Die implikasies van die landelike multi-graad skole konteks op die posbeskrywing van die skoolhoof

Daniels, James Joseph (2014-12)

Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2014.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This research explored the influence of the rural multi-grade context on the nature of the work of the principal of a rural multi-grade school. I specifically looked at the job description of the school principal as set out in the South African Schools Act (84 of 1996) and how the rural multi-grade context affects the nature of the work of four principals in the Western Cape. The relationship between the interpretation of policy and its implementation has always been complex because policies are open to different interpretations by the implementers thereof. This complex relationship can be observed with the implementation of the South African Schools Act of 1996, with specific reference to articles 16(1), 16A(2) and 16(3), in the South African school community. This disjunction between the policy as formulated by policy makers and the implementation thereof by implementers is often traced to the fact that policy makers do not consider the context of the implementers of the policy properly (Bell & Stevenson, 2006:14-15). In my attempt for a better understanding of this disjunction (and the factors that contribute to it), I found the interpretive qualitative investigation the most suited methodology for this study. In this case, I used the case study as a qualitative research method. According to Patton en Cochan (2002:2), qualitative research is characterised by the goals of the research question, which relates to the understanding of certain aspects of social life and methodologies; therefore, words are generated instead of numbers for data analysis. Merriam (1998:21) defines a qualitative case study in terms of the end product as an intensive, holistic description and analysis of a single case, phenomenon or social unit. By defining and conceptualising rural multi-grade schools, I found that these schools are characterised by (a) remote areas with a sparse population and (b) poverty. Joubert (2009:4) defines rural teaching (read rural multi-grade schools) as teaching in remote areas with a sparse population, such as on farms, far from towns and cities, where learners are not exposed to the luxuries of shopping malls or industries. These environments are characterised by inaccessibility, poor or inadequate infrastructure, poverty and a lack of skills, resources, knowledge and community involvement. I conducted interviews with four principals of rural multi-grade schools. Based on results of the research study, I found that the rural multi-grade context indeed has an effect on the nature of the work of the principal. To assist principals of rural multi-grade schools, I recommend that the national education department review the staff establishments of rural multi-grade schools with regard to teachers and non-teaching staff. Furthermore, the provincial department needs to increase the monetary allocation for rural multi-grade schools by the Western Cape Education Department (WCED). In order to address the lack of support to the principals of rural multi-grade schools, specialists on multi-grade teaching should be appointed to support these schools in terms of curriculum delivery and school management.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie het die invloed van die landelike multigraad-agtergrond op die aard van die werk van die hoof van ’n landelike multigraadskool verken. Ek het spesifiek gekyk na die posbeskrywing van die skoolhoof soos verwoord in die Suid-Afrikaanse Skolewet (84 van 1996) en hoe die landelike multigraad-agtergrond die aard van die werk van vier skoolhoofde in die Wes-Kaap beïnvloed. Die verband tussen interpretasie van beleid en die toepassing daarvan was nog altyd ʼn komplekse verhouding omdat beleid oop is vir uiteenlopende interpretasies deur die toepassers daarvan. Hierdie komplekse verhouding kom aan die lig wanneer daar byvoorbeeld gekyk word na die toepassing van die Suid-Afrikaanse Skolewet van 1996 (met spesifieke verwysing na artikels 16(1), 16A(2) en 16(3)) op die Suid-Afrikaanse skoolgemeenskap. Die disjunksie tussen die beleid soos deur ‘beleidmakers’ geformuleer en die toepassing daarvan deur beleidstoepassers of implementeerders van beleid kan dikwels herlei word tot die feit dat beleidmakers nie die agtergrond van beleidstoepassers of implementeerders van die beleid na behore in ag neem nie (Bell & Stevenson, 2006:14-15). In my poging om dié disjunksie (en die faktore wat daartoe aanleiding gee) beter te verstaan, het ek bevind dat die interpretatiewe kwalitatiewe ondersoek die geskikste metodologie vir hierdie studie sou wees. In hierdie geval het ek gebruik gemaak van die gevallestudie as kwalitatiewe navorsingsmetode. Kwalitatiewe navorsing word gekenmerk deur die doelstellings van die navorsingsvraag, wat verband hou met die begrip van sekere aspekte van die maatskaplike lewe en die metodes, wat woorde in plaas van getalle genereer vir data-analise (Patton & Cochan, 2002:2). Merriam (1998:21) definieer ʼn kwalitatiewe gevallestudie met betrekking tot die eindproduk as ʼn intensiewe, holistiese beskrywing en analise van ʼn enkele geval, fenomeen of maatskaplike eenheid. Met die definiëring en konseptualisering van landelike multigraadskole het ek tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie skole gekenmerk word deur twee pertinente kenmerke: (a) dit is afgeleë met ylbevolkte omgewings en (b) armoede. Joubert (2009:4) omskryf landelike onderrig (lees landelike multigraadskole) as onderrig wat meestal in afgeleë en ylbevolkte omgewings soos op plase, gewoonlik ver van hoofroetes, dorpe en stede plaasvind, waar leerders nie aan luukshede soos inkopiesentrums of nywerhede blootgestel word nie. Hierdie omgewings word gekenmerk deur ontoeganklikheid, swak infrastruktuur, armoede en gebrekkige vaardighede, bronne, kennis en gemeenskapsbetrokkenheid. Onderhoude is met hoofde van vier landelike multigraadskole gevoer. Op grond van die navorsingresultate het ek bevind dat die landelike multigraad-agtergrond wel die aard van die skoolhoof se werk beïnvloed. Ek beveel dus onder andere aan dat die provinsiale onderwysdepartement die diensstate van landelike multigraadskole hersien wat betref onderwysers en niedoserende personeel asook dat die monetêre toekenning van landelike multigraadskole deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) verhoog word. Verder bevel ek aan dat bekwame distriksamptenare aangestel word om die skoolhoof van ʼn landelike multigraadskool ten opsigte van die bestuur van die skool en die onderwysers ten opsigte van kurrikulumlewering te ondersteun.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/96115
This item appears in the following collections: