Global, transnational and national social movements : the case study of occupy wall street

Johnsen, Oyvind Mikal Rebnord (2014-04)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2014.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Despite their lack of merits and demands, Occupy Wall Street (OWS) did become a defining feature in the short aftermath of the Financial Crisis and a part of the global occupy-movements during the protest year of 2011. As the founders and organisers behind the first encampments in Zuccotti Park called out for a "Tahrir moment" in the United States of America (US), few scholars or pundits had seen the leaderless movement coming. OWS spread across the US in the matter of months, hitting the media headlines gradually and more rapidly than any previous protest movement. Scholarly responses to OWS have been plentiful, and their categorisations of the OWS’ structure, demands and impact have been going in many different directions. This study attempts to debate and analyse the main research question; is OWS a new kind of a social movement? Even though there are several ways in which one may approach this question, the following will focus on the organisational structures, the political opportunity structures and the global linkages of OWS. The organisational structures has been debated by most, as the movement has a leaderless structure, it is ruled by consensus and supported by protesters from all social spheres, who came, protested and left as they pleased. The political and economic deficits, which gives way to the political opportunity structures of the movement, has not been this dramatic since the Great Depression. The Financial Crisis of 2008 has not only been defined as an economic crisis, but also a crisis of representative democracy. Furthermore, the global protest movements of 2011 have been similar in several ways. Even as all of them, be it Tahrir, 15M, in Greece or OWS, has been unique in matters of context, time and space, they share similarities in tactics, methods and fundamental demands - democracy and prosperity. The concluding statement to the research question is not clear-cut. Rather, it revokes former debates, which distinguished between old and new social movements, and implements a globalising civil society. A new kind of a social movement has come and gone, with elements of the earlier movements. It has added new modes of tactics, structures and demands, all formed by the present context. OWS is not an exception.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Ten spyte van hul gebrek aan eise en tasbare sukses, het “Occupy Wall Street (OWS) wel ’n definiërende kenmerk geword tydens kort naloop van die Finansiële Krisies, asook ’n deel van die globale beset-bewegings tydens die 2011 protesjaar. Daar was min akademici en kenners wat, ten tye van die eerste kamperings in Zuccotti Park en die eis deur die stigters en organiseerders van OWS vir ’n “Tahrir oomblik”, die opkoms van hierdie leierlose beweging voorsien het. Binne ’n kwessie van maande het OWS dwarsoor die VSA versprei, eers stadig en daarna vinniger die hoofopskrifte van die media gehaal as enige ander protes-beweging wat dit voorafgegaan het. Daar is heelwat akademiese bydraes (uit verskillende dissiplines) wat daarop gemik is om OWS te verstaan in terme van hoe om dit te kategoriseer, die struktuur daarvan, die eise wat gestel is en die impak daarvan. Die doel van hierdie studie is om die hoofnavorsingsvraag te bespreek en analiseer, naamlik; is OWS ’n nuwe soort sosiale beweging? Die benadering wat gevolg word is om te fokus om organisatoriese strukture, politieke geleentheidstrukture and die globale verbintenisse van OWS. Die organisatoriese strukture het die meeste aandag gekry in die literatuur tot dusver, aangesien die organisasie ’n leierlose struktuur het. Besluite word deur middel van konsensus geneem en ondersteuning word gewerf van protesteerders uit ’n verskeidenheid van sosiale sfere. Hierdie protesteerders het opgedaag, protes aangeteken, en weer vertrek na willekeur. Die politieke en ekonomiese terkortkominge van die kapitalistiese stelsel in die VSA, waarin die politieke geleentheidstrukture van die beweging geanker is, was, sedert die Groot Depressie, nie so skynbaar dramaties nie. Die Finansiële Krisies wat in 2008 sy hoogtepunt bereik het, word gedefinieer nie alleen as ’n ekonomiese krisies nie,maar ook as ’n krisies van verteenwoordigende demokrasie. Daarby is daar bevind dat die globale protesbewegings wat in 2011 gedy het, soortgelyke kenmerke gehad het. Nieteenstaande die feit dat Tahrir in Egipte, 15M, die Griekse protes-aksies en OWS wel as uniek gesien kan word in terme van konteks, tyd en ruimte, is daar ooreenkomste in taktiek, metodes en fundamentele eise: deelnemende demokrasie en welvaart vir almal. Die slotsom waartoe die tesis kom is nie definitief nie. Eerder, is die gevolgtrekking dat daar teruggegaan moet word na vorige debatte wat onderskeid getref het tussen ou en nuwe sosiale bewegings, en ook na die literatuur oor die moontlikheid van ’n globale burgerlike samelewing. Wat wel vasstaan is dat ’n nuwe soort sosiale beweging verskyn het en weer gekwyn het, wat aspekte van vorige bewegings omvat maar ook in duidelike terme van hulle verskil. In die opsig is OWS nie ’n uitsondering nie, met nuwe taktiek, strukture en eise wat almal gevorm is binne die huidige konteks.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/86540
This item appears in the following collections: