Die bydrae van gevestigde maatskaplike diensorganisasies tot die kapasiteitsbou van informele gemeenskapsgebaseerde organisasies

Boshoff, Shanie (2015-12)

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2015.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Large-scale poverty and increasing needs prevail in South Africa. The National Department of Social Development has the constitutional mandate to provide sector-spesific national leadership in social development. Despite the Department of Social Development’s intention to restructure the social service delivery system from 1997 and although established social service organisations, as well as informal community-based organisations (CBOs), are regarded as being valuable resources of service delivery to communities at risk, all these organisations are threatened by serious challenges. Established social service organisations that provide and maintain a significant portion of the social welfare services in South Africa, are at present – despite their efficient management - engulfed in a grim battle for survival. CBOs which form an integral part of communities at risk are still excluded from State financing because they do not comply with the basic requirements of management. The Financing Policy (2012a) of the Department of Social Development indicates that the State aims to redirect its financing from established social service organisations to CBOs and to demand that established organisations build the capacity of CBOs in addition to their own direct service delivery to those at risk. An investigation into the capacity-building of CBOs within the South African context is therefore at the same time both relevant and important. The purpose of this study is to develop understanding for the contribution that established social service organisations in South Africa already make to the capacity-building of CBOs. The investigation not only provides information on the nature of this capacity-building, but also focuses attention on the many challenges experienced and the demands made of social service providers. Firstly, the approach that the State follows in respect of social service delivery and the re-structuring of the existing social service delivery system is investigated and contextualised. On the one hand, the nature of both established and informal social service providers as well as the critical role both fulfil in sustainable social development is examined. On the other hand, the approach that the South African government follows in social service delivery and the restructuring of the social service delivery system is critically explored. What became evident was that the South African government adopted the international theory of the social development approach as its underlying paradigm to construct its own developmentally oriented approach to social service delivery (including the capacity-building of CBOs). As social service delivery needs to be aligned with this approach, the social development approach is therefore being regarded as the appropriate approach within which to analyse the capacity building of CBOs. This study however also indicates that there is uncertainty with regard to the manner in which this approach should be implemented in practice. Secondly, the Department of Social Development’s policy concerning the capacity-building of CBOs by established social service organisations is analysed critically taking into account the following aspects: the State’s policy, the social development approach to the capacity-building of CBOs that is followed, and its application in practice. This analysis shows that the capacity-building of CBOs is directly linked to the social development approach followed in South Africa. It promotes citizen participation by establishing cost-effective and accessible resources in communities that enable people to improve the well-being of citizens and stimulates self-sustainability. Thirdly, the concept “capacity-building of CBOs” is contextualised by providing a theoretical framework for sustainable social development and organisational management and development. The appropriate theories and models of organisational capacity-building are described in this study based on a social development approach and existing models of institutional capacity-building are compared. The theoretical information is then empirically explored and analysed. Qualitative research was chosen as the approach to explore the contributions of established social service organisations to the capacity-building of CBOs in the social welfare sector and to establish the link with the social development approach as it is applied in South Africa. At the same time capacity-building of CBOs by established social service organisations is analysed and described. A case study was used as the research strategy by using NACOSS (National Coalition of Social Services) as a discussion forum of established social service providers in South Africa. A purposive non-probability sample selection was used to select participants. Nine NACOSS members indicated in a survey that they are already involved in the capacity-building of CBOs and they agreed to participate in the study. Data was collected on two levels. Firstly, interviews were conducted with two groupings of the established social service organisations on the basis of semi-structured interview schedules, namely with 8 chief executive officers and with 15 social workers who are already building CBOs’ capacities. After this, interviews were conducted with the 9 identified representatives of the CBOs whose capacities were being built by the participating service organisations. The original semi-structured interview schedule for CBOs had already been adjusted at the beginning of the survey to accommodate more general narratives from CBOs’ experiences of capacity-building as it appeared to be a more effective way to obtain the information from CBOs.

