Communication barriers around Sexual Reproductive Health (SRH) within families that lead to increase in teenage pregnancy and vulnerability to HIV/AIDS

Nolitha, Dindili (2014-04)

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2014.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The increasing rate of teenage pregnancy and new HIV/AIDS infections among South African young girls became a driving force to investigate the nature of this phenomenon. Parent child communication on sexual reproductive health is found to be more effective to reduce early unwanted pregnancies and HIV/AIDS infection rate. Many parents who communicated sexuality issues with daughters has failed to discuss sensitive issues including; how HIV/AIDS and STDs are spread, condom use and physical development but do so on less sensitive issues like the consequences of unprotected sex. Communication between mothers and daughters on sexuality issues is affected by various factors. However, the goal of this study was to gain in-depth the communication barriers on sexual reproductive health issues between mothers and daughters, guided by the research question. The objectives set for the study were to identify the existing knowledge on sexual reproductive health from mothers; to evaluate factors affects communication on SRH; to assess the messages regarding SRH provided to young girls; to determine the channels of communication on SRH between mothers and daughters; and to provide guidelines for effective communication strategies. A descriptive explorative qualitative research study was done among twenty mothers of young girls in Khayamandi. A stratified random sampling was used to obtain information from mothers with the understanding they are the ones who tend to initiate conversations with daughters about sexual reproductive health issues. The study used an in-depth interview tool and focused on existing knowledge on sexual reproductive health issues, communication channels used, messages provided to young girls and provision of effective communication strategies that promotes healthy relationships. Qualitative data analysis was done to answer the questions. Data that emerged from the data analysis was coded and categorised into themes. Findings from this study show most of the participants understood that communication on sexuality issues should involve enforcing safer sex HIV-related behaviors and pregnancy prevention. The most sensitive part of sexuality issues such as explanation on condom use; how HIV/AIDS and STDs are contracted as well as physical development of the child (puberty) are not discussed. Various factors identified as preventing communication include, perceived attitude of young girls on receiving information; environmental, socio cultural and educational factors. A mutual feeling expressed is; communication requires highest level of education which some did not have. There was a fear that conversations will direct children to engage into sexual activities. Socio-cultural factors including taboos, blame and criticism from the community had negative impact on communication. Communication between mother and daughter on sexual reproductive health requires basic skill and knowledge on the subject. Barrier factors identified need to be researched among a larger group of mothers in different race and different parts of the country to add to the depth of the problem and to justify development of need based program intervention. There is emerging need to develop a goal directed intervention for empowering of mothers to communicate with young girls about the full range of sexual reproductive health issues.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die toenemende tempo van tienerswangerskappe en nuwe MIV/Vigs-infeksie onder jong Suid-Afrikaanse meisies het as motivering gedien om die aard van hierdie verskynsel te ondersoek. Daar is bevind dat ouer-kind-kommunikasie oor gesondheidsaspekte van geslagtelike voortplanting meer doeltreffend is om vroeë, ongewenste swangerskappe te verminder en die tempo van MIV/Vigs-infeksie te verlaag. Baie ouers wat seksualiteitsake met hul dogters bespreek het, het versuim om sensitiewe seksaangeleenthede, soos hoe MIV/Vigs en geslagsoordraagbare siektes versprei word, kondoomgebruik en liggaamsontwikkeling, te bespreek, maar praat wel oor minder sensitiewe sake soos die gevolge van onbeskermde seks. Kommunikasie tussen moeders en dogters oor seksuele sake word deur verskeie faktore geraak. Die doel van hierdie studie was egter om, gerig deur die navorsingsvraag, ’n dieptebeeld van kommunikasiehindernisse tussen moeders en dogters te verkry ten opsigte van gesondheidsaspekte van geslagtelike voortplanting. Die doelstellings vir die studie was om bestaande kennis van moeders oor gesondheidsaspekte van geslagtelike voortplanting (GGV) te identifiseer, om faktore te evalueer wat kommunikasie oor GGV affekteer, om die boodskappe oor GGV wat aan jong meisies deurgegee word te evalueer, om die kommunikasiekanale oor GGV tussen moeders en dogters te bepaal, en om riglyne vir effektiewe kommunikasiestrategieë te voorsien. ’n Beskrywende, ondersoekende, kwalitatiewe navorsingstudie is gedoen met twintig moeders van jong meisies in Kayamandi. ’n Gestratifiseerde, ewekansige steekproef is gebruik om inligting van moeders te verkry met die verstandhouding dat hulle die gesprek oor gesondheidsaspekte van geslagtelike voortplanting met dogters aanknoop. Die studie het ’n diepte-onderhoud as maatstaf gebruik en het gefokus op bestaande kennis oor gesondheidsaspekte van geslagtelike voortplanting, kommunikasiekanale wat gebruik is, boodskappe wat aan jong meisies oorgedra is en die verskaffing van effektiewe kommunikasiestrategieë wat gesonde verhoudinge bevorder. ’n Kwalitatiewe dataontleding is gedoen om die vrae te beantwoord. Die data wat uit die ontleding verkry is, is in temas gekodeer en gekategoriseer. Bevindings uit hierdie studie toon dat die meeste van die deelnemers verstaan het dat kommunikasie oor seksualiteitsake die handhawing van veiliger seksuele gedrag met betrekking tot MIV en swangerskapvoorkoming moet behels. Die sensitiefste deel van seksualiteitsaangeleenthede soos ’n verduideliking van kondoomgebruik, hoe MIV/Vigs en geslagsoordraagbare siektes (GOS) opgedoen word en die liggaamsontwikkeling van die kind (puberteit) word nie bespreek nie. Verskeie faktore is geïdentifiseer wat kommunikasie verhinder, soos die bespeurde houding van jong meisies wanneer hulle inligting ontvang, omgewings-, sosiaal-kulturele en opvoedkundige faktore. ’n Onderlinge gevoel wat uitgespreek is, is dat kommunikasie die hoogste vlak van opvoeding vereis, wat nie almal het nie. Daar is gevrees dat gesprekke daartoe sou lei dat kinders by seksuele aktiwiteite betrokke raak. Sosiaal-kulturele faktore soos taboes, verwyte en kritiek van die gemeenskap het ook ’n negatiewe impak op kommunikasie gehad. Kommunikasie tussen moeder en dogter oor gesondheidsaspekte van geslagtelike voortplanting vereis basiese vaardigheid en kennis van die onderwerp. Hindernisfaktore wat geïdentifiseer is behoort onder ’n groter groep moeders van verskillende rasse en in verskillende dele van die land nagevors te word om die diepte van die probleem te belig en regverdig die ontwikkeling van ’n behoeftegebaseerde ingrypingsprogram. Daar bestaan ’n duidelike behoefte om ’n doelgerigte intervensie vir die bemagtiging van moeders te ontwikkel om oor die volle spektrum van gesondheidsaspekte van geslagtelike voortplanting met jong meisies te kommunikeer.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/86317
This item appears in the following collections: