An exploratory analysis of youth leadership development in South Africa : theoretical and programmatic perspectives

Van Niekerk, Petrus (2014-04)

Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2014.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: A major societal challenge in post-1994 South Africa is that of questionable public leadership and the scarcity of ethical and effective leadership. Coupled with this are high expectations from the public directed at government institutions, which need to respond to the basic needs of citizens, and private business institutions, which need to create and sustain economic activity in an often uncertain environment. These transitional challenges call for outstanding leadership in public and private institutions. However, one can make a justified and evidence-based argument that the state of leadership in South Africa, particularly in the public sector, is not living up to these expectations. Added to this challenge of poor leadership is a youthful population that faces numerous challenges. However, from the youth of today the leaders of tomorrow are to emerge. South Africa and Africa as a whole are experiencing a youth population boom; a phenomenon that has been classified as having the potential to either be a demographic dividend or a ticking time bomb. In order to promote the development of youths, the South African government has attempted to respond to the multiplicity of challenges facing the youth by instituting the National Youth Act; a National Youth policy; the National Youth Service and a National Youth Development Agency (NYDA). This research submits evidence that the effectiveness of these interventions has not been satisfactory and that they do not include the intentional development of emerging South African leaders. The question, therefore, arises as to whether intentional development of future emerging leaders should not be taking place on a greater scale and in such a manner so as to ensure an improved leadership landscape in the future. This question necessitates exploratory inquiry into the phenomenon of youth leadership development in South Africa and represents the central theme of this research. Non-governmental organizations and university-based institutions have created leadership development programmes that target an emerging leaders' cadre in South Africa. These programmes are structured in different ways, but all have a leadership curriculum with theoretical and practical elements in common. The goal of this research will be to conduct an exploratory analysis of this emerging South African youth leadership development practice and to provide a theoretical and programmatic perspective on it based on an analysis of two case studies. The research is divided into four sequential phases. The first phase consists of a theoretical review of the concepts of leadership and youth leadership development. The second phase analyzes the context and challenges of South Africa’s youth and youth leadership development. The third and fourth phases transpose the theoretical and contextual analysis with youth leadership development practice in South Africa. This is done by means of the analysis of two case studies and the responses gathered from a semi-structured questionnaire answered by a sample population of emerging South African leaders. The cases analyzed are the South Africa Washington International Programme, a non-governmental organization specialising in developing emerging South African leaders, and the Frederik van Zyl Slabbert Institute for Student Leadership Development of Stellenbosch University. The research showed that the concept of youth leadership development is theoretically underdeveloped, and limited information could be derived from the American literature on college student development. The research also indicated that the scale of youth leadership development in South Africa is relatively small. However, programmes developed and implemented by non-government organizations and tertiary-based institutions suggest an emerging practice of youth leadership development in the country. This emerging practice is not well researched in the South African context. In response, this study succeeds in highlighting a number of knowledge gaps that could address this lack. The research concludes with evidence that suggests that an investment in the professionalization of youth leadership development programmes will result in a future generation of ethical and effective South African leaders that will bring about positive transformational change in the Republic.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Twyfelagtige openbare leierskap en die skaarsheid van etiese en effektiewe leierskap is ’n wesenlike maatskaplike uitdaging in post-1994 Suid-Afrika. Tesame met hierdie het die publiek hoë verwagtinge vanaf die regering, wat nodig het om te reageer op basiese behoeftes van landsburgers, en vanaf ’n sakesektor, wat ekonomiese aktiwiteite moet bewerkstellig in soms volatiele omstandighede. Hierdie oorgangsuitdagings vra vir uitstaande leierskap in openbare en private instellings. ’n Regverdige en bewys-gebaseerde argument kan gemaak word dat die toestand van leierskap in Suid-Afrika, veral in die openbare sektor, nie aan verwagtinge vir goeie leierskap voldoen nie. Bykomend tot hierdie uitdaging van swak leierskap is ’n jong bevolking wat talle uitdagings in die gesig staar. Die jeug van vandag is egter die groepering waaruit toekomstige leiers te voorskyn kom. Suid-Afrika en Afrika in geheel beleef ’n oplewing van jeug populasie en hierdie verskynsel word deur sommige geklassifiseer as ’n moontlike demografiese dividend of ’n tydbom met negatiewe implikasies vir sosio-ekonomiese stabiliteit. Ten einde die jeug te bevorder wend die Suid-Afrikaanse regering pogings aan om te reageer op die verskeidenheid van jeug uitdagings deur die instelling van die Nasionale Jeug Wet, Nasionale Jeug beleid, die Nasionale Jeugdiens en ’n Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap. Hierdie navorsing lê bewyse dat die doeltreffendheid van hierdie intervensies nie bevredigend is nie en fokus nie op doelgerigte ontwikkeling van opkomende Suid-Afrikaanse leiers nie. Die vraag ontstaan dus of doelgerigte ontwikkeling van toekomstige opkomende leiers nie op ’n groter skaal en op so ’n wyse moet plaasvind om ’n beter leierskapslandskap in die toekoms te verseker nie? Hierdie vraag skep ’n geleentheid vir ’n verkennende ondersoek na die verskynsel van jeugleierskapsontwikkeling in Suid-Afrika en verteenwoordig die sentrale tema van hierdie navorsing. ’n Beperkte aantal nie-regeringsorganisasies en universiteit-gebaseerde organisasies is geskep om jeugleierskapsontwikkeling programme te bestuur wat gemik is op die ontwikkeling van ’n opkomende leierskader in Suid-Afrika. Hierdie programme is gestruktureer in verskillende maniere, maar het elk ’n leierskapskurrikulum met teoretiese en praktiese elemente in gemeen. Die doel van hierdie navorsing is om ’n verkennende analise te doen oor hierdie opkomende Suid-Afrikaanse jeugleierskapsontwikkeling praktyk en om ’n teoretiese en programmatiese perspektief hiervoor te verskaf, gebaseer op ’n ontleding van twee gevallestudies. Die navorsing is verdeel in vier opeenvolgende fases. Die eerste fase bestaan uit ’n teoretiese oorsig van die konsep van leierskap en jeugleierskapsontwikkeling. Die tweede fase ontleed die konteks en uitdagings van Suid-Afrika se jeug en jeugleierskapsontwikkeling. Die derde en vierde fases integreer die teoretiese en kontekstuele analise met jeugleierskapsontwikkeling praktyk in Suid-Afrika. Dit word gedoen deur middel van ontleding van twee gevallestudies en ontleding van terugvoer verkry deur ’n semi-gestruktureerde vraelys wat beantwoord is deur ’n steekproef bevolking van opkomende Suid-Afrikaanse leiers. Die gevalle ontleed is die Suid-Afrikaanse Washington Internasionale Program (SAWIP), ’n nie-regeringsorganisasie wat spesialiseer in die ontwikkeling van opkomende Suid-Afrikaanse leiers, en die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studente Leierskapsontwikkeling van die Universiteit Stellenbosch. Die navorsing het getoon dat die konsep van jeugleierskapsontwikkeling teoreties onderontwikkeld is met beperkte studies wat in die Amerikaanse literatuur oor studente-ontwikkeling gevind is. Die navorsing het ook aangedui dat die skaal van jeugleierskapsontwikkeling in Suid-Afrika relatief klein is, hoewel programme wat ontwikkel en geïmplementeer word deur nie-regeringsorganisasies en tersiêr-gebaseerde instellings dui op ’n opkomende praktyk van die jeugleierskapsontwikkeling in die land. Hierdie opkomende praktyk is nie goed bestudeer in die Suid-Afrikaanse konteks nie. In reaksie slaag die studie daarin om ’n aantal kennisgapings in hierdie verband te beklemtoon. Die navorsing sluit af met bewyse wat daarop dui dat ’n belegging in die professionalisering en formalisering van jeugleierskapsontwikkeling as ’n praktyk sal lei tot ’n toekomstige generasie van etiese en effektiewe Suid-Afrikaanse leiers wat positiewe transformasie in die Republiek teweeg sal bring.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/86248
This item appears in the following collections: