'n Kerkhistoriese herlees van The Genadendal Diaries (1792-1796), met as lens die vraag na die verband tussen gender, gesondheid en godsdiens
Date
2014-04
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: As a historical document, The Genadendal Diaries should be read against the background of the eighteenth-century scramble by the West to conquer South Africa, among other territories. These conquering ventures gave rise to great political instability as well as the disruption and displacement of indigenous groups in the country. Between 1792 and 1796 – the period represented in The Genadendal Diaries – the authors of this diary, Hendrik Marsveld (from Gouda), Johann Christian Kühnel (from Oberseifersdorf) and Johann Daniel Schwinn (from Odenwald), tried, through their missionary endeavours, to negotiate ways for the inhabitants of Baviaanskloof in the Overberg to deal with these traumatic events. In addition, the three Moravian missionaries embodied a spiritual mindset as a way of life, thereby setting an example to the inhabitants of the Baviaanskloof settlement and trying to empower them at both an individual and collective level. As missionary action it was an endeavour to internalise the norms and values of the eighteenth-century Herrnhut model.
As a church historical document, The Genadendal Diaries also serves as testimony. In this context a discussion of the relationship between gender, health and religion, as is evident from the unique nature of this diary in a predominantly colonial discourse, is of particular value for both current as well as for future theological reflection on related themes.
AFRIKAANSE OPSOMMING: As historiese dokument moet The Genadendal Diaries gelees word teen die agtergrond van die Westerse wedywering van die agtiende eeu om onder meer Suid-Afrika te verower. Hierdie pogings tot verowering het gelei tot groot politieke onstabiliteit, asook tot die ontwrigting en ontworteling van die inheemse groepe in die land. In hul missie-poging het die outeurs van dié dagboek, Hendrik Marsveld (van Gouda), Johann Christian Kühnel (van Oberseifersdorf) en Johann Daniel Schwinn (van Odenwald), aan die inwoners van Baviaanskloof in die Overberg gedurende die periode vanaf 1792 tot 1796 – die tydperk wat in The Genadendal Diaries ter sprake kom – maniere probeer bemiddel waarop hulle dié traumatiese ervarings kon hanteer. Daarby het die drie Morawiese sendelinge ʼn geestesinstelling as ʼn wyse van wees beliggaam vir die inwoners van die nedersetting te Baviaanskloof. Daardeur het die sendelinge die inwoners op sowel individuele as kollektiewe vlak probeer bemagtig. As missionêre aksie was dit dus ʼn poging tot die internalisering van die norme en waardes van die agtiende-eeuse Herrnhut-model. As kerkhistoriese dokument dien The Genadendal Diaries daarby as getuienis. In hierdie konteks blyk ʼn bespreking van die verband tussen gender, gesondheid en godsdiens, soos dit uit die unieke aard van dié dagboek binne ʼn oorheersend koloniale diskoers blyk, van besondere waarde te wees vir teologiese besinning oor verbandhoudende temas vandag, asook vir die toekoms. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za

Description
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2014.
Keywords
Genadendal Dairies, Moravian Church -- South Africa -- Genadendal, Moravians -- South Africa, Genadendal (South Africa) -- History, UCTD, Dissertations -- Theology, Theses -- Theology, Dissertations -- Systematic Theology and Ecclesiology, Theses -- Systematic Theology and Ecclesiology