'n Ekonomiese en tegniese ondersoek na die Suid-Afrikaanse wingerdkwekerybedryf

Archer, Eben (1976-12)

Thesis

AFRIKAANS: Nadat filloksera die gebruik van geente wingerdstokke teen die einde van die vorige eeu genoodsaak het, was elke produsent op homself toegewys vir die verkryging van geente stokke. Met verloop van tyd is die produksie van geente stokke oorgeneem deur produsente wat beter daarvoor toegerus was en sogenaamde wingerdkwekers het ontstaan. Ten einde gemeenskaplike belange te beskerm het kwekers op 'ngeografiese en/of distriksbasis kWekersverenigings gestig, elkeen waarvan volgens 'n selfneergelegde beleid funksioneer. Die algemene organisasie van die bedryf word deur 'n oorhoofse liggaam, die Suid-Afrikaanse Kwekersvereniging behartig. Hierdie vereniging het sy ontstaan gehad tydens 'n stigtersvergadering wat in Port Elizabeth gedurende 13 en 14 November 1907 gehou is (Behrens, 1976). Lidmaatskap van hierdie vereniging geskied op 'nvrywillige gronds lag en geen kwekersverenigingstaan onder verpligting om aan te sluit nie. Met die doel om beheer oor wingerdkwekerye uit te oefen en omwingerdvoortplantingsmateriaal te verbeter, is die WesKaaplandse Koordinerende Kwekerskomitee in 1964 gestig. Hierdie komitee funksioneer in samewerking met die Suid-Afrikaanse Kwekersvereniging en lidmaatskap van die komitee berus op 'n vrywillige grondslag. Die taak van die wingerdkwekerybedryf is om jaarliks etlike miljoene geente stokke aan die wyn- en tafeldruifbedryf beskikbaar te stel. Die getal geente stokke benodig, hang af van die voorwaardelike kwotatoekennings deur die K.W.V. en die koers van vervanging van ou wingerde. Gedurende die tydperk wanneer die kwotas vol geplant moet word, is die behoefte aan geente stokke heelwat hoer as wat die geval in normale jare is.

OPSOMMING: Die ondersoek van die Suid-Afrikaanse wingerdkwekerybedryf is in twee fases verdeel, naamlik 'n ekonomiese en 'n tegniese deel. Die ekonomiese ondersoek is toegespits op die produksiekoste van geente stokke en die faktore wat dit beinvloed is geevalueer, terwyl die tegniese ondersoek die grondfaktore en produksietegnieke wat 'n invloed op die prestasie van kwekerye mag he, blootgele het. Die ekonomiese ondersoek het getoon dat 'n gemiddelde netto boerdery inkomste van ongeveer R7990 per hektaar deur die Suid-Afrikaanse wingerdkwekerybedryf gerealiseer word, terwyl dit ook die kostestruktuur van die bedryf blootgele het. Hierdeur is 'n maatstaf daargestel waarvolgens die prys van bemarkbare stokke geevalueer kan word. Die ondersoek het dit moontlik gemaak om kostestygings van sekere produksiefaktore te evalueer, terwyl faktore waar faktorsubstitusie moontlik nodig sal word, geidentifiseer is. Gevolglik word beplanning vergemaklik deurdat moontlike knelpunte aan die hg gebring is. Die oorsake van die variasie in produksiekoste per eenheid wat in die bedryf bestaan is vasgestel en dit kan as 'n basis dien waarvolgens kostes verminder en/of inkomste verhoog kan word. Deur interkwekeryvergelykings is verbeterde praktyke en tegnieke vir elke streek geidentifiseer sodat streeksaanbevelingsop 'n beter grondslag geplaas kan word. Terselfdertyd is uitgewys dat sekere streke soos byvoorbeeld die Olifantsrivier- en Swartlandstreke 'n groter potensiaal ten opsigte van die produksie van geente stokke as ander het. Die invloed van verskillende grondeienskappe op kwekeryprestasie is vasgestel en in hierdie verband is bepaal dat dit veral grondfisiese eienskappe is wat 'n rol speel. Dit is aangetoon dat die dreinasie-eienskappe van die B-horison 'n betekenisvolle invloed op vatpersentasie het-en in hierdie verband is dit veral gronddeurlugting en -temperatuur wat 'n rol speel. Dit blyk dat grondtemperatuur tydens die kritiese wortelontwikkelingstadium van geente stokke 'n belangrike invloed op die sukses van 'n kwekery kan he. 'n Ondersoek na kwekerypraktyke het getoon dat besproeiings- en bemestingspraktyke probleme in die bedryf veroorsaak. Besproeiingsfrekwens en hoeveelheid bemesting is twee faktore wat in hierdie verband geidentifiseer is as probleemvelde.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/98256
This item appears in the following collections: