Winged words : a descriptive and quantitative study of figurative speech in the subtitles of 7de Laan

Morden, Lizl (2014-04)

Thesis (MPhil)-- Stellenbosch University, 2014.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This study investigates subtitling in 7de Laan, comparing episodes from 2007 to episodes from 2010 with a focus on figurative language. It is a quantitative, descriptive study and aims to determine the overall adequacy or acceptability of the subtitles, the translation strategies used, how figurative language and language varieties are translated and compares findings from 2007 to those of 2010 to establish whether there has been a change in approach over this period. The source text, 7de Laan, is discussed in Chapter 1, which also outlines how the study will proceed, the research problem and the research questions. Chapters 2 and 3 are the literature review of the relevant theories. Chapter 2 covers Descriptive Translation Studies and the translation of figurative language. The challenges particular to subtitling, specifically the constraints of the medium, are discussed in Chapter 3. The following two chapters are the analysis and each begins with the methodology used for that analysis. Chapter 4 is a macrolevel analysis of the corpus and determines the acceptability/adequacy of the subtitles, their governing translation norms and analyses the translation strategies used. More specific questions are answered in Chapter 5, which analyses the translation of figurative language, the representation of language varieties in the subtitles and the influence catering for a hearing-impaired audience has on translation decisions. The findings indicate that the subtitles of 7de Laan are mostly acceptable and that acceptability increases in 2010. The translation strategies used and their frequency of usage are similar over the years. However, there are slight changes: in 2010 there is less literal translation, more omission and fewer figurative-specific translation strategies are used. The findings further show that there is less figurative language in the subtitles in 2010. Additionally, there is a tendency of levelling out figurative language in both years which increases in 2010. The analysis of language varieties indicates that for sociolects, age markers influence the subtitles more than race markers do. Idiolects are rendered but how much of an idiolect is rendered depends on its markers. The analysis also finds that subtitling for hearing-impaired audiences is a significant factor in the translation process over and above the spatiotemporal constraint of subtitling.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die onderskrifte van 7de Laan. Dit vergelyk episodes van 2007 met episodes van 2010 en fokus op figuurlike taalgebruik. Die ondersoek is kwantitatief en beskrywend en wil die algehele geskiktheid (adequacy) of aanvaarbaarheid (acceptability) van die onderskrifte vasstel, asook die vertaalstrategieë wat gebruik is en die wyse waarop figuurlike taal en taalvariëteite vertaal word. Die bevindinge van 2007 word vergelyk met dié van 2010 om vas te stel of die vertaalbenadering in die tydperk verander het. Die bronteks, 7de Laan, word in hoofstuk 1 bespreek, wat ‘n oorsig gee oor hoe die studie verloop, die navorsingsprobleem en die navorsingsvrae. Hoofstuk 2 en 3 is die literatuurstudie van die relevante teorieë. Hoofstuk 2 dek beskrywende vertaalstudies (Descriptive Translation Studies) en die vertaling van figuurlike taal. Die probleem eie aan onderskrifte, veral die beperkings in die vertaalproses, word in hoofstuk 3 bespreek. Die volgende twee hoofstukke bestaan uit die ontleding en elke hoofstuk begin met die metodologie wat gebruik is vir daardie ontleding. Hoofstuk 4 is ‘n makrovlakontleding van die korpus en bepaal die geskiktheid/ aanvaarbaarheid van die onderskrifte, oorheersende norme en ontleed die vertaalstrategieë wat gebruik is. Meer spesifieke vrae word in hoofstuk 5 beantwoord, wat betref die vertaling van figuurlike taal, die oordra van taalvariëteite in die onderskrifte en die invloed van die inagneming van gehoorgestremde kykers op vertaalbesluite. Die bevindinge dui aan dat die onderskrifte van 7de Laan meestal aanvaarbaar is en dat aanvaarbaarheid in 2010 toegeneem het. Die vertaalstrategieë en die frekwensie van die gebruik daarvan het oor die jare nie veel verander nie. Daar is egter klein veranderings: in 2010 is daar minder letterlike vertalings, meer weglatings en minder vertaalstrategieë wat spesifiek op figuurlike taalgebruik gemik is. Die bevindings dui ook aan dat daar minder figuurlike taal in die 2010-onderskrifte is. Die ontleding van taalvariëteite toon dat, ten opsigte van sosiolekte, ouderdommerkers ‘n groter invloed op onderskrifte het as rasmerkers. Idiolekte word wel verteenwoordig, maar die mate daarvan word deur die idiolek se merkers bepaal. Die ontleding dui ook aan dat onderskrifte wat gerig is op gehoorgestremde kykers, ‘n groot faktor in die vertaalproses is, benewens die tydruimtelike beperking van onderskrifte as sodanig.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/86394
This item appears in the following collections: