Die rol van maatskaplike werkers in rehabilitasiesentrums vir alkohol-afhanklikheid : 'n ekologiese perspektief

Date
2015-04
Authors
Vrolijk, Leandri
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Alcohol is the substance that people throughout the world abuse most often. South Africa has one of the highest alcohol use level with more than 30% of the population struggling with alcohol-related problems (Telesure, 2010; Nevid et al., 2008: 297; Pisa et al., 2010:4). Statistics showed that approximately 17,5 million South Africans are affected by alcohol, but many more South Africans’ lives are completely disrupted through constant, direct daily contact with the individual abusing alcohol like a parent or life partner (Telesure, 2010). Due to this, alcohol dependency is classified as a family illness in the medical circles and by society. Alcohol dependency can tear families apart and disrupt family dynamics and –processes including rules, rituals, routines, communication, social life, finances, homeostasis and family roles (Stepping Stones, 2013). Alcohol dependency has a great impact on the functioning and existence of a family and to restore the damage alcohol dependency creates in a family, the family should play an important role in the rehabilitation process of the alcohol dependent. This study, therefore, had the goal to determine the role of a social worker in a rehabilitation centre for alcohol dependents from an ecological perspective. A combination of quantitative and qualitative research was used in this study. Furthermore, an exploratory and descriptive research design was used during the research because the available literature showed a lack of information concerning the role of the social worker in a rehabilitation centre for alcohol dependents. A purposeful sample, namely probability sampling, was used to identify participants. The researcher could, therefore, choose participants who qualified for inclusion. The data was collected using a semi-structured questionnaire during 23 individual interviews. An overview of the participants’ beliefs and opinions concerning the subject of the study was gained. The questionnaire consisted of open- and closed questions and was based on information obtained from the literature study. Data from the semi-structured questionnaire was processed and analysed and the results of this empirical study were used as basis for the conclusion and recommendations made in this study. The main findings showed that there is a need for family counselling during a rehabilitation programme for alcohol dependents since there is a definite lack of involvement of the family during the rehabilitation process for alcohol dependents. Further findings showed that rehabilitation programmes mainly provide individual counselling to alcohol dependents and minimal focus and attention is given to the family and after care services. The most important recommendation of this study is that social workers should use the ecological perspective when providing services to alcohol dependents. This perspective can ensure that the necessary services are delivered to effectively address alcohol dependents during a rehabilitation process. Recommendations also showed that social workers should involve the family more during a rehabilitation programme since the support of a family plays an important role during the rehabilitation process.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Wêreldwyd is alkohol die middel wat deur die meeste misbruik word en Suid-Afrika het een van die hoogste alkohol inname syfers, met meer as 30% van die bevolking wat sukkel met alkohol-verwante probleme (Telesure, 2010; Nevid et al., 2008: 297; Pisa et al., 2010:4). Statistiek dui daarop dat sowat 17,5 miljoen Suid-Afrikaners deur die inname van alkohol geaffekteer word, maar baie meer Suid-Afrikaners se lewens word egter totaal ontwrig weens konstante, direkte daaglikse kontak met die individu wat alkohol misbruik soos byvoorbeeld ’n ouer of lewensmaat (Telesure, 2010). Weens hierdie spesifieke rede word alkohol-afhanklikheid in mediese kringe en in die samelewing as ’n gesinsiekte geklassifiseer. Alkohol-afhanklikheid kan gesinne uitmekaar skeur en veroorsaak dat die gesinsdinamika en –prosesse, soos byvoorbeeld die reëls, rituele, roetines, kommunikasie, sosiale lewe, finansies, homeostase en gesinsrolle, totaal ontwrig word (Stepping Stones, 2013). Alkohol-afhanklikheid het sodoende ’n geweldige impak op die funksionering en voortbestaan van ’n gesin, en om die skade wat alkohol-afhanklikheid in ’n gesin veroorsaak te herstel, behoort die gesin ’n belangrike rol te speel in die rehabilitasieproses van die alkohol-afhanklike. Hierdie studie het daarom ten doel gehad om die rol van ’n maatskaplike werker in ’n rehabilitaisiesentrum vir alkohol-afhanklikes vanuit ’n ekologiese perspektief te bepaal. ’n Kombinasie van kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsbenaderings is in hierdie studie benut. Verder is daar tydens hierdie ondersoek ’n verkennende en beskrywende navorsingsonderwerp gebruik, aangesien die beskikbare literatuur ’n gebrek aan inligting rakende die rol van ’n maatskaplike werker in ’n rehabilitasiesentrum vir alkohol-afhanklikes toon. Daar is gebruik gemaak van ’n doelbewuste steekproefmetode, naamlik die nie-waarskynlikheidsteekproef, om deelnemers te identifiseer. Die navorser kon dus die deelnemers kies wat aan die kriteria vir insluiting voldoen. Die data is ingevorder deur die gebruik van ’n semi-gestruktureerde vraelys, tydens 23 individuele onderhoude. ’n Geheelbeeld van die deelnemers se oortuigings en menings aangaande die onderwerp van die studie is verkry. Die samestelling van die vraelys bestaan uit oop- en geslote vrae en berus op inligting wat uit die literatuurstudie verkry is. Data van die semi-gestruktureerde vraelyste is verwerk en geanaliseer en die resultate van die empiriese ondersoek is as basis gebruik vir die gevolgtrekkings en aanbevelings wat in hierdie studie gemaak is. Die hoofbevindinge dui op ’n behoefte aan gesinsberading tydens ’n rehabilitasieprogram vir alkohol-afhanklikes aangesien daar ’n definitiewe gebrek aan die betrokkenheid van die gesin tydens ’n rehabilitasieprogram vir alkohol-afhanklikes is. Verdere bevindinge dui daarop dat rehabilitasieprogramme grootliks op individuele berading aan die alkohol-afhanklike fokus en minimale aandag word aan die gesin en nasorgdienste gegee. Die belangrikste aanbeveling van hierdie studie is dat maatskaplike werkers die ekologiese perspektief moet gebruik tydens dienste wat aan alkohol-afhanklikes gelewer word. Hierdie perspektief kan verseker dat die nodige dienste gelewer word om alkohol-afhanklikheid tydens ’n rehabilitasieprogram effektief aan te spreek. Aanbevelings dui ook daarop dat maatskaplike werkers die gesin tydens ’n rehabiltiasieprogram meer moet betrek aangesien die ondersteuning van die gesin ’n belangrike rol speel tydens die rehabilitasieproses.
Description
Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2015.
Keywords
Social work with alcoholics -- South Africa, Alcoholism -- Treatment -- South Africa, UCTD
Citation