Development of a high-throughput genotyping assay for detection of functional polymorphisms involved in homocysteine metabolism and the methylation process implicated in multiple sclerosis

Date
2013-12
Authors
Davis, William Henry
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The aetiology of multiple sclerosis (MS) remains largely unknown due to the multifactorial nature of disease susceptibility determined by both environmental and genetic factors. Progress has been made in identifying the genetic component of MS , as well as the possible interactions with the environment. In this study single nucleotide polymorphisms (SNPs) in the FTO (rs9939609, Intron 1 T>A), MTR (rs1805087, 2756 A>G), MTRR (rs1801394, 66 A>G), MTHFR (rs1801133, 677 C>T and rs1801131, 1298 A>C) and COMT (rs4680, 472 G>A) genes involved in the methylation metabolic pathway were studied in the context of MS. The overall objective of this study was to elucidate the mechanism underlying raised homocysteine levels in MS patients. The specific aims were 1) to analytically validate high throughput real-time polymerase chain reaction (RT-PCR) genotyping assays for the 6 selected SNPs against direct sequencing as the gold standard for 2) possible integration into a pathology-supported genetic testing strategy aimed at improved clinical management of MS. The study population included a total of 114 unrelated Caucasian MS patients (98 females and 16 males) and 195 unrelated Caucasian control individuals without a diagnosis of neurological disease (128 females and 67 males). A novel finding of this study was that the risk-associated FTO rs9939609 A-allele was associated with raised homocysteine levels (p=0.003) in patients diagnosed with MS, but not in controls. Furthermore, homocysteine levels correlated significantly with bo dy mass index (BMI) (p=0.046) and total cholesterol levels (p=0.048). Both homocysteine (p=0.011) and BMI (p=0.017) were significantly reduced with increasing intake of folate in the diet, while high saturated/trans fat intake correlated significantly with increased BMI (p<0.001). High physical activity correlated with reduced BMI (p<0.006) in the study population, adjusted for age, gender and disease status. Daily intake of at least five fruit and vegetable portions and the COMT rs4680 (472 G>A) AA genotype had a favourable lowering effect on MS disability as assessed by the expanded disability status scale (EDSS) (p=0.035), while smoking increased MS disability significantly (p<0.001). All SNPs studied were found to be in Hardy-Weinberg equilibrium (HWE), with no significant differences detected between patients and control individuals in genotype distribution or allele frequencies. This study has shown for the first time that the underlying disease process of MS moderates the effect of the FTO rs9939609 polymorphism on homocysteine levels , which is consistent with the role of FTO in demethylation and epigenetic changes. Identification of FTO rs9939609 reinforces the importance of adequate folate intake in the diet that can be assessed accurately with use of the Medical History and Lifestyle Questionnaire applied in this study. Finally, the finding that raised homocysteine levels and BMI are significantly influenced by lifestyle factors such as diet and physical activity in our study cohort , offers a solution to counteract the detrimental effects of genetic risk factors contributing to the development of these established vascular risk factors for MS. Combining this information with FTO rs9939609 and COMT rs4680 genotyping may in future translate into a comprehensive pathology supported genetic testing strategy aimed at improved risk management and quality of life in MS patients.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die etiologie van meervoudige sklerose (MS) is grootliks onbekend as gevolg van die multifaktoriale aard van siekte vatbaarheid wat bepaal word deur beide genetiese en omgewingsfaktore. Vordering is reeds gemaak in die identifisering van die genetiese component van MS, asook moontlike interaksie met die omgewing. In hierdie studie is enkel nukleotied polimorfismes (SNPs) in die FTO (rs9939609, Intron 1 T > A), MTR (rs1805087, 2756 A> G), MTRR (rs1801394, 66 A> G), MTHFR (rs1801133, 677 C > T en rs1801131, 1298 A> C) en COMT (rs4680, 472 G > A) gene, wat betrokke is in die metilering metaboliese padweg, in die konteks van MS bestudeer. Die oorhoofse doel van hierdie studie was om die onderliggende meganisme betrokke by verhoogde homosisteïen vlakke in MS pasiënte uit te lig. Die spesifieke doelwitte was 1) om die analitiese geldigheid van die hoë deurvoer riëeltyd polymerase kettingreaksie (RT-PCR) genotipering metode soos toegepas vir die 6 geselekteerde SNPs te bevestig teen direkte DNA volgorde bepaling as die goue standaard, vir 2) moontlike integrasie in 'n patologie-gesteunde genetiese toetsing (PSGT) stategie wat gemik is op verbeterde kliniese hantering van MS. Die studiepopulasie bestaan uit 'n totaal van 114 nie-verwante Kaukasiese MS pasiënte (98 vroue en 16 mans) en 195 nie-verwante Kaukasiese kontroles sonder ‘n diagnose van neurologiese siektes (128 vroue en 67 mans). 'n Nuwe bevinding van hierdie studie was dat die risiko-verwante FTO rs9939609 A- alleel geassosieer was met verhoogde homosisteïen vlakke (p = 0,003) in pasiënte gediagnoseer met MS, maar nie in kontroles nie. Homosisteïen vlakke was verder beduidend geassosieer met liggaamsmassa-indeks (BMI) (p=0,046) en totale cholesterol vlakke (p=0.048). Beide homosisteïen (p=0,011) en BMI (p=0,017) het aansienlik verminder met 'n hoër inname van folaat in die dieet, terwyl 'n hoë versadigde/trans vet en koolhidrate inname beduidend gekorreleer het met 'n verhoogde BMI (p <0.001). Hoë fisiese aktiwiteit was gekorreleer met 'n verminderde BMI (p< 0.006) in die gekombineerde groep, aangepas vir die ouderdom, geslag en MS diagnose. Daaglikse inname van ten minste vyf vrugte en groente porsies en die COMT rs4680 (472 G>A) AA genotipe het 'n gunstige uitwerking op vermindering van gestremdheid gehad, soos bepaal deur die uitgebreide gestremdheid status skaal (EDSS) (p=0,035), terwyl rook MS gestremdheid beduidend verhoog het (p <0.001). Alle SNPs bestudeer was in Hardy-Weinberg ewewig (HWE), met geen beduidende verskille waargeneem in genotipe verspreiding of alleelfrekwensies tussen pasiënte en kontroles nie. Hierdie studie het vir die eeste keer aangetoon dat ‘n diagnose van MS die effek van die FTO rs9939609 polimorfisme op homosisteïen vlakke modereer, wat ooreenstem met die rol van FTO in demetilering en epigenetiese veranderinge. Identifikasie van FTO rs9939609 versterk die belangrikheid van genoegsame folaat inname in die dieet wat akkuraat gemeet kon word deur gebruik te maak van die Mediese Geskiedenis en Leefstyl Vraelys soos toegepas in hierdie studie. Ten slotte, die bevinding dat verhoogde homosisteïen vlakke en BMI statisties betekenisvol beïnvloed word deur leefstylfaktore soos dieet en fisiese aktiwiteit in ons studie populasie, verskaf 'n oplossing om die genetiese bydrae tot hierdie gevestigde vaskulêre risikofaktore vir MS teen te werk. Kombinasie van hierdie inligting met FTO rs9939609 en COMT rs4680 genotipering kan moontlik in die toekoms benut word as deel van 'n omvattende patologie- gesteunende genetiese toetsing strategie wat daarop gemik is om die risikobestuur en kwaliteit van lewe te verbeter in MS pasiënte.
Description
Thesis (MMedSc)--Stellenbosch University, 2013.
Keywords
Multiple sclerosis (MS), Homocysteine -- Metabolism, Single nucleotide polymorphisms, UCTD
Citation