Gender-ambivalensie : aspekte van beliggaming, performatiwiteit en ondermyning in Ek stamel ek sterwe van Eben Venter

Date
2014-04
Authors
Haupt, Marlies
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In this thesis the potential of Eben Venter’s novel Ek stamel ek sterwe (1996) as a subversive text is investigated. The primary goal is to illustrate how Eben Venter depicts the stigmatisation of homosexuality, aids and death, but more specifically the death of a homosexual individual who has aids, in society. The secondary goal is to investigate the ways in which Venter depicts the impact that the heteronormative ideal has on homosexual individuals by means of the regulation of norms. Judith Butler’s theorisation of sex, gender, identity and performativity is used as a lens with which Ek stamel ek sterwe is read. The finding is that Ek stamel ek sterwe is a novel with subversive potential and the implications that this has is discussed.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie tesis word die potensiaal van Eben Venter se roman Ek stamel ek sterwe (1996) as ’n ondermynende teks ondersoek met as primêre doel om die wyse na te gaan waarop Eben Venter die stigmatisering van homoseksualiteit, vigs en die dood, maar ook spesifiek die dood van ’n homoseksuele individu en ’n vigslyer, in die samelewing uitbeeld. Die sekondêre doel is om ondersoek in te stel na die maniere waarop Venter met die roman die impak van die heteronormatiewe ideaal se regulering van norme op veral homoseksuele individue uitwys. Judith Butler se teoretisering oor geslag, gender, identiteit en performatiwiteit, sowel as die ondermyning van heteronormatiewe norme, word as lens gebruik waarmee Ek stamel ek sterwe gelees kan word. Daar word uiteindelik tot die gevolgtrekking gekom dat Ek stamel ek sterwe wel as ’n ondermynende teks beskou kan word en die implikasies hiervan word bespreek.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2014.
Keywords
Venter, Eben -- Criticism and interpretation, Venter, Eben -- Ek stamel ek sterwe, Gender identity in literature, Homosexuality in literature, Dissertations -- Afrikaans literature, Theses -- Afrikaans literature, UCTD
Citation