The effect of moderate-intensity resistance training on health-related outcomes in older adults
Date
2015-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The inclusion of resistance training as part of an exercise program to improve and maintain
health, and prevent disease in older adults, has been endorsed by the American Heart
Association, American College of Sport Medicine, and the American Diabetes Association
(Nelson et al., 2007; Braith & Stewart, 2006). However, relevant research is limited in healthy
sedentary older adults. The literature also provides contradicting evidence regarding the effect
of resistance training to improve health and functional status in older adults. The purpose of
this study was to investigate the effect of moderate-intensity resistance training on healthrelated
outcomes in healthy sedentary older adults.
Forty-one healthy sedentary individuals were randomly assigned to either an experimental
(RESIS) or control group (CON). The RESIS (women: n = 15, 61.47 ± 4.98 yrs; men: n = 7,
64.29 ± 5.41 yrs) participated in a supervised 16-week moderate-intensity resistance training
intervention. The intervention consisted of seven resistance exercises performed for three
sets, of increasing resistance (50%, 75% and 100% of 10-RM), of 10 repetitions for each
exercise, 3 sessions per week. The CON (men: n = 8, 63.00 ± 5.35 yrs; women: n = 11, 62.09
± 6.20 yrs) did not participate in an intervention. Variables assessed pre-, and post-intervention
included body composition, blood lipid profile, 10-RM bench press and incline leg press,
functional capacity via the Timed-Up-and-Go (TUG) test and perceived health status via the
SF-36 health survey.
The results showed that moderate-intensity resistance training significantly improve body
composition and functional outcomes. However, no significant improvements were evident in
blood lipid profile. Practically significant increases in percentage muscle mass (ES = 0.81), fatfree
mass (ES = 0.62), and resting energy expenditure (ES = 0.64) were observed. Practically
significant decreases in body fat percentage (ES = 0.78), total body (ES = 0.70) and abdominal
fat mass as measured by waist circumference (ES =0.83) were also evident. Upper- and lower
body strength increased significantly by 37% and 167%, respectively (p < 0.0001) and
functional capacity was significantly improved (p < 0.05). The results also demonstrated
significant improvements in the physical functioning domain of the SF-36 health survey (P <
0.05).
Sixteen weeks of moderate-intensity resistance training was shown to be an effective training
method to improve health status and prevent obesity by improving body composition in healthy
sedentary older adults. Moderate-intensity resistance training was also beneficial to improve
physical performance and functional status in healthy sedentary older adults. However, moderate-intensity resistance training was not a sufficient stimulus to improve blood lipid
profile in this population group.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die insluiting van weerstandsinoefening as deel van ʼn oefenprogram om gesondheid te verbeter en te onderhou, en om siekte onder ouer volwassenes te voorkom, is deur die American Heart Association, American College of Sport Medicine, en die American Diabetes Association onderskryf (Nelson et al., 2007; Braith & Stewart, 2006). Relevante navorsing oor gesonde onaktiewe ouer volwassenes is egter beperk. Die literatuur bevat ook teenstrydige bevindinge met betrekking tot die effek van weerstandsinoefening op die verbetering van ouer volwassenes se gesondheid en funksionele status. Die doel van die studie was om die effek van weerstandsinoefening van matige intensiteit op die gesondheidsverwante uitkomste by gesonde onaktiewe ouer volwassenes te ondersoek. Gesonde onaktiewe individue (n = 41) is ewekansig aan òf ʼn eksperimentele (RESIS) òf ʼn kontrole groep (CON) toegeken. Die RESIS (dames: n = 15, 61.47 ± 4.98 jr; mans: n = 7, 64.29 ± 5.41 jr), het onder toesig aan ’n 16-week weerstandsinoefening intervensie van matige intensiteit deelgeneem. Die intervensie het bestaan uit sewe weerstandsoefeninge wat in drie stelle elk, met toenemende weerstand (50%, 75% en 100% van 10-RM), van 10 repetisies vir elke oefening, 3 sessies per week, uitgevoer is. Die CON (mans: n = 8, 63.00 ± 5.35 jr; dames: n = 11, 62.09 ± 6.20 jr), het nie aan ’n intervensie deelgeneem nie. Die veranderlikes wat voor en na die intervensie geassesseer is, het liggaamsamestelling, bloed lipied profiel, 10-RM bench press en incline leg press, funksionele kapasiteit met behulp van die Timed-Up-and-Go (TUG) toets en waarneembare gesondheidstatus met behulp van die SF-36 gesondheidsvraelys, ingesluit. Die resultate toon dat weerstandsinoefening van ʼn matige internsiteit die voordeel inhou dat dit liggaamsamestelling en funksionele uitkomste betekenisvol kan verbeter. Geen betekenisvolle verbeterings is egter in die bloed lipied profiel gevind nie. Prakties betekenisvolle toenames in persentasie spiermassa (ES = 0.81), vet-vrye massa (ES = 0.62) en rustende energie-verbruik (ES = 0.64) is waargeneem. Prakties betekenisvolle afnames in liggaamsvet persentasie (ES = 0.78), totale liggaam (ES = 0.70) en abdominale vet-massa soos gemeet deur middel-omtrek (ES =0.83) was ook duidelik. Liggaamskrag van die boonste en onderste ekstremiteite het betekenisvol (p < 0.0001) met 37% en 167% onderskeidelik toegeneem en funksionele kapasiteit het betekenisvol verbeter (p < 0.05). Die resultate het ook betekenisvolle verbeterings in die fisieke funksionering domein van die SF-36 gesondheidsvraelys getoon (p < 0.05). Die resultate toon dat die 16-week weerstandsinoefening intervensie, van gematigde intensiteit, ʼn effektiewe inoefeningsmetode is om die gesondheidstatus te verbeter en om obesiteit te voorkom deur die liggaamsamestelling by gesonde onaktiewe ouer volwassenes te verbeter. Die intervensie van matige intensiteit was ook tot voordeel om fisieke prestasie and funksionele status by gesonde onaktiewe ouer volwassenes te verbeter. Weerstandsinoefening van matige intensiteit was nie ʼn voldoende stimulus om die bloed lipied profiel in hierdie populasie groep te verbeter nie.

Description
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2015.
Keywords
Physical fitness for older people, Physical education and training, Older people -- Health and hygiene, UCTD