AFRIKAANSE OPSOMMING: In Suid-Afrika heers daar grootskaalse armoede en toenemende nood. Die grondwetlike mandaat van die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling is om sektor-spesifieke nasionale leierskap in maatskaplike ontwikkeling te bied. Nieteenstaande die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se voorneme om vanaf 1997 die maatskaplike diensleweringsisteem te herstruktureer en hoewel sowel gevestigde maatskaplike diensorganisasies as informele gemeenskapsgebaseerde organisasies (IGO’s) beskou word as waardevolle hulpbronne van dienslewering aan kwesbare gemeenskappe, word albei deur ernstige uitdagings bedreig. Hoewel die gevestigde maatskaplike diensorganisasies, wat ’n beduidende gedeelte van die maatskaplike welsynsdienste in Suid-Afrika verskaf en in stand hou, is hulle tans – ten spyte van hul effektiewe bestuur − in ’n ernstige finansiële oorlewingstryd gewikkel. IGO’s wat integraal deel vorm van kwesbare gemeenskappe, word stééds uitgesluit van staatsfinansiering omdat hulle nie aan die basiese staatsvereistes ten opsigte van bestuur voldoen nie. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se finansieringsbeleid (2012a) dui daarop dat die Staat ten doel het om hul finansiering van die gevestigde maatskaplike diensorganisasies te herlei na IGO’s en te vereis dat gevestigde organisasies naas hul direkte dienslewering aan kwesbares ook die kapasiteit van IGO’s bou. ’n Ondersoek na die kapasiteitsbou van IGO’s is dus nie alleen op sigself relevant nie, maar ook binne die die breër Suid-Afrikaanse konteks belangrik. Die doel van hierdie studie is om begrip te ontwikkel vir die bydrae wat Suid-Afrikaanse gevestigde maatskaplike diensorganisasies alrééds lewer in die kapasiteitsbou van IGO’s. Hierdie bydrae bied nie alleen inligting oor die aard van die kapasiteitsbou wat gelewer word nie, maar vestig ook die aandag op sowel die talle uitdagings in kapasiteitsbou wat aan maatskaplike diensverskaffers gerig word as aan die eise wat aan hulle gestel word. Eerstens is die benadering wat die Staat volg ten opsigte van maatskaplike dienslewering en die herstrukturering van die bestaande maatskaplike diensleweringsisteem ondersoek en gekontekstualiseer. Aan die een kant is nie alleen die aard van sowel die gevestigde as die informele diensverskaffers ondersoek nie, maar ook die kritieke rol wat albei in volhoubare ontwikkeling speel. Aan die ander kant is die benadering wat die Suid-Afrikaanse regering in maatskaplike dienslewering en die herstrukturering van die maatskaplike diens-leweringsisteem volg, krities verken. Daar is bevind dat die Suid-Afrikaanse regering die internasionale teorie oor die maatskaplike ontwikkelingsgerigte benadering as paradigma geneem het en daarop sy eie ontwikkelingsgerigte benadering tot maatskaplike dienslewering (wat die kapasiteitsbou van IGO’s insluit) gebaseer het. Hierdie benadering word gevolg in dienslewering aan kwesbares. Die maatskaplike ontwikkelingsgerigte benadering word dus as die gepaste benadering beskou om die kapasiteitsbou van IGO’s te analiseer, alhoewel dit ook uit hierdie studie blyk dat onduidelikheid steeds in die praktyk heers oor die wyse waarop hierdie benadering toegepas moet word. Tweedens is die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se beleid ten opsigte van die kapasiteitsbou van IGO’s deur gevestigde maatskaplike diensorganisasies krities ontleed met inagneming van die volgende aspekte: die staatsbeleid, die ontwikkelingsgerigte maatskaplike benadering tot die kapasiteitsbou van IGO’s wat gevolg word en die toepassing daarvan in die praktyk. Hierdie ontleding het uitgewys dat die kapasiteitsbou van IGO’s direk verband hou met maatskaplike welsyn en die ontwikkelingsgerigte benadering tot welsynsdienste wat in Suid-Afrika gevolg word. Dit bevorder burgerlike deelname deur koste-effektiewe en toeganklike hulpbronne in gemeenskappe daar te stel om mense in staat te stel om die welstand van landsburgers te verbeter en selfvolhoubaarheid in die hand te werk. Derdens is die begrip “kapasiteitsbou van IGO’s” gekontekstualiseer deur ’n teoretiese raamwerk te verskaf as volhoubare maatskaplike ontwikkeling en organisasiebestuur en -ontwikkeling. Die toepaslike teorieë en modelle oor organisatoriese kapasiteitsbou is vanuit ’n maatskaplike ontwikkelingsgerigte benadering in hierdie studie beskryf en bestaande modelle van institusionele kapasiteitsbou is vergelyk. Die teoretiese inligting is daarna empiries verken en geanaliseer. Kwalitatiewe navorsing is as benadering gekies om die bydrae van gevestigde maatskaplike diensorganisasies tot die kapasiteitsbou van IGO’s in die welsynsektor te verken en die verband te lê met die maatskaplike ontwikkelingsgerigte benadering soos dit toegepas word in Suid-Afrika. Kapasiteitsbou van IGO’s deur gevestigde maatskaplike diensorganisasies is terselfdertyd verken en beskryf. ’n Gevallestudie is as navorsingstrategie benut deur gebruik te maak van NACOSS (National Coalition of Social Services) as gespreksforum van gevestigde maatskaplike diensverskaffers in Suid-Afrika. ’n Doelbewuste niewaarskynlike steekproefseleksie is gebruik om deelnemers te kies. Nege NACOSS-lede het in ’n opname aangedui dat hulle reeds by die kapasiteitsbou van IGO’s betrokke is en het ingestem om aan die studie deel te neem. Data is op twee vlakke ingesamel. Eers is onderhoude met twee groeperinge van die gevestigde maatskaplike diensorganisasies aan die hand van semi-gestruktureerde onderhoudskedules gevoer, naamlik onderskeidelik met 8 hoof uitvoerende beamptes en met 15 maatskaplike werkers wie reeds die kapasiteite van IGO’s bou. Daarna is onderhoude gevoer met die geïdentifiseerde 9 verteenwoordigers van die IGO’s wie se kapasiteit deur die deelnemende diensorganisasies gebou word. Die oorspronklike semi-gestruktureerde onderhoudskedule vir IGO’s is reeds aan die begin van die opname aangepas na meer algemene vertellings oor IGO’s se ervaringe van kapasiteitsbou, omdat dit geblyk het ’n meer effektiewe manier te wees om inligting vanaf die IGO’s te verkry. Die volgende hoofbevindings en hoofaanbevelings word na aanleiding van hierdie studie gemaak: • Kapasiteitsbou van IGO’s, soos dit tans geoperasionaliseer word in ontwikkelingsgerigte maatskaplike werk deur gevestigde diensorganisasies, vorm ’n inherente deel van maatskaplike ontwikkeling. Kapasiteitsbou van IGO’s is dus eerder ’n maatskaplikewerk-intervensie as suiwer organisasie-ontwikkeling en word tans as sodanig deur gevestigde diensorganisasies geïnterpreteer en toegepas. Die teikengroep van kapasiteitsbou van IGO’s as ’n maatskaplikewerk-intervensie is dus gerig op informele sisteme of instansies binne kwesbare gemeenskappe. • Kapasiteitsbou vind in die praktyk baie meer elementêr plaas as wat die teorie of die beleid daaroor voorgee. Wat nodig is, is dat dat gevestigde maatskaplike diens-organisasies voortbou op die konseptuele raamwerk vir kapasiteitsbou van IGO’s wat in hierdie studie geformuleer word. Gevestigde maatskaplike diensorganisasies kan die konseptuele raamwerk in die praktyk toets en aanpas waar nodig, sodat hierdie vorm van maatskaplikewerk-intervensie meer gestruktureerd kan plaasvind. • IGO’s se dringende behoefte aan deurlopende praktykgerigte ondersteuning van diensorganisasies is duidelik en bevestig die noodsaaklikheid dat hierdie tipe ondersteuning ‘n integrale deel van die kapasiteitsbou-proses van IGO’s vorm. In dié opsig is gevestigde maatskaplike diensorganisasies uitstekend geposisioneer om ’n waardevolle bydrae tot kapasiteitsbou van IGO’s te lewer. • Vanweë die omvangrykheid van uitdagings in dienslewering behoort die Staat eerder die diensorganisasies as hulpbronne in die herstrukturering van die Suid-Afrikaanse diensleweringsisteem te sien as om te beoog om finansiering vanaf noodsaaklike dienste deur die gevestigde sektor na die informele sektor te herlei. Konstruktiewe gesprekvoering tussen die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en die gevestigde maatskaplike diensorganisasies is deurslaggewend vir die opbou van ‘n effektiewe maatskaplike diensleweringsisteem.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/97860
This item appears in the following collections: