Re-interpreting English for academic purposes in a trinational Bachelor's degree in Business Administration
Date
2015-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study investigates the conceptualisation of the English curriculum in a trinational and
trilingual Bachelor's programme in Business Administration shared between France, Germany
and Switzerland, and seeks to understand the influences that have led to the curriculum taking
its current form. A challenge confronting the study is that there are conflicting notions of best
practice, even if one accepts that the curriculum should include some element of academic
language support, or preparation for the world of work. In order to shed light on this issue, the
literature review investigated trinational language policy in respect of macro (supranational),
meso (national and regional) and micro (institutional) levels. This approach itself raised a
further question, namely whether the language policy landscape would reveal consistent
development of policy from level to level. To address these questions, the study considered
two data sets, firstly relevant documents from the language policy landscape and secondly
English curricula from the trinational Bachelor's programme in Business
Administration. Significant themes identified from the policy review were used as themes
that informed a content analysis of the English language curricula in the trinational
programme. It was revealed that in the trinational context, the existence of a coherent policy
continuum was doubtful, and that other factors may have influenced the conceptualisation of
the curriculum, including policies such as the Bologna Declaration which were not primarily
intended to apply to language issues. To investigate another possible influence on the
language curriculum, the study turned its attention to teacher agency. Teacher agency was
revealed to be a de facto influence on the language curriculum at micro level. Where
institutional policy is concerned, it has been argued that micro-level language planning has
received comparatively little critical attention and that it should therefore be the object of
further research.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die konseptualisering van die Engelse kurrikulum in 'n trinasionale en drietalige BA in Besigheidsadministrasie gedeel tussen opvoedkundige instellings in Frankryk, Duitsland en Switserland, en probeer om die invloede wat gelei het tot die huidige vorm van die kurrikulum te verstaan. 'n Uitdaging vir die studie is dat daar teenstrydige begrippe van beste praktyk bestaan, selfs as 'n mens aanvaar dat die kurrikulum sekere elemente van akademiese taalondersteuning of voorbereiding vir die wêreld van werk behoort te bevat. Om lig op hierdie kwessies te werp, het die literatuuroorsig trinasionale taalbeleid op makro- (supra), meso- (nasionale en plaaslike) en mikro- (institusionele) vlakke ondersoek. Hierdie benadering roer 'n verdere vraagstuk aan, naamlik of die taalbeleidveld konsekwent beleidontwikkeling van vlak tot vlak openbaar. Om hierdie vrae aan te spreek, het die studie twee groepe data ontleed, eerstens relevante dokumente uit die taalbeleidveld en tweedens Engelse kurrikula uit die trinasionale BA-program in Besigheidsadministrasie. Beduidende temas wat uit die beleidoorsig geïdentifiseer is, is gebruik as tematiese raamwerk vir 'n inhoudsanalise van die Engelse taalkurrikulums in die trinasionale program. Die analise het aan die lig gebring dat, in die trinasionale konteks, die bestaan van 'n samehangende beleidkontinuum betwyfel kan word; verder kon ander faktore moontlik die konseptualisering van die kurrikulum beïnvloed, insluitend beleide soos die Bologna-verklaring wat nie primêr bedoel was om taalkwessies aan te spreek nie. Om ander moontlike invloede op die taal kurrikulum te ondersoek, het die studie op die onderwyser as agent gefokus. Die aksie van die onderwyser kan 'n praktiese invloed op die taalkurrikulum op mikrovlak hê. Wat institusionele beleid betref, is dit aangevoer dat mikro-vlak taalbeplanning relatief min kritiese aandag ontvang het en dat dit dus die fokus van verdere navorsing behoort te wees.

Description
Thesis (DEd)--Stellenbosch University, 2015.
Keywords
English language -- Study and teaching (Higher), Linguistics -- Study and teaching (Higher), Academic language -- Study and teaching (Higher), Language arts, Language and eductaion, UCTD