Dokumentasie in die Kontemporêre Opnameproses

Ludik, Ben (2016-03)

Thesis (MMus)--Stellenbosch University, 2015.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Dokumentasiepraktyk in die kontemporêre opnameproses word gestuur óf deur gestandaardiseerde vereistes - gevestig in ’n era waar die tegniese wisselwerking van opnamekuns aansienlik anders was as die hede - óf deur die betrokke tegnikus se onderbewuste kennis van die opnameproses en die dokumentatiewe vereistes daarvan. Die sentrale argument van hierdie tesis is dat aangesien kontemporêre opnamekuns gekenmerk word deur ’n oorvloed van werksvloeimoontlikhede en nuwe komplekse uitdagings bied, aanpasbare dokumentasie-ontwerp ’n beter strategie is as tradisionele dokumentasiepraktyk of individualistiese tegnikusspesifieke dokumentasie om te verseker dat slegs die nodige dokumentasie ingesamel word, op die mees effektiewe manier. Hierdie tipe dokumentasie-ontwerp vind baat by ’n uitgeboude begrip van die verskeie tipe werksvloeimoontlikhede in kontemporêre opnamekuns, asook die verskeie funksies wat dokumentasie het binne hierdie prosesse.

ENGLISH ABSTRACT: Documentation practice, in the context of the contemporary recording process is guided either by a set of standardised requirements - which were established in an era where the technical interactions during the process were considerably different than they are today - or by the involved engineer’s tacit knowledge of different recording processes and their concurrent documentation requirements. The central argument of this thesis is that, considering contemporary recording is characterised by a multitude of different workflow possibilities and therefore poses new and complex challenges, flexible documentation design proves to be a better strategy than either traditional or individualistic documentation practice - especially if the goal is to makes sure that only the necessary documentation is gathered, in the most effecient manner. This kind of documentation design benefits from a fleshed out understanding of different workflow possibilities and the functions that documentation has within some of these different contexts.

Thesis

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/98514
This item appears in the following collections: