Akute postoperatiewe pyn opname in Tygerberg Hospitaal

Murray, Albertus Adriaan (2013-12)

Thesis (MMed)--Stellenbosch University, 2013.

Thesis

AFRIKAANSE OPSOMMING: Doelwit: Om die voorkoms en erns van postoperatiewe pyn te bepaal gedurende die eerste 24 uur periode in 'n tersiëre hospitaal met beperkte hulpbronne. Om spesifieke groepe en risiko faktore wat verband hou met 'n hoër voorkoms van pyn te identifiseer. Ontwerp: Opname met behulp van 'n vraelys. Opset: Ontwikkelende land tersiëre staatshospitaal met alle chirurgiese dissiplines. Populasie: Pasiënte van alle chirurgiese dissilpines bo 12 jaar oud en toegelaat vir 'n minimum van 24 uur postoperatief. Metodiek: Opname 24 uur na die operasie met behulp van 'n vraelys met 3 visuele analoog pyn skale (VAS) en 'n vraag. Verdere data is ingesamel vanaf die narkose en voorskrif kaarte. Resultate: Postoperatiewe pyn is gerapporteer as matig in 25% en erg in 37% van pasiënte. Onafhanklike risikofaktore vir matige of erge postoperatiewe pyn was ‘n jonger ouderdom, vroulike geslag, nood en abdominale chirurgie. Prosedures met die hoogste voorkoms van matige of erge pyn was keisersnitte (87%) en ortopediese chirurgie van die onderste ledemate (80% - 85%). Morfien toediening was baie minder gereeld as voorgeskryf. Gevolgtrekking: Voorkoms van postoperatiewe pyn in hierdie hulpbron beperkte omgewing is hoog, maar vergelyk met ander instansies. Spesiale sorg moet geneem word in die geïdentifiseerde groepe wat verband hou met 'n hoër voorkoms van pyn. Roetine sistemiese analgesie moet meer tydig toegedien word, veral wanneer die effek van regionale narkose termineer.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/95490
This item appears in the following collections: