The microbial quality of locally harvested snoek (Thyrsites atun) as influenced by the current supply chain management

Date
2015-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Met die doel om die effek van die ongereguleerde prosesseringsketting op die kwaliteit van plaaslik gevangde snoek Thyrsites atun te bepaal, is mikrobiese en patogeniese (fekale kontaminasie indikators) teenwoordigheid en insidensie, spier pH en temperatuur tesame met heersende temperatuur geassesseer op verskeie punte van prosessering, van vang tot gebruiker gemeet. Twee duidelik onderskeibare metolodigeë; totale lewensvatbare tellings (TLT) in kolonievormende-eenhede (KVEs/cm2) en polimerase kettingreaksie (PKR) was gebruik om bakteriële kontaminasie en die teenwoordigheid/afwesigheid van vier spesifieke indikator organismes (Escherichia coli, Salmonella enterica, Staphylococcus aureus en Vibrio parahaemolyticus) in vyf verwante eksperimente te bepaal. Die resultate wys dat meeste besmetting ontstaan rondom die stoorplekke aanboord die visskuite. Die aas- en goinglappe waarop die aas in kleiner stukkies gesny is, is geïdentifiseer as addisionele bronne van besmetting met 4.69 en 6.92 log10 KVE/cm², onderskeidelik. Daar is tot die slotsom gekom dat die vissermanne se hande verantwoordelik was vir die oordrag van menslik-verwante patogene E. coli en S. aureus nadat die snoek beide van die skuit en bakkie afgelaai is. Daar is waargeneem dat deur snoek op ys te hou kon temperature van onder 10˚C gehandhaaf word vir ongeveer 10-12 stoor-ure nadat die skuit afgelaai is. Die verskillende behandelings gebruik (ys en skoonmaak) is waargeneem om nie ʼn aansienlike invloed op bakteriële ladings te hê nie, terwyl ys waargeneem is om die afname in spier pH-vlakke sowel as die vertraging in bakteriële groei te handhaf. Herhaalde en gerepliseerde metings van hierdie studie word vereis om die verskeie bronne en weë van kontaminasie te verken. Dit sal meer verteenwoordigend wees van hanterings- en sanitasie prosedures wat tans in plek is vir die snoekvoorsieningsketting. Die samevatting van hierdie studie dui op ‘n aanbeveling dat die standaard operasionele prosedures (SOPs) afgedwing en uitgevoer moet word deur kommersiële vissermanne aanboord, tydens die vervoer van die vis op land en dan uiteindelik tot en met die verkoopspunt.
ENGLISH ABSTRACT: Herhaalde en gerepliseerde metings van hierdie studie word vereis om die verskeie bronne en weë van kontaminasie te verken. Dit sal meer verteenwoordigend wees van hanterings- en sanitasie prosedures wat tans in plek is vir die snoekvoorsieningsketting. Die samevatting van hierdie studie dui op ‘n aanbeveling dat die standaard operasionele prosedures (SOPs) afgedwing en uitgevoer moet word deur kommersiële vissermanne aanboord, tydens die vervoer van die vis op land en dan uiteindelik tot en met die verkoopspunt. The results show that most contamination originated from the storage holds on-board the fishing vessel. The bait and hessian cloth on which the bait was cut into smaller pieces were identified as additional sources of contamination with 4.69 and 6.92 log10CFU/cm², respectively. It was concluded that the hands of fishermen were responsible for the transmission of human related pathogens E. coli and S. aureus on-board to snoek both post-vessel (after snoek are offloaded from the fishing vessel) and post-bakkie (after transportation and offloading of snoek from the bakkie) offload. It was observed that keeping snoek under ice, maintained temperatures to below 10°C up to approximately 10-12 hours storage time, post-vessel offload. The different treatments used (ice and cleaning) were observed to have no considerable effect on bacterial load, however ice was observed to maintain the reduction in muscle pH levels as well as delay bacterial growth. Repeated and replicated measures of this study are required to explore various other sources and routes of contamination. This would ensure that the supply chain has been thoroughly analysed such that good manufacturing practices (GMPs) and standard sanitation operating procedures (SSOPs), can be effectively implemented. It is therefore recommended that standard operating procedures (SOPs) be enforced and practiced by commercial fishermen on-board, to transporting fish on land and finally at the selling point.
Description
Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2015
Keywords
Snoek (Thyrsites atun) -- Quality, Supply chain management of Snoek (Thyrsites atun), Snoek (Thyrsites atun) -- Sources of contamination, UCTD
Citation