An interactive construction deployment planning model for the SKA project

Rens, Johannes Petrus (2015-12)

Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2015.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The Square Kilometre Array (SKA) is a global project to build the world’s largest telescope that stretches over at least 3000 km. There is a number of factors that need to be considered during the planning of the construction deployment of the SKA antenna foundation infrastructure on a site as enormous as SKA. This study presents (1) a review on alternative approaches to increase the construction operational and resource efficiency by means of an optimization planning model; and (2) the development of a construction deployment planning tool which can be used by a construction manager during the site layout planning and the scheduling of repetitive activities. The developed prototype decision support software is designed as an interactive management system that provides a graphical user interface and 2D visual communication. This approach allows for human judgement and the experience of an expert to be captured during the site layout planning and scheduling of the repetitive construction activities. The construction deployment planning model describes the integration of a simulation-based site layout planning (SLP) model and a repetitive project scheduling (RPS) model. The simulation-based SLP model facilitates the manual optimization of the site layout. The optimization procedure is performed with a series of “what if” analyses during the layout of temporary construction facilities in order to minimize site transportation cost/time, site establishment cost and to improve the efficiency of material handling on site. The model makes use of unique concepts to connect material sources (temporary facilities) and demand destination on site in a continuous 2D space. It is these connections that determine the dynamic flow of resources between temporary construction facilities and demand destination. The RPS model facilitating the manual optimization of multiple objectives (1) minimizes the project duration; (2) maximizes resource utilization; while (3) maintaining a feasible labour cost. The RPS model automatically generates a project schedule by utilizing a flexible algorithm for resource-driven scheduling. The algorithm identifies the scheduled starting and finishing times for each activity in the repetitive units. The algorithm allows for: (1) multiple activity crew assignment to perform work simultaneously; and (2) the assignment of a specific crew work interruption time. The model uses unique concepts to facilitate integration of site layout planning, material supply and project scheduling. These concepts allow for automatic scheduling of the activities at any number of repetitive units and integrating the activity information at a repetitive unit with the material supply information (i.e. concrete, steel, shutters etc.) at the demand destination. Accordingly, the impact of a site layout on the project schedule can be shown.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Square Kilometre Array (SKA) is `n wêreldwye projek om die wêreld se grootste teleskoop, wat minstens oor 3000 km strek, te bou. Daar is `n aantal faktore wat in ag geneem moet word tydens die beplanning van die konstruksie van die antenna fondamente, op `n terrein so enorm soos SKA. Hierdie studie bied (1) `n oorsig oor alternatiewe benaderings deur middel van `n optimeringsmodel, tot die verbetering van konstruksie en hulpbron-doeltreffendheid; en (2) die ontwikkeling van `n model wat deur `n konstruksie-bestuurder gebruik kan word tydens die beplanning van die terreinuitleg en skedulering van die herhalende aktiwiteite. Die ontwikkelde prototipe sagteware kan gebruik word om besluite te ondersteun en is daarom ontwerp as `n interaktiewe stelsel wat `n grafiese gebruikerskoppelvlak en 2D visuele kommunikasie bied. Hierdie interaktiewe benadering maak voorsiening dat menslike oordeel en die ervaring van `n kenner in die model opgeneem kan word. Die konstruksie-ontplooing beplanningsmodel beskryf die integrasie van n “Site Layout Planning (SLP)” model en `n “Repetitive Project Scheduling (RPS)” model. Die simulasie-gebaseerde SLP model fasiliteer die optimering van die konstruksie terrein deur die gebruiker. Die optimeringsprosedure word uitgevoer met `n reeks "sê-nou-maar" ontledings tydens die plasing van die verskeie tydelike konstruksie-fasiliteite op die terrein. Die fasiliteite word geplaas en gerangskik om die vervoertyd en -koste, en die konstruksieterrein vestigingskoste te minimeer, asook om die doeltreffendheid van materiaalhantering op die terrein te maksimeer. Die model maak gebruik van unieke konsepte om materieële bronne (tydelike fasiliteite) en bestemmings te koppel in `n deurlopende 2D ruimte op die terrein. Dit is hierdie verbindings wat die dinamiese vloei van hulpbronne tussen tydelike konstruksiefasiliteite en bestemmings (antennafondamente) bepaal. Die RPS model fasiliteer die optimering van die projekskedule in terme van veelvuldige doelwitte: (1) verminder die konstruksie tydperk; (2) maksimeer hulpbronbenutting; en (3) die handhawing van `n uitvoerbare arbeidskoste. Die RPS model genereer outomaties die projek- skedule deur gebruik te maak van `n hulpbron-gedrewe skedulering-algoritme. Die algoritme identifiseer die geskeduleerde begin en eindtye vir elke aktiwiteit in die herhalende eenhede. Die algoritme maak dit moontlik dat: (1) aktiwiteite gelyktydig deur verskeie spanne uitgevoer word; en om (2) `n spesifieke werk-onderbrekingstyd aan werkspanne te spesifiseer. Die model maak gebruik van unieke konsepte om die integrasie van die terreinuitleg, beplanning, materiaal verskaffing en projekskedulering te fasiliteer. Gevolglik kan die impak van `n konstruksieterrein uitleg op die projekskedule aangetoon word.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/97941
This item appears in the following collections: