The township startup : a collaboration platform that bridges the gap between developed and developing South Africa

Heyns, Johannes Hendrik (2015-12)

Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2015.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: There exists a massive gap between developed and developing South Africa. This study introduces The Township Startup which explains how this gap can be breached through enterprise engineering and how a platform was developed to do exactly that. The work superimposes human behavioural sciences, a culture of Ubuntu, exponential technologies and transforming entrepreneurial practices to determine how the source of the gap can addressed. A collaborative approach is proposed through which these challenges can be addressed together and highlights the competitive advantages which can be leveraged to do so. BioTRIZ methodology is used to develop a platform which facilitates collaboration through mutually beneficial partnerships between individuals, organisations and educational institutions. The finer details of the platform and how it is prepared for further development and implementation, are explained. An action learning validation process is used to experimentally test whether the platform would work as it is designed to and whether the platform might serve as a potential solution to help breach the gap between developed and developing South Africa.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar is 'n enorme gaping tussen ontwikkelde en ontwikkelende Suid-Afrika. Hierdie studie stel The Township Startup bekend wat verduidelik hoe hierdie gaping oorbrug kan word deur middel van Onderneming Ingenieurswese en hoe 'n platform ontwikkel is om presies dit te doen. Die werk superponeer menslike gedragswetenskappe, 'n kultuur van Ubuntu, eksponensiële tegnologieë en die transformasie van entrepreneuriese praktyke om te bepaal hoe die bron van die gaping aangespreek kan word. 'n Gesamentlike benadering word voorgestel waardeur hierdie uitdagings angespreek kan word en beklemtoon die mededingende voordele wat hierdie benadering aantreklik maak. BioTRIZ metodologie word gebruik om 'n platform te ontwikkel wat samewerking fasiliteer deur wedersydse voordelige vennootskappe tussen individue, organisasies en opvoedkundige instellings. Die fynere besonderhede van die platform en hoe dit voorberei is vir verdere ontwikkeling en implementering word verduidelik. ‘n Aksie-leer validerings proses is gebruik om eksperimenteel te toets of die platform sal werk soos dit ontwerp is om te doen en of die platform mag dien as 'n potensiële oplossing om die gaping tussen ontwikkelde en ontwikkelende Suid-Afrika te oorbrug.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/98049
This item appears in the following collections: