The deductibility of future expenditure on contract in terms of section 24C

Calitz, Johanna Eliza (2015-04)

Thesis (MAcc)--Stellenbosch University, 2015.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Section 24C of the Income Tax Act No. 58 of 1962 (‘the Act’) provides for a deduction of future expenditure that will be incurred by the taxpayer in the performance of his obligations under a contract from which the taxpayer derived income. Due to uncertainties regarding the meaning of certain words and phrases used in section 24C, the first aim of this assignment was to determine the meaning of the word ‘expenditure’ and the phrase ‘will be incurred’ as used in section 24C. The second aim was to establish how a taxpayer will prove with certainty that he will incur future expenditure in the performance of his obligations under a contract. This was done by discussing the effect of contractual terms and other circumstances and by taking into account certain additional guidelines regarding the interpretation of section 24C provided for in Interpretation Note: No. 78 (‘IN 78’). It was established that the word ‘expenditure’ means the amount of money spent, including the disbursement of other assets with a monetary value. The word ‘expenditure’ also specifically includes the voluntary payments and disbursements of assets. The word ‘expenditure’ can also include a loss if the word ‘loss’ can be equated to the word ‘expenditure’. The phrase ‘will be incurred’ implies that the taxpayer will, in a subsequent year of assessment, have an unconditional obligation to pay for expenditure, which must arise from the taxpayer’s obligations to perform under the contract. Contractual terms and other circumstances can indicate whether there is certainty that future expenditure will be incurred as aforementioned. Conditions and warranties are contractual terms that indicate that there is uncertainty regarding the taxpayer’s obligations to perform under the contract. A time clause in a contract can indicate that there is certainty regarding the taxpayer’s obligations to perform under the contract. Similar contracts with similar conditional obligations to perform cannot be grouped together in order to determine the probability, and thus the certainty, that future expenditure will be incurred in the performance of the taxpayer’s obligations under a contract. The probability that a taxpayer will perform his unconditional obligation under the contract must, however, be proved in order to demonstrate that there is certainty regarding the incurral of the future expenditure. IN 78 does not specify whether a loss which can, in certain circumstances, be equated to the word ‘expenditure’, is deductible under section 24C. This should be clarified. The new undefined phrases (a high degree of probability, inevitability, certainty and potentially contractually obligatory), as used in IN 78, might cause confusion when interpreting section 24C. These phrases should be defined and it should be explained how the high degree will be measured. Lastly, is was shown that an anomaly occurs regarding trading stock at hand at the end of a year of assessment, which will be utilised in a subsequent year of assessment in the performance of the taxpayer’s obligations under a contract. Such trading stock does not represent ‘future expenditure’ and must be excluded from the section 24C allowance. However, due to the interplay between section 24C and section 22(1), the taxpayer does not receive any tax relief for the expenditure actually incurred to acquire the closing trading stock in the year in which such trading stock is acquired. It is, therefore, questioned whether the established interpretation of section 24C is in agreement with the Legislator’s original intention with section 24C namely, to match income received under a contract with the related deductible expenditure.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Artikel 24C van die Inkomstebelastingwet No. 58 van 1962 (‘die Wet’) voorsien ʼn aftrekking vir toekomstige onkoste wat deur die belastingpligtige aangegaan sal word in die nakoming van sy verpligtinge ingevolge ʼn kontrak waaruit hy inkomste verkry het. As gevolg van onsekerhede ten opsigte van die betekenis van sekere woorde en frases wat in artikel 24C gebruik word, was die eerste doelstelling van hierdie navorsingswerkstuk om die betekenis van die woord ‘onkoste’ en die frase ‘aangegaan sal word’, soos wat dit in artikel 24C gebruik word, te bepaal. Die tweede doelstelling was om vas te stel hoe 'n belastingpligtige met sekerheid sal bewys dat hy toekomstige onkoste sal aangaan in die nakoming van sy verpligtinge ingevolge ʼn kontrak. Dit is gedoen deur die effek van kontraksbedinge en ander omstandighede te bespreek en deur sekere bykomende riglyne ten opsigte van die interpretasie van artikel 24C, soos vervat in Interpretasienota No. 78 (‘IN 78’), in ag te neem. Daar is vasgestel dat die woord ‘onkoste’ die bedrag van geld wat bestee word, insluitend die uitbetaling van ander bates met 'n geldwaarde, beteken. Die woord ‘onkoste’ sluit ook spesifiek vrywillige betalings en uitbetalings van bates in. Die woord ‘onkoste’ kan ook 'n verlies insluit, indien die woord ‘verlies’ gelyk gestel kan word aan die woord ‘onkoste’. Die frase ‘aangegaan sal word’ impliseer dat die belastingpligtige, in 'n daaropvolgende jaar van aanslag, 'n onvoorwaardelike verpligting sal hê om vir onkostes te betaal. Hierdie onkostes moet ontstaan weens die belastingpligtige se verpligtinge ingevolge die kontrak. Kontraksbedinge en ander omstandighede kan aandui of daar sekerheid is dat die toekomstige onkoste, soos hierbo genoem, aangegaan sal word. Voorwaardes en waarborge is kontraksbedinge wat daarop dui dat daar onsekerheid is rakende die belastingpligtige se verpligtinge om ingevolge die kontrak op te tree. ʼn Tydsklousule in 'n kontrak kan aandui dat daar sekerheid is rakende die belastingpligtige se nakoming van sy verpligtinge ingevolge die kontrak. Soortgelyke kontrakte, met soortgelyke voorwaardelike verpligtinge kan nie saam gegroepeer word ten einde te bepaal of dit waarskynlik, en gevolglik seker is dat toekomstige onkoste in die nakoming van ʼn belastingpligtige se verpligtinge ingevolge die kontrak aangaan sal word nie. Die waarskynlikheid dat 'n belastingpligtige sy onvoorwaardelike verpligting ingevolge die kontrak sal nakom moet egter bewys word ten einde aan te dui dat daar sekerheid is dat toekomstige onkoste aangegaan sal word. IN 78 spesifiseer nie of 'n verlies wat, in sekere omstandighede, gelyk gestel kan word aan die woord ‘onkoste’, ingevolge artikel 24C aftrekbaar is nie. Duidelikheid hieromtrent moet verskaf word. Die nuwe, ongedefinieerde frases ('n hoë graad van waarskynlikheid, onafwendbaarheid, sekerheid en potensieel kontraktueel verpligtend (vry vertaal)), soos in IN 78 gebruik, kan moontlik verwarring veroorsaak wanneer artikel 24C geïnterpreteer word. Hierdie frases moet gedefinieer word en daar moet verduidelik word hoe ʼn hoë graad gemeet gaan word. Laastens blyk dit dat 'n teenstrydigheid ontstaan ten opsigte van handelsvoorraad op hande aan die einde van 'n jaar van aanslag, wat in 'n daaropvolgende jaar van aanslag deur die belastingpligtige in die nakoming van sy verpligtinge ingevolge 'n kontrak gebruik sal word. Sodanige handelsvoorraad verteenwoordig nie ‘toekomstige onkoste’ nie en moet by die artikel 24C toelaag uitgesluit word. Die belastingpligte ontvang egter, weens die wisselwerking tussen artikel 24C en artikel 22(1), nie ʼn belastingverligting vir die onkoste werklik aangegaan in die jaar waarin sodanige handelsvoorraad verkry is nie. Dit word dus bevraagteken of die bewese interpretasie van artikel 24C in ooreenstemming is met die Wetgewer se oorspronklike bedoeling met artikel 24C, naamlik, om inkomste ontvang ingevolge ʼn kontrak met die verwante aftrekbare uitgawes te paar.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/96660
This item appears in the following collections: