The salva rei substantia requirement in personal servitudes

Grobler, Lizette (2015-12)

Thesis (LLD)--Stellenbosch University, 2015

Thesis

ENGLISH ABSTRACT : The research question addressed in this dissertation is whether sufficient reasons exist for embracing a flexible approach to the salva rei substantia requirement in usufruct law. In South African law the requirement is generally approached in a rigid way, although there seems to be indications that an equitable outcome would be favoured where a usufructuary is vulnerable and subject to unreasonable treatment. A shift towards a flexible approach finds some support from comparative, policy, theoretical and constitutional considerations. Comparative law indicates that the nature of and conceptions regarding family wealth have changed to promote support of the surviving spouse. Additionally, pragmatic considerations require empowering the usufructuary to allow for the development of usufructuary property to maintain or increase its value. Theoretical arguments also support a shift to flexible rules for the sake of efficiency and sharing. As an example of governance property, usufructuary property requires flexible governance norms and coordination devices. Finally, non-property constitutional provisions require a mandatory shift to a flexible approach in certain circumstances. This shift would entail enlarging exceptions to the obligations of the usufructuary or not enforcing those obligations strictly, especially when it would result in termination of a usufruct. A shift towards greater flexibility would result in a deprivation of the bare owner’s property right, but this deprivation would not be arbitrary. Courts have the common law power to develop the law of usufruct to bring about the required shift.

AFRIKAANSE OPSOMMING : Die navorsingsvraag in hierdie proefskrif is of daar voldoende redes bestaan om ’n buigsame benadering tot die salva rei substantia-vereiste ten aansien van vruggebruik te volg. In die Suid-Afrikaanse reg word die vereiste meestal op ’n rigiede wyse benader. Daar is egter aanduidings dat howe voorkeur sal verleen aan ’n billike uitkoms waar ’n vruggebruiker weerloos is en onderwerp word aan onredelike behandeling. ’n Skuif na ’n billike benadering word ook ondersteun deur regsvergelykende, beleids-, teoretiese en grondwetlike oorwegings. Regsvergelyking toon dat die aard van opvattings rakende familiewelvaart sodanig verander het dat die onderhoud van die langslewende toenemend bevorder word. Vir pragmatiese redes is dit ook nodig om die vruggebruiker te bemagtig om vruggebruikseiendom te ontwikkel sodat die waarde daarvan in stand gehou kan word of kan toeneem. Teoretiese argumente ondersteun ook ’n skuif na ’n buigsame benadering om doeltreffendheid en gedeelde gebruik van eiendom te bevorder. As ’n voorbeeld van bestuurseiendom vereis vruggebruik buigsame bestuurs- en koördineringsmeganismes. Ten slotte skryf nie-sakeregtelike grondwetlike bepalings ’n verpligte skuif na ’n buigsame benadering voor in bepaalde omstandighede. Hierdie skuif behels die uitbreiding van uitsonderings op vruggebruikersverpligtinge of dat die verpligtinge nie streng afgedwing word nie, veral as dit beëindiging van ’n vruggebruik beteken. ’n Verskuiwing na groter buigsaamheid sal tot gevolg hê dat die blooteienaar van ’n saaklike reg ontneem word, maar die ontneming sal nie arbitrêr wees nie. Die howe beskik oor die gemeenregtelike bevoegdheid om die vruggebruiksreg te ontwikkel en die vereiste verskuiwing teweeg te bring.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/97879
This item appears in the following collections: