veroordeel het, veroordeel die outeur nie vir Helene nie, haar sentrale karakter wat teensinnig ʼn moeder geword het om uiteindelik hierdie rol te verwerp en haar kind aan sy lot oorlaat het. Deur die erudiete gebruik van verhaalstrategieë, inspireer Julia Franck die leser om te besluit of hierdie aksie, wat alle begrip te bowe gaan, vergewe of veroordeel moet word. Die titel van die boek is gebaseer op ʼn Sorbiese legende wat vrye spraak bevorder en betoog dat stilswye en onverwoorde en onderdrukte gevoelens alleenlik trauma verhoog. Die tema van stilswye infiltreer die verhaal en word gesien as ʼn destruktiewe krag in die sentrale karakter se lewe en besluitneming. Die familiegeskiedenis is gevestig in die geskiedenis van Duitsland in die twintigste eeu, met presiese maar indirekte verwysings na die Weimar-republiek, die vervolging van Jode en twee wêreldoorloë. Die fokuspunt van die roman se ondersoek is die sentrale karakter se lewensverhaal wat as ʼn storie binne ʼn storie (Binnenerzählung) geplaas word. Die ramings-narratief (Rahmenerzählung) tesame met ʼn voorspel en ʼn slotrede gee ʼn gespreksgeleentheid aan Peter, die weggooiseun. Dit gee ʼn verskuiwing in perspektief, wat ʼn meer gebalanseerde en omvattende benadering tot die ondersoek moontlik maak ten einde ʼn bykomende dimensie te verleen aan die uitbeelding van moederskap in die roman. Die doel van die verhandeling is om aan te toon dat die outeur nie alleen haar eie familiegeskiedenis as bronmateriaal vir die boek gebruik nie, maar dit ook gebruik om die verhaal te struktureer, wat op sy beurt die vraag oor die benadering tot moederskap en moedersorg in die verhaal beïnvloed. Hierdie studie doen ʼn gedetailleerde ondersoek van die verhaalstrategieë wat Julia Franck gebruik om ondersoek in te stel na die beweegredes wat die sentrale karakter laat besluit het om haar kind aan sy lot oor te laat. Aandag word gegee aan die narratiewe perspektiewe wat gebruik word, die konstellasie van karakters, die konfigurasie van ruimte en die verbinding tussen die private (familie) en die publieke (geskiedenis). Met behulp van ʼn deeglike analise van die teks, voer hierdie studie aan dat ʼn alternatiewe vertolking van die roman moontlik is, wat verskil van dié wat tot op datum deur sekondêre literatuur voorgehou is.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/98660
This item appears in the following collections